Oorsig oor Fuji se spieellose kamera die X-M1 Ver1.00

Gister het ek die voorreg gehad om saam met 'n groepie fotograwe te gaan speel met Fuji se  X-M1 Spieellose digitale kamera.

Nou ja, deel van die pret is natuurlik dat Jackie Blackford, een van ons lede, wat by Artic Digital se verkoopsafdeling betrokke is, verwag dat mens na die tyd 'n oorsig oor die kamera moet skryf. Kom ons gesels sommer oor al die indrukke van die dag.

Soos te wagte is die kameratjie sommer lekker klein, met lense wat kan verwyder word. Dit is juis die ligtheid wat die spieellose kameratjies gewild maak. Hierdie kameratjie is nie net lig nie, maar ook 'n "mooi" kamera wat sommer lekker gemaklik in die hand voel.

Ek het saam met Frikkie Kapp gery, en Frikkie was sommer lekker opgewonde oor die kompaktheid van 'n kamera wat se foto's alles behalwe kompak is. Frikkie het vir my 'n paar dink-hekke oopgemaak oor spieellose kameras:

1) Moenie 'n digitale kamera verwag nie!

2) Gaan loer gerus weer na die kleur en helderheid van 'n buksie-kamera!

Hoe die kamera hanteer het?

Die eerste opvallende snaaksigheid was dat die kameratjie nie oor 'n "Viewfinder" beskik nie, en dit was nogal heel snaaks om te sien hoe 'n klompie fotograwe vir mekaar oor die flits van die kamera loer, en dan met 'n verlee glimlag besef dat jy nie hier met jou digitale SLR kamera besig is nie. So van die flits gepraat, die flits is aangepas om minder of meer lig te gee, afhangend van omstandighede. Dit beteken dat nabyskote van vriende op laataandgesellighede hulle nie weer in wit spoke met glinsterende grimering sal omskep nie!

Die LCD paneel agter kan ook handig heen en weer en op en af verstel sodat die kamera nie noodwendig in lyn met 'n mens se oog hoef te wees nie.

Die kameratjie het 'n 16.5MP resolusie, en jy kan JPEG en RAW foto's skiet. Een van die lekker dinge van die kameratjie is dat dit met behulp van 'n Fuji "toep" (applikasie) sommer maklik "wireless" met jou selfoon (of ander "wireless" toerusting) gesels, en jy kan dus gemaklik jou foto's sonder bedrading aan 'n rekenaar rondstuur! Om die konneksie te bewerkstellig is heel maklik, en  het sommer lekker opgewondenheid veroorsaak.

Die kamera is maklik om te leer ken, en die enigste klein probleempie was dat 'n paar fotograwe gevind het dat hulle flits nie wou werk nie, totdat besef is dat die kamera in "burst" modus was. Die knoppies is baie maklik om te leer beheer, en intuitief. Die lekkerste is die Q funksie " (Quick) menu" wat jou sommer dadelik na alle verstellings neem.

Soos mens van FUJI kan verwag was die kleur en helderheid van die foto's uitstekend. Vanaf FUJI se film dae, was dit duidelik dat hulle kleur goed verstaan.

Om meer oor die kamera te wete te kom, loer ook gerus in by http://www.fujifilm.com/products/digital_cameras/x/fujifilm_x_m1/

Vir meer inligting, gesels gerus met Jackie Blackford by Artic Digital.

Views: 172

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frikkie Kapp on February 28, 2014 at 8:26am

Great klein kameratjie die. Loved it!

Comment by Frikkie Kapp on February 28, 2014 at 8:25am

Caught red handed i am Igno ;-). or was that upper handed

Comment by Charles Whitehead on February 15, 2014 at 1:16pm

Hi Tina

Die spieël waarvan hulle praat is die een in 'n SLR kamera wat opwip sodra jy die foto neem. Die nuwe spieëllose kameras is eintlik in wese bloot soos 'n gewone "mik en druk" kamera en sonder die spieël natuurlik. Die groot verskil is dat die lense kan afhaal soos 'n SLR kamera.

Omrede die kameras gewoonlik beter kwaliteit as die meeste "mik en druk" kameras is, doen die vervaardigers nogal moeite met die kwaliteit en gebruik gewoonlik groot sensors. Die grootste sensors op die stadium word deur Sony gebruik en is volraam sensors, dus dieselfde as bv die Canon 5D reeks

Ander gebruik weer APS-C grootte sensors en dit is soos die Canon 60D, 70D, 7D ens, maw 'n crop sensor soos ons dit ken

Soos Igno dit ook gestel het, vervang die kameras darem nog nie 'n DSLR nie, hoewel baie glo dit is die toekoms van digitale kameras

Comment by Tina le Grange on January 28, 2014 at 2:16pm

Baie dankie Igno vir die sinvolle inligting;  dalk 'n dom vraag, maar vertel gerus vir my meer oor die "spieëlloosheid" van die kamera.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html