Ek was onlangs by die by die Wijnland Auto Museum te Joostenbergvlakte Kraaifontein.

Dit kom ou n gruime tyd aan wat ons op die N1 by die plek verby snel rigting Paarl, wat ek myself belowe om daar n draai te gaan maak met my kamera. Ek het al in die verlede gehoor van die plek wat oop is vir besigtiging en dat daar al verkeie Photo Shoots was en nie net sommer enige Shoots nie, alhoewel die meeste troufotos is wat daar geneem word was die tydskrif Cosmopolitan ook al n paar keer daar gewees met Internasionale modelle en diesmeer. Ek moet se na n mens sulke stories hoor dan voel n mens nogal ge-intimideerd om daar rond te loop.

Wat my die meeste bygeval het was die geweldige nostalgie wat soos n swaar wolk daar oor n mens hang.

 Die eienaar het n liefde vir motor voertuie en versamel al vir jare die voertuie....van Antiek tot klassiek en selfs tot redelik hedendaags. Daar is heelwat van die oue dames wat nog in n goeie ry toestand is en word dan ook vir spesiale geleenthede soos troues en matriekafskeie uitverhuur. Die oue dames staan natuurlik onder dak.

Ek is oortuig daarvan dat elke voertuig sy eie storie te vertelle het met sy eie herinneringe van eienaars wat hulle vir tye opgepas gewas en gepolish het en ek kan nie help om te dink aan die dae van Brillcream en Rock n Roll nie....lol tot die jongman wat sy 48 Chev blink gepoets het om sy meisie na die DriveInn toe te neem nie (Nie dat daar veel Movie gekyk was nie....lol)

Die foto is deels geneem en deels gemaak (Soos Prof Hennie al verskye kere genoem het).

Die foto self is geneem met n Canon 600D en Sigma 18-250mm F3.6-6.3 DC Macro lens. DIe Bracketing funksie is gebruik om drie verskillende blootstellings (Exposures) te bewerkstellig een foto een stop onderbelig een gelyk op beligting en een een stop oor belig.

Daar word ook na Bracketing verwys as HDR en of Tone Mapping...dit is ook moontlik om die sort verwerking met n enkele foto te doen MAAR dit het net nie dieslefde eindresultaat nie....net nie dieselle nie...lol

Die vername rede hiervoor is om die "Detail" in die Shadows en Midtones en in die Highlights te behou om tydens die verwerkingproses die mees moontlikste "Detail" mee te kan werk. n Mens wil graag "genoeg" detail in regdeur die beligtings spectrum behou en dit is mynsinsiens die betere metode.

Formaat wat ek gebruik het was om die foto in RAW te neem (Ek gebruik glad nie JPEG nie).

IDe foto sels was ge-Import na Lightroom waar die komposisie  bepaal was om die erge besige agtergrond tot n min te beperk.

Daarna was die foto intern oorgeplaas na Photomatix Pro waar die drie Exposures op mekaar geplaas was en toe met Tone Mapping verwerk om die maksimum detail te behoue. Die foto was toe weer intern oorgeplaas na Photoshop CS6 waar die kontras via layers verhoog is.

DIe Dodge en Burn tool het ook nog n rol gespeel Highlights dodge op 8% en Shadows Burn op 7%. Hierna was die foto weer intern terug geplaas na Lightroom waar die finale verwerkings proses plaasgevind het....eers was daar met die Kleur Sliders gespeel soos Rooi Geel en Groen en n bietjie Blou ( Vir die wat dalkies nie weet nie Rooi Geel Groen Blou Magenta Aqua en Pers speel ook n baie belangrike rol in SW....so SW is nie net SW nie dit bestaan uit meer as een kleur...so...my SW fotos tel onder kleur....LOL)..... effe Noise verwydering, toe bietjie Smoothing en laaste maar nie die minste nie .....Sharpening....slegs n tikseltjie....nie te veel nie.

Ek hoop dat dit dalk so n paar vrae sal beantwoord en ek hoop ook dat dit iemand sal help met sy of haar SW verwerkings. Julle is meer as welkom om nog vrae te vra ...moenie skaam wees nie.

Onthou tog dat n foto wat gemaak is moet ook maar van die begin af reg geneem word anders gaan al die moeite redelik verniet wees.

NS... DIe foto wat hier by die skrywe geplaas is is my gunstelling foto van die Dodge Power Wagon.

Views: 238

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Ilse Pretorius on February 10, 2015 at 9:39am

Mooi en hou van die storie daaragter.

Comment by Pieter Steyn on February 8, 2015 at 6:52pm

Baie goed uiteeengesit en sien dit is sommer baie werk - nie net vinnig knopie druk en daar is dit in swart en wit nie. Goed geskryf Pierre

Comment by Willie Schoombee on February 8, 2015 at 12:36pm

Pierre, dankie vir die inligting wat jy gedeel het, dit is een tamaai proses, maar die resultaat daarvan is uitstekend. Oor die algemeen is ek nie iemand wat vreeslik torring aan my foto's nie en hou daarvan om dit te plaas soos dit is, maar ja tye verander en ñ mens sal seker moet bybly of jy is verlore. Na die verduideliking is my lus vir ou motorwrakke sommer heeltemal genees. Dankie Pierre, waardeer jou my maat.! 

Comment by Piet Nel on February 8, 2015 at 6:45am

Grieks Pierre 

Comment by Pierre Hardinge on February 7, 2015 at 9:46pm

Tersia dit was ongelooflik gewees en dit erg geniet....

Dine ek verkies maar die RAW files en photomatix maak net soveel makliker ....moet se ekt nog nie wrrklik met PS se HDR gebruik nie ....sal miet gaan loer...

Comment by Dine Potgieter on February 7, 2015 at 7:35pm

Lekker uiteensetting! Ek het al bietjie met PS se HDR rondgespeel, maar ek verstaan Photomatix is beter, en lekkerder om te gebruik. Ek is nie so erg oor my kamera se in-camera HDR nie, omdat die finale beeld net as 'n Jpeg gesave word (mens het darem nog die samestellende RAW-leers)

Comment by Tersia Weitsz on February 7, 2015 at 4:34pm

Dit moes belewenis gewees het Pierre.  As ek lees hoe en wat jy gedoen het, besef ek ek weet nog net mooi niks van fotografie en sy geheime nie!  Maar julle leermeesters maak darem vir mens moontlik om te leer. 

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html