Al 'n geruime tyd wil ek probeer om panorama foto's te maak. Ek het foto's probeer las met MSEXCEL en dan "copy" en "paste" na paint en dan as 'n JPEG opgeslaan. Alhoewel die resultaat nie altyd 100% uitgekom het veral op die las van die foto's het hulle nogal nie te sleg gelyk nie.

Vandag het ek besluit om weer te probeer en om gebruik te maak van PS CS3 en ek is nogal beindruk met die eenvoud hoe jy foto's kan las in 'n panorama.

Hier is twee voorbeelde van vandaag se pogings:

 

 

Elke panorame bestaan uit 3 foto's elk. Kom ons gesels en deel die idee van panorama foto's.

Groete,

 

Jacques van Delft

Views: 66

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Annelise on May 11, 2011 at 9:06am
Baie dankie Jacques
Comment by Jacques van Delft on May 10, 2011 at 5:57pm

Hier volg die stappe wat ek geneem het om met PS CS3, 3 foto's tot 1 panorama foto te maak.

Eerstens wanneer jy PS oop maak druk op "file" dan op "automate" en daarna op "photomerge".

Die volgende bladsy sal dan oopmaak.

Gebruik die "browse" funksie om die foto's wat jy vir jou panorama wil gebruik is die blok te kry. Wanneer dit in die blok geplaas is soos hierbo kan jy die opsies aan die linkerkant aandruk vir die tipe panorama wat jy wil he. Nou kan jy op "ok" druk en PS doen die res.

Ek het nog nie so oor die kwaliteit van die foto's omgegee nie omdat ek die panorama funksie eers wou regkry. Nou dat ek dit reg gekry het kan ek begin oefen met die kwaliteit.

Drie "dull" foto's wat ek gebruik het en die finale panorama heg ek hierby aan.

Lekker speel!

  

 

                                                                                                                                                                                  

Comment by Annelise on May 9, 2011 at 9:31am
Dankie word baie waardeer
Comment by Jacques van Delft on May 9, 2011 at 9:12am
Hi Annelise, ek sal 'n stap vir stap voorbeeld voorberei en op hierdie blog plaas. Groete, Jacques
Comment by Annelise on May 9, 2011 at 8:48am
Jy wil nie dalk die inligting deel van hoe jy dit gedoen het nie

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html