Photography Tricks and Tips - uitnodiging

Op aanbeveling van Igno van Niekerk, plaas ek graag hierdie blog om Fotoskolers uit te nooi om my Facebookblad te besoek by:

www.facebook.com/photographytricksandtips

Die volgende word aangebied:


• ‘n E-boek oor die basiese beginsels van fotografie – laai dit gratis af.
• As jy inteken (subscribe) kry jy gereeld artikels oor een of ander aspek van fotografie.
• Ek plaas ook gereeld een van my fotos en bespreek in detail hoe ek dit geneem het en wys op positiewe en negatiewe elemente.
• Ek verskaf ook links na interessante artikels of videos wat ek op die internet raakloop.


Let op:
• Jy is onder geen verpligting van enige aard nie.
• Jou “in box” sal nie oorlaai word met nuttelose geskrifte nie.
• Jou e-pos adres sal net gebruik word vir fotografie-verwante kommunikasie.
                                             Sien jou daar!!!

Views: 221

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Josef Steyn on April 5, 2013 at 3:51pm

Dankie Lian. Ek waardeer dit dat jy laat weet jy vind nut uit die blog. Ek sou aanbeveel dat jy "subscribe", dan kan jy die e-boekie aflaai en soos wat ek tyd kry, nog artikels wat nuttig mag wees. Jy het niks te verloor as jy inskryf nie, en as jy enige probleme ondervind met die aflaai dan het ons 'n plan B. Onthou dat jy ook te enige tyd kan "unsubscribe" 

Comment by Lian van den Heever on April 5, 2013 at 3:29pm

Josef, baie dankie vir hierdie blog .

Comment by Piet Nel on March 23, 2013 at 5:16am

Dagsê Josef.

Ek probeer by jou facebook uitkom maar vorder nie juis nie. Ek weet nie of ek dalk net dom is nie maar kom by alle ander plekke uit behalwe die regte een.

Comment by Josef Steyn on March 22, 2013 at 8:42am

Colin, stuur vir my 'n epos na my adres:     josefmsteyn@gmail.com  Ek stuur dan vir jou 'n link om die boekie te kan aflaai. Jy kan dan later subscribe.   Ons het oneindige probleme met ons diensverskaffer en dit is die rede vir die probleem wat jy ondervind.

Dankie dat jy laat weet het. Josef

Comment by Josef Steyn on March 22, 2013 at 8:34am

Dankie Colin, ons sal onmiddellik aandag gee daaraan.

Comment by Colin Hill on March 22, 2013 at 8:10am

Hi Josef iewers dink ek die e-boek skakel is stukkend want dit ly my na heeltemal 'n andre Franssprekende webtuiste

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html