wil graag photoshop sagteware aanskaf. Wat beveel die kenners aan?

Views: 105

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Conrad on April 16, 2013 at 7:38am

Hi Zenobia,

Photoshop is kragtige sagteware wat deur ontwerpers, fotograwe, illustreerders en vele meer gebruik word.  Dit het dus al die funksies wat 'n fotograaf sou benodig.

Lightroom daarteenoor is 'n produk wat fokus (no pun intended) op fotograwe. Feitlik alles wat 'n fotograaf benodig om 'n foto te verwerk kan gedoen word in Lightroom en gewoonlik baie vinniger en makliker as in Photoshop.

Jy kan die gratis BETA weergawe van die nuutste Lightroom (BETA 5) aflaai op Lightroom 5 en daarmee rondspeel tot in Junie.

Ek sou voorstel om eers na Lightroom te kyk omdat jy vinniger kan werk met dit, en natuurlik is die BAIE goedkoper as die volle weergawe van Photoshop.

Comment by Josef Steyn on April 14, 2013 at 7:47pm

Zenobia, ek is 'n bietjie laat met kommentaar, maar jy kan ook kyk na die nuutste uitgawe van Photoshop Elements. Dit is baie goedkoper as die volle Photoshop en kan eintlik alles doen wat 'n fotograaf benodig. Ek dink die prys is omtrent R2000

Comment by Lientjie Beyer on April 1, 2013 at 2:40pm

Hello Zenobia  kyk na die volgende link, http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/photoshop-vs-lightroom Dit kan jou dalk so bietjie help.

 

Comment by Gene on March 29, 2013 at 6:50pm

http://www.gimp.org/

http://free.zoner.com/

http://www.adobe.com/downloads/cs2_downloads/

Bg is bruikbaar , CS6 sal jou sowat ZAR 12 000.00 kos. ZPS kan jy aflaai en crack , GIMP is 'n harde een om aan te leer. CS2 was die standaard 'n paar jaar gelede.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html