Wat is die verskil tussen Adobe Photoshop en Adobe Photoshop Lightroom?

Wat is Photoshop?

Photoshop is aanvanklik ontwerp vir eenvoudige fotografiese verwerkings, maar het sedert 1990 verander in ‘n baie kragtige, massiewe sagteware pakket met geweldig baie funksies, wat onder andere deur grafiese ontwerpers, argitekte, fotograwe en 3D kunstenaars gebruik word.

Wil jy ‘n panoramafoto aanmekaar las, ‘n HDR foto saamstel,  vel merkies op iemand se gesig  uithaal, of iemand langer, korter, vetter of maerder laat lyk? Ja, Photoshop kan al hierdie dinge doen en nog baie, baie meer. Dit sal doelloos wees om ‘n  lys te maak van dinge wat jy met photoshop kan doen, omdat dit waarskynlik oneindig sal wees. Die term “Photoshopped”, het deel van ons allerdaagse lewe geword omdat ons daagliks blootgestel word aan fotos wat realisties mag lyk, maar eintlik gemanipuleer is en dit is die krag van Photoshop.

Wat is Lightroom?

Die volledige naam is Adobe Photoshop Lightroom. Lightroom is ontwikkel met baie spesifieke funksies wat Photoshop nie het nie. Lightroom is ontwikkel met die doel om groot hoeveelhede fotos te behartig en georganiseerd, in een plek, te hou. Photoshop is ‘n baie kragtige en gevorderde foto verwerkings program, maar wanneer jy met honderde fotos werk , kan dit, oor ‘n tydperk, ‘n probleem raak om alles georganiseerd te hou.  Om nie eers te praat van die soek van fotos nie, omdat jy deur al die “thumbnails” en foto metadata moet gaan om te kry waarvoor jy soek.

Lightroom is ‘n  foto organiserings databasis program wat automaties die foto metadata ( soos die kamera se maak en model, datum, tyd, velddiepte, sluiterspoed, ISO, wit balans en baie meer) lees. Dit word genoem EXIF, en skryf inligting oor elke foto in ‘n nuwe databasis wat bekend staan as die “Catalog”. Soos wat fotos in Lightroom gelaai word, het dit die funksie om ook addisionele inligting vir elke foto te stoor. Dit maak dit moonlik om fotos te “tag” of merk met spesifieke sleutelwoorde, ster graderings en vlaggies. Die resultaat hiervan is dat dit dan maklik is om honderde fotos te sorteer en byvoorbeeld net die bestes te verwerk . Hierdie funksie is nie beskikbaar in Photoshop nie, omdat dit nie ‘n databasis  stoor  van  gekatalogiseerde fotos nie.

Te same met bg funksies, het Lightroom ook ‘n stel funksies (”tools”) wat dit vir fotograwe moontlik maak om photos te manipluleer en verwerk. In kort dink aan Photoshop as ‘n foto verwerkings hulpmiddel, terwyl Lightroom ‘n hulpmiddel is om fotos te organiseer en bestuur, met beperkte foto manipulerings funksies.

Lightroom se Fotoverwerkings en Manipulerings Vermoëns

Lightroom het ‘n spesifieke stel funsies wat dit baie maklik maak om fotos te verwerk en manipuleer. Hier is ‘n lys van die funksies beskikbaar in Lightroom se verwerkings of “develop” module.

 

  1. Histogram Sub-Module: Histogram, Crop & Straighten, Spot Removal, Red Eye Corrections, Graduated Filter, Adjustment Brush
  2. Basic Sub-Module: White BalanceTemp and Tint; Exposure, Recovery, Fill Light, Blacks, Brightness,      Contrast; Clarity, Vibrance, Saturation
  3. Tone Curve Sub-Module: Highlights,  Lights, Darks, Shadows, Point Curve
  4. HSL / Color / B&W Sub-Module: Hue, Saturation, Luminance
  5. Split Toning Sub-Module: Highlights Hue & Saturation, Balance, Shadows Hue and Saturation
  6. Detail Sub-Module: Sharpening Amount, Radius, Detail, Masking; Noise Reduction Luminance, Detail,      Contrast, Color, Detail
  7. Lens Corrections Sub-Module: Lens  Profile, Distortion, Chromatic Aberration, Vignetting
  8. Effects Sub-Module: Post-Crop Vignetting Style, Amount, Midpoint, Roundness, Feather, Highlights; Grain  Amount, Size, Roughness
  9. Camera Calibration Sub-Module:  Process, Profile, Shadows Tint, Red Primary Hue and Saturation, Green  Primary Hue and Saturation, Blue Primary Hue and Saturation

Soos wat julle kan sien is dit ‘n lang lys van funksies, van “cropping” en verandering van basiese beligting tot regstelling van lens spesifieke probleme. Onder is ‘n “screenshot” van net die Histogram/Basic sub module as ‘n voorbeeld. Dis baie gebruikers vriendelik en maklik om te leer.

Spesifieke veranderings op een foto kan ook gestoor word as “presets” en dan toegepas word op  ‘n groep fotos, wat ‘n baie handige funksie is, en baie makliker as om in Photoshop aksies te skryf. Benewens vir bogenoemde  foto verwerkings en manipluerings funksies , het Lightroom ook die vermoëns(modules) om skyfie vertonings te skep, fotos te print, fotos te “export “ vir die webgallerye en vele meer.

Photoshop se Fotoverwerkings en Manipulerings Vermoëns

Al bogenoemde photo verwerkings funksies is automaties deel van Adobe Camera RAW, wat geaktiveer word wanneer ‘n RAW foto in Photoshop oopgemaak word. Hoewel dit so klein bietjie anders lyk in Lightroom, is elke funksie beskikbaar in Camera RAW. Wanneer Adobe nuwe weergawes van Lightroom bekend stel, word Camera RAW ook automaties opgegradeer.

Hier is ‘n “screenshot” met ‘n vergelyking van die beligtings sub-modules:

Om dit op te som,  alles wat jy in Lightroom kan doen , kan ook in Photoshop gedoen word, plus nog baie meer. Sommige fotograwe gebruik Adobe Bridge saam met Photoshop sonder Lightroom.  Bridge het wel sommige van die funksies van Lightroom, maar is nie ‘n databasis katalogiseering sisteem soos Lightroom nie. Dink meer aan Bridge as ‘n “browser” of “leêr” organiseerder terwyl Lightroom geoptimaliseer is om fotos te “tag” en te soek. As jy Adobe Bridge gebruik het, probeer ‘n bietjie Adobe Photoshop Lightroom, en jy sal nooit weer Bridge wil gebruik nie.

Wat om te koop - Lightroom of Photoshop?

Lightroom is baie makliker om te leer as Photoshop.

Lightroom beskik oor ‘n groot hoeveelheid post-prosesserings funksies -  wat goed genoeg is vir 90% + van verwerkings tegnieke.

Lightroom gaan jou help om ‘n effektiewe en soliede fotografie post-prosesserings verwerkings roetine te ontwikkel.

Lightroom maak jou werksroetine meer doeltreffend, omdat jy vinnig, baie fotos kan verwerk, sonder om leers oop en toe te maak.

Lightroom gaan jou help om meer georganiseerd te werk, deur die katalogisering van al jou fotos op dieselfde plek. Dit maak dit ook makliker om photos te soek en verwerk.

Jy kan nuwe folders en subfolders op jou harde skyf maak en kan massa herbenaming van fotos doen.

Dit is ‘n  nie–vernietigende proses om fotos in Lightroom te verwerk, wat beteken dat die oorspronklike lêer nooit permanent verander word nie. In Photoshop is dit ‘n mengelmoes van vernietigende en nie-vernietigende verwerking.

Photoshop stoor nie die geskiedenis van vorige veranderinge op ‘n foto nie, tensy jy verskillende layers stoor vir elke verandering. Met Lightroom kan jy terug gaan en vorige verwerkings  herstel, nadat jy nuwe veranderinge aangebring het.

Lightroom kan metadata van ‘n foto vertoon terwyl jy jou fotos edit.

Lightroom is meer as twee keer goedkoper as Photoshop.

Ek stel voor dat jy met Adobe Photoshop Lightroom begin en dan as jy regtig ernstige verwerkings wil doen later Adobe  Photoshop te kry. Dit sal byvoorbeeld  wees,  as jy met layers wil werk. Adobe Photoshop Elements  is ‘n ander pakket waarna mens ook kan kyk. Dit het baie funksies, filters, en “tools” wat ook beskikbaar is in Photoshop. Dink aan Photoshop Elements as ‘n ligter weergawe van Photoshop en ‘n ligter weergawe van Lightroom gekombineer. Ek sal sê die beste kombinasie om die mees effektiewe werksroetine te hê,  moet beide insluit fotoverwerking sowel as katalogiserings sagteware, soos bv Lightroom en Photoshop, wat hand aan hand saam werk. As jy  besig is met ‘n foto in Lightroom, en dan wil verwerk in Photoshop  is  dit so maklik as om net te regs-click op die foto en dan te selekteer, “Edit in Adobe Photoshop”.Wanneer jy klaar is met die verwerking in Photoshop, het jy net nodig om die foto te "save" , en is dan dadelik weer beskikbaar in Lightroom.

Op die einde van die dag is goeie en betroubare sagteware belangrik vir elke fotograaf. Begin met Lightroom en as jy op die punt kom waar jy al die funksies en beperkings ontdek het, en jy wil ernstige editing doen, sal dit dalk tyd wees om Photoshop aan te skaf. Maar wees gewaarsku Photoshop kan beide 'n vervullende en frustrerende ervaring wees:-)

 

Views: 235

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rae de Lange on March 7, 2013 at 1:55pm

Baie dankie vir hierdie goeie inligting stuk.  Ek het nou opgegradeer na elements 11 en vind dit 'n uiters bruikbare program vir my doeleindes.  Die feit dat jy lightroom ook hier bespreek het, maak my keuse net nog makliker om dit ook te kry.  Want dit is baie erg om so baie foto's te organiseer. En ja ek stem saam met Rochelle van Niekerk - sou graag 'n hands on blits kursussie wou gehad het :)

Comment by Rochelle Van Niekerk on January 29, 2013 at 2:10pm

Ek het albie, maar is baie nuut met Lightroom. Sukkel bietjie om my voete te kry... al het ek Kelby se boek gekoop.  So vêr is die manipulasie met historgram en "noise reduction" fantasties. Ek sou graag 'n paar middae/aande 'n vinnige "hands on" tipe kursus wou doen sodat ek die beste daaruit kan put!

Groete

Comment by Rean3 Keuler-Nortje on January 27, 2013 at 9:10pm

Ek skuus Lientjie, maar Elizma het ook vir my inligting deur gestuur. Baie dankie vir jou hulp ek moet nog baie oefen maar glo dit sal gou beter gaan.

Comment by Rean3 Keuler-Nortje on January 27, 2013 at 9:09pm

Elizma baie dankie vir hierdie verduideliking. Ek moet nog hard oefen maar dit sal elke dag beter gaan met Lightroom.

 

Comment by Sandra Grobler on January 23, 2013 at 9:14am

Dankie vir die inligting - ek het nie Lightroom nie en het altyd daaroor gewonder maar as ek jou verduideliking rondom Lighroom lees dan besef ek dat dit eintlik presies is wat ek met ACDsee kan doen - ek weet nie of enige iemand ander ACDSee gebruik nie?  Maar dan ook by gesê sal dit sekerlik 'n beter keuse wees om Lightroom en Photoshop saam te gebruik aangesien albei Adobe programme is - ek dink ek is korrek as ek sê dat ACDSee net goedkoper is as Lightroom.

Ek oorweeg dit nou om van Adobe se gratis 30 dae aanbod gebruik te maak om Lightroom te probeer.

Comment by Elizma Fourie on January 22, 2013 at 11:58pm

Ek het altwee, maar lightroom bly my gunsteling. Lightroom 4 is egter vir my 'n teleurstelling teen oor Lightroom 3. Maar ek stem die twee saam gee jou net soveel meer.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html