Portrette Deel 2 - Atmosfeer deur die model!

Een van die belangrikste redes waarom 'n fotograaf moet verstaan hoe haar/sy toerusting werk, is om atmosfeer op die beste moontlike manier vas te vang ten einde uit te beeld te skep wat jy graag wil. Klein verstellings het 'n radikale impak op die atmosfeer van 'n foto - 'n effe onderbeligte portret kan meer melodramaties lyk, terwyl 'n helder beligte portret meer "lewenslustig" kan lyk.

Tog, dis nie die fotograaf alleen wat die "atmosfeer bepaal nie. Die model speel 'n kritiese rol. In die volgende foto het Lara gewys dat, selfs in helder sonlig, die model se liggaamstaal die lig kan besweer:

Let egter op dat haar kleredrag help om die atmosfeer te bevestig. As sy 'n heldergeel t-hemp met vrolike gesiggies op aangehad het, sou die foto 'n ander storie vertel het. Hier is die geskeurde denim so effe simbolies van die "hartseer/verskeurde/hangskouer" posering, voeg dan by die swart t-hemp, en sy lyk sommer nog meer "choleries" (Jammer, ek kon nie aan 'n beter woord dink nie).

Tog, in 'n ander konteks kan dieselfde klere vrolik lyk. Hier is Lara (regs) vyf minute later - selfde klere - ander prentjie...

Onthou gerus om met jou modelle te gesels oor watter tipe atmosfeer jy graag wil reflekteer. Hulle kan verassend kreatief wees en jou help om portretstories op unieke maniere te vertel.

Views: 161

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html