Goeie dag - ons gaan September maand vir die eerste keer Clarens toe... is daar dalk iemand wat kan help met inligting oor akkomodasie? ek sukkel bietjie op die internet...

Ek sal dit ook baie waardeer as ek bietjie hulp kan kry oor foto geleenthede in die omgewing...

Delete maar as my navraag nie toelaatbaar is nie...

geniet 'n skitter-skater daggie!

groete

Sandra

Views: 153

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Sandra Grobler on August 24, 2015 at 12:43pm

Eks jammer ek kom nou eers terug nadat ek so baie antwoorde gekry het - internet probleme.

Baie dankie vir al die inligting - ek het notas gemaak en sal beslis julle raad volg.

lekker daggie vir almal..

Comment by Piet Nel on August 23, 2015 at 7:05pm

Hi Sandra foto geleenthede is baie jy het n jaar nodig om al die plekke daar te besoek. Golden Gate nie ver van Clarens so ook Qwa-Qwa berg oord waar daar baie mooi landskap fotos geneem kan word. Fouriesburg pad van Clarens af netso pragtig en baie gaste huise te sien op die roete. Ek woon in Harrismithe jy kan self n dag na Royal National Park toe ry so bietjie verder as ander plekke maar verseker die trip werd. Sien Igno het reeds van die plekke aan jou genoem, bring maar genoeg m/cards saam jy gaan hulle nodig kry en geniet dit

Comment by Elna Geringer on August 23, 2015 at 2:12pm

Hi Sandra

Jy kan ook Jastelle Gasteplaas oorweeg.Hulle inligting is by Lekke Slaap en ook WheretoStay.Dis 'n lieflike plaas en binne ryafstand van die mooi omgewing se treffers.Jy moet beslis Igno se raad volg,Roosendal is n juweel en so ook Fouriesburg

Comment by Frans van Heerden on August 21, 2015 at 1:26pm

Probeer die web ruimte "Lekkerslaap" of Tripadvisor

Comment by Vida van Schalkwyk on August 21, 2015 at 6:46am

'n bekostigbare blyplekkie is Clarens Backpackers - 0582561119 - enjoy, dis 'n pragtige omgewing!!

Comment by Pieter Steyn on August 20, 2015 at 5:23pm

Goeie middag - glo Piet sal jou ook kan help vang hom aanlyn

Comment by JJ on August 20, 2015 at 5:01pm

Ons gaan gereeld Clarens toe vir flieghengel.  Probeer Royal Coachman, of Sediba Lodge.  In die dorp self is daar ook baie plekkies. 

Comment by Igno van Niekerk on August 20, 2015 at 3:35pm

Hallo Sandra -

Gesels gerus met Karen van die Artists Cafe op Clarens. Haar nommer sal op hulle webwerf wees. Ry gerus Fouriesburg toe een oggend vroeg (baie naby), Rosendal toe as jy landskappe soek, en daar is lekker landskappe ook op die Bethlehem pad. Alles binne 30 km vanaf Clarens. Golden Gate sal ook 'n opsie wees. Groete Igno

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html