Hallo Fotoskolers!

Hoop dit gaan sommer goed aan julle kant!

Net twee vinnige sakies.

Prof Hennie is sonder sy skootrekenaar op vakansie, en sal dus nie hierdie week kommentare op foto's kan lewer nie. Ek sal egter inspring en hierdie week kommentare lewer.

Pieter het my laat weet dat daar gister allerhande vreemde boodskappe was toe hy en sy trawante vroegoggend wou inspring. Ek dink nog nie daar is internet-beurtkrag nie, so ek weet glad nie wat die sogenaamde blacklisting behels het nie... maar ek hou 'n ogie.

Lekker week vir elkeen van julle!

Igno

Views: 107

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Vida van Schalkwyk on December 11, 2014 at 9:03am

hi Igno, dankie dat jy instaan vir Hennie ... ek wil graag weet hoe word die top 100 foto's bepaal?

daar is een foto van my wat al 1 Augustus geplaas is, en sedertdien onder die top 100 is - ek is seker daar was al baie ander foto's wat baie goed was en myne beslis oortref?! ek sê ook soos Tersia weer baie dankie vir al die raad en gesellige saamkuier op fotoskool!!

Comment by Piet Nel on December 11, 2014 at 5:34am

Dankie Igno ja die web wil ons nie toelaat om op FS te gaan nie maar lyk vandag weer reg

Comment by Pieter Steyn on December 10, 2014 at 7:43pm

Dankie Igno nee lyk of alles nou weer goed aan die gang is - was maar seker net moeilike oggend gewees. Sal laat weet as daar weer problem opduik

Comment by Tersia Weitsz on December 10, 2014 at 2:41pm

Igno, baie dankie ook vir jou kyk en kommentare.  As iemand wat niks van fotografie af geweet het nie, het ek danksy fotoskool al 'n paadjie begin stap en geleer.  Ek weet daar is nog baie wat geleer moet word, maar so in die proses, geniet ek my gate uit.  En die pragtige en vriendelike mede skolers wil ek ook bedank. Om nie eers van Hennie  en ander te praat nie,  Dankie almal.

Sommer hiermee n Geseende Kersfees vir elkeen en vir die wat met vakansie gaan, veilig op die paaie wees en geniet dit

Tersia

 

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html