Die vervaardigers van Canon het nie my advertensie kontrak van hul produk soos in my profile foto hernu nie!!!  Skandalig nê?  In retaliation wil ek nou my profiel foto verander sodat hulle sal agterkom wat hulle gaan mis aan verkope, ensovoorts. Ook omdat vriend Piet graag wil sien hoe ek regtig lyk...hy sal ook nog sy fout agterkom as hy eers die ware Arnoldus besigtig het. Probleem is dat my 'profile page' geen nuwe uploads van foto's aanvaar nie. Sê elke keer daar's  'n "error in uploading, try another photo"  You must be kidding... ek het al my hele portfolio probeer maar nie een is reg nie. Is daar 'n security setting wat ek miskyk of wat moet ek doen?  Help asseblief?

Views: 75

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on January 22, 2015 at 7:44am

ArrA more kyk as jou foto te groot is gooi hy ook n error uit op profile as jy dit wil verander . Dit werk eintlik maklik click op jou profile en verander foto dan plaas jy hom daar weet nie of jy dit so doen nie al hoe ek myne verander kry was om foto kleiner te maak

Comment by Dine Potgieter on January 21, 2015 at 8:17pm

Ja - ek probeer al jare 'n foto laai, en elke keer pop hierdie kat op!

Comment by Gerrie Lambrechts on January 21, 2015 at 5:02pm

ArrA jy is nie aleen wat sukkel om nuwe profiel te laai nie.  Iewers op ons blad is daar ’n link wat kort kom.  Ek het al saam met een probeer, sy daar en ek hier per telefoon totdat ons op die punt gekom het waar ek moes laai toe het ek nie die link nie. Dalk moet Igno hier help.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html