Wat 'n "eye opener" is Martie Venter se blog oor haar 365-projek net nie!!! 

Ek en Dorette Scheepers (wat foto-maatjies in Alberton, Gauteng is) was dadelik geinspireer om nader ondersoek in te stel.

Na ons koppe bymekaar gesit het, om seker te maak dat dit prakties uitvoerbaar is, want ons altwee werk voltyds, en tyd in die aande is baie beperk, het ons besluit op 'n 52-projek.

Om ons projek 'n uitdaging te maak het ons besluit om dit 'n tema te gee.  En ons het op 'n kleur vir elke week besluit.

Ons voel dit gaan ons bietjie meer kreatief laat dink, en ons 'n bietjie laat soek en anders na allerdaagse dinge laat kyk.  En 'n week gee jou lekker tyd vir soek, speel en leer.

Ons skop ons projek 52 op 1 Mei 2012 af, en sal ons weeklikse fotos hier op Fotoskool deel.

Ons is baie opgewonde hieroor, en het gesien hoeveel pret Martie en Corne daarmee het, en ons sien baie uit na ons 52 weke wat voorlê.

Dankie aan Martie Venter vir die inspirasie en ons wil ander Fotoskolers uitdaag om ook so ‘n projek aan te pak en te kom deel in ons pret.

Views: 177

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dorette Visser on May 3, 2012 at 4:26pm

Ek is baie opgewonde oor die projek - dit dwing n mens regtig om uit te gaan en kreatief te raak en uit die boks te dink om dit so te stel. Arno, ek dink die 100 step challenge is ook nogal n lekker uitdaging. En dis vir my lekker om te sien hoe baie mense (nie fotograwe) belang stel in Projek 52 en om na ons vordering te kyk.

Comment by Arno van Niekerk on May 3, 2012 at 11:43am

Dit klink na 'n baie goeie idee.  Ek en Dirkie het ook besluit om op 'n weeklikse basis (of soveel as moontlik) uit te gaan en foto's te soek.  Sover het ek ons twee aande en een dag in die strate gaan rondloop, en uit elkeen van die uitstappies het ek ten minste een foto wat ek oor trots is.  Ek dink dis 'n goeie manier om jouself te dwing om kreatief te raak.  Nog 'n interessante idee is die 100 step challenge, waar jy 100 tree loop en dan 'n foto neem - dalk nie so prakties noodwendig nie, maar dit dwing weereens kreatiwiteit af.

Comment by Mariska Cilliers on May 2, 2012 at 8:43am

My en Dorette se Projek 52 het gister afgeskop, en ons begin met groot opgewondenheid soek na foto idees, ons tema vir die eerste week is rooi. Lekker uitdaging.  Ons gaan lekker speel.

Comment by Corne Lourens on April 20, 2012 at 1:56pm

Ek sien uit na julle projek.  Geniet dit!

Comment by Mariska Cilliers on April 19, 2012 at 8:04am

Dankie Jimmy. Wat ek hou van die drie fotos 'n dag is dat mens bietjie ouer fotos weer gaan uithaal, en weer met nuwe oë na hulle kyk.

Comment by Dorette Visser on April 18, 2012 at 8:55pm

Dankie vir die inspirasie Martie en dankie aan Igno vir die Fotoskool leerskool. Ons sien uit daarna om hierdie projek aan te pak en sommer baie daaruit te leer!

Comment by Martie Venter on April 18, 2012 at 8:08pm

Wonderlike kreatiewe energie wat nou hier op Fotoskool begin vloei! Baie dankie vir al die positiewe terugvoering, ek is baie opgewonde om te sien dat 'n hele paar van julle ook nou sulke projekte gaan aanpak!

Comment by Mariska Cilliers on April 18, 2012 at 8:02pm
Oe ek is mal hieroor!! Hierdie projek 365/52 gaan nog groot word hier op Fotoskool!! Dankie Igno vir die wonderlike plek waar ons onsself so kan kreatief uitleef!!
Comment by Tillie Beaton on April 18, 2012 at 7:55pm

Dankie Mariska, sal bietjie daarmee speel.  Joannette, julle idee oor 'n spesifieke idee of onderwerp is ook nogal 'n lekker een. 

Comment by Joanette Le Cornu on April 18, 2012 at 7:42pm

Ek dink ek gaan ook so n projek aanpak. . .is nog nie seker nie. Maar as ek gaan, gaan ek elke week n tema/onderwerp kies soos bv. die een week diere, en die volgende week geboue en die ander week weer blomme ens. Ek sal elke dag dan een foto met die week se onderwerp oplaai. Gaan eers dit met my suster Hannelie bespreek, miskien doen ons dit saam soos Mariska en Dorette!

Sien baie uit na julle fotos, Mariska en Dorette!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html