Aangesien ek "wildlife" foto's op wil fokus, het ek navrae gedoen oor 'n groter 'zoom' lens. Ek kan die Sigma AF 170-500mm f5-6.3 lens koop vir R4500. Ek het maar 'n klein begroting. Enige raad?

Views: 116

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Oosthuizen on August 22, 2012 at 11:25am

Ek is nou opsoek na 'n sigma 170-500mm lens. weet iemand dalk waar ek kan kyk vir 'n goeie tweedehandse een? Of weet iemand dalk van een wat iemand wil verkoop?

Comment by Daan Potgieter on August 20, 2012 at 10:34am
As ek reg is kry mens n Sigma lens wat op die Canon pas en een wat op die Nicon pas. Maak net seker dat jy die regte een aanskaf.
Comment by Gerhard Oosthuizen on August 20, 2012 at 9:43am

Nog 'n bietjie raad? Ek het op die oomblik die nikon D3100. Sal die sigma 150-500mm lens reg funksioneer op die kamera?

Comment by Daan Potgieter on August 17, 2012 at 8:32am

Nog 'n opmerking.  Begroting en die doel met geneemde fotos is na my mening twee belangrike vrae.  Ek wil net mooi fotos neem en is baie tevrede met die Sigma lens 150-500 wat ek by Charles gekoop het.  My eerste probeerslae het ook nogal goeie kommentaar van die kenners gekry en is vir my doel heeltemal voldoende.  Sterkte!

Comment by Elizma Fourie on August 14, 2012 at 9:21pm

Gerhard het jy al my wild foto's gesien, ek neem dit ook maar af met my Canon 55mm-250mm lens. Natuurlik het mens baie geduld nodig met die fokus. Kyk mooi hoe jy jou kamera moet stel, bv spot metering ens. ek kry ook maar redelik baie uitfokus foto's. Die raad wat ek wil gee is luister na die mense hieronder en spaar jou geld en koop eens en vir altyd 'n ondentlike lens. Ek sit met dieselfde probleem as jy, het gaan kyk na 'n Sigma 500mm, dit toe maar gelos totdat ek die ware Jacob kan koop.

Comment by Gerhard Oosthuizen on August 14, 2012 at 9:12pm

Dankie julle, dit help my al baie! As ek so 'n lens wil huur, waar doen ek dit en hoe gaan ek te werk? Kom ek stel dit so...ek gaan nie 'n vaste beroep uit fotografie maak nie. Ek wil die lens hoofsaaklik gebruik om groter wild tot 'n leeu of statiese voels af te neem. Ek het huidiglik 'n nikon D3100 met die basiese 17-55mm en 55-200mm nikkor lense, maar sodra ek die fokus so bietjie wil rek verloor ek dit en kry 'n foto wat geensins in fokus is nie. Sal jul die Sigma lens aanbeveel as 'n 'beginner' lens totdat die begroting iets beters toelaat?

Comment by Lian van den Heever on August 14, 2012 at 8:45pm

Gerhard, ek stem saa met Charles dat die minimum lens 'n 300 mm moet wees . Dit hang natuurlik ook af op watter "wildlife" jy wil konsentreer . As jy op groot wild wil konsentreer, kan jy na die 170-500 kyk, maar dan moet jy nie hom op sy maksimum zoom nie . Vir "wildlife" kleiner as 'n steenbokkie, sal ek dit nie aanbeveel nie en vir voels geensins nie , die lens  is te stadig .  Maar ek sal ook eerder aanbeveel dat jy eerder een huur en kyk of dit die verwagte resultate kry .

Comment by Charles Whitehead on August 14, 2012 at 1:59pm

Gerhard

Jy gaan verskillende antwoorde kry op die vraag en ek verstaan jou begroting is maar klein, maar ek gaan vir jou my mening gee wat op praktiese ondervinding gegrond is.

Ek weet nie watter kamera of lense jy het nie, maar dit is eintlik nie baie ter sprake nie. Vir Wildlife het jy 'n minimum van 'n 300mm lens nodig, en soos jy noem is 500mm baie meer geskik. Jy kry twee tipes lense, die zooms en die vaste fokus of prime lense. Kwaliteits gewys is die vaste fokus by verre die skerper lense. Die probleem is net dat die vaste fokus lense duurder is hoofsaaklik agv die groter lensopeninge waartoe hulle in staat is (bv f2.8 of f4)

Zoomlense het die manier om hulle fokusvlakke te skuif deur die zoomstrek en dit kan problematies wees. Derde party zoomlense is nog meer skuldig hieraan en my ondervinding is dat Sigma nie baie skerp is nie. Jou beste kwaliteit is derhalwe die vervaardiger se eie lense maar dit kom teen 'n prys. Lees my blog met meer inligting hieroor : http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/micro-adjustment-van-lense

Die belangrikste en duurste komponent van kwaliteit fotografie is die lense, nie die kamera nie. Op 'n stadium gaan jy dalk jou kamera vervang, maar die lense behou en oordra na die nuwe kamera. Ook bepaal jou lense tot 'n groot mate die kwaliteit van jou foto. Duurder lense fokus ook heelwat vinniger as goedkoper lense. Die kleur en kontras is ook heelwat beter.

Jy moet derhalwe bepaal hoe ernstig jy jou wil wend tot Wildsfotografie. Dit kan 'n baie bevredigende been van fotografie wees, mits jy toerusting het wat jou nie frustreer nie.

Ek weet ook van fotograwe hier op Fotoskool wat baie tevrede is met hulle Sigma lense, dus kan dit ook 'n opsie wees, maar wees versigtig en probeer dalk so lens huur of leen om te kyk of dit vir jou sal werk.

Vra gerus indien jy nog inligting verlang en sterkte met jou keuses

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html