Goeie naand almal!

Ek is nuut in die bedryf en wil graag 'n kamera koop. 

Wat dink julle van 'n Nikon D3100??

My doel is om natuur fotos te neem, meestal diere.  Is die kamera geskik daarvoor?

Wil goeie waarde vir geld he en 'n kamera koop wat my nog vir ten minste 7 jaar gaan gelukkig hou?

Wat dink julle?

Views: 345

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on March 21, 2012 at 3:31pm

Ek het in verskeie oorsese tydskrifte vergelykings tussen intree-kameras gesien en elke keer het die D3100 bo uitgekom. As jy hoër wil gaan is die D5100 en D7000 albei uitstekende kameras. Vir wildlewe is die lens die belangrikste (en duurste). Daar is "goedkoop koop, duur koop"! J kry waarvoor jy betaal.

Comment by Michael Cronje on March 21, 2012 at 1:01pm
Hi Reinier! Welkom! Man die D3100 is a machine vir sy prys. Ek het al een gebruik. Kyk ook na Tamron se 55-270mm lens. Maar ja, D3100 neem fotos...like a boss!
Comment by Bertie Johan Theron on March 21, 2012 at 1:27am

Ek hoor wat jy sê Chris. Die rede hoekom ek na die 70-300mm Nikon kyk is prys. Ek het al by talle mense gehoor dat wat jy vir die lens betaal, eintlik baie billik is vir die kwaliteit wat jy kry. 400mm en op raak bietjie diep vir my sak en ek sal eendag, wanneer my skippie kom, vir my 'n Monster aan skaf. Ek moet maar net eenvoudig "leopard crawl". Dis in elkgeval goeie oefening. Hehe...  :)

Comment by Chris Jooste on March 20, 2012 at 10:10pm

Ek het self een van die 70-300-lense en probeer ook graag diere afneem. Soms werk dit goed, maar gaan kyk 'n bietjie in fotografietydskrifte of selfs net Weg. Dit is meer gereeld as nie die mense met die lense van 400mm en meer, dikwels ook met omsetters, wat die mooiste foto's neem. Die 300mm is redelik, maar dit het my al dikwels gefrustreer as ek nie "naby" genoeg kan kom nie - veral met voels.

Comment by Elizma Fourie on March 20, 2012 at 8:47pm

Dankie Martie het gou gaan kyk, die komentaar onderaan is nogal interesant, maw die kanse is goed dat as ek self crop en dit is in RAW afgeneem dit dalk oraait sal wees. Ek gaan gou een toets en kyk wat dit aan die kwaliteit doen.

Comment by Martie Venter on March 20, 2012 at 8:30pm
Comment by Elizma Fourie on March 20, 2012 at 8:26pm

Hoe naby kom 'n 300mm lens teenoor 'n 200mm lens. Wens iemand kan 'n foto opsit met 200mm en dan weer met 300mm.

Comment by Johan Nel on March 20, 2012 at 6:14pm

Hi Reinier

Ek het ook 'n Nikon D3100 met "kit" lense. Ek geniet dit ook om veral diere in wild parke af te neem.

Ek het ook gevind dat die 55-200 lense nie naby genoeg gekom het nie en as ek nader wou kom sou ek van die padjies moes afry en dan sou die veldwagters my weer aangetre het. So toe het ek maar my oe toegeknyp en die 55-300 lens gaan koop. Ek het ook nou al gevind dat die kamera nie so 'n groot rol speel soos die bestuurder van die kamera nie maar tog was ek nou al so enkele kere baie gelukkig om op die regte tyd op die regte plek te wees en, wat my betref, 'n baie mooi skoot of twee gekry. Ek weet ek het nou nog nie baie fotos op gelaai nie maar kyk maar gerus na my fotos.

Comment by Chris Jooste on March 20, 2012 at 5:00pm

Hallo Reinier. Ek stem saam met Bertie. Die kamera is nie die heel grootste faktor by mooi skerp foto's nie. Goeie lense maak 'n verskil. Ongelukkig is die beste lense baie duur, maar as 'n mens eers van hulle het, kan jy mettertyd beter kameras koop om by die lense te pas. Maar dit antwoord nog nie jou vraag nie. Die D3100 sal beslis kan doen wat jy wil he hy moet. Maar, wees versigtig, as die gogga jou eers behoorlik gebyt het, is 7 jaar om te wag vir 'n volgende kamera 'n LANG tyd. Probeer maar intussen spaar vir die regte lense. Jy sal die verskil sien. Geniet dit.

Comment by Bertie Johan Theron on March 20, 2012 at 4:29pm

Hallo Renier. Welkom by fotoskool. Ek persoonlik ken nie die Nikon D3100 nie. Ek het die D5100 en is ongelooflike gelukkig met hom. Jy sal later agter kom dat jy eerder met 'n goedkoper kamera sal kan weg kom as met goedkoop lense. Ek het self 'n liefde om natuurfoto's te neem en ek kan jou belowe die "kit" lense wat jy saam met die kamera kry, sal nie die mas op kom as jy regtig stunning foto's wil neem nie. Ek het ook nog net die kit lense (18-55mm en 55-200mm) en maak nou plan om vir my die Nikon 70-300mm te koop. Jou "zoom"-krag (om dit nou so te stel) is eenvoudig net nie goed genoeg om diere af te neem nie.

Maar persoonlik my opinie. As jou budget jou toelaat om die D3100 te koop, doen dit. Jy sal nie spyt wees met Nikon nie. Gaan kyk ook na http://www.dpreview.com/reviews/nikond3100 vir 'n volledige review van die kamera.

Groete en Enjoy!!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html