Raw fotos. Raad nodig oor die invoer en organisering daarvan.

Vriende, ek het jul raad nodig. Hou in gedagte ek is deel van die BC (Before Computers) generasie.

Tot dusver het ek hoofsaaklik in die JPEG formaat afgeneem en Lightroom 3.4 gebruik vir redigering.

Ek het 'n Lenovo Thinkpad PC met Windows 7 Professional waarop ek werk.

My prosedure is as volg:

Eerstens skep ek 'n "file" in "pictures" op my hardeskyf as dit 'n stel fotos oor 'n nuwe onderwerp is. Die "file" is dan ook in Lightroom.

Tweedens voer ek die fotos in vanaf die kamera na my Lightoom "file". Ek kan dan die fotos oopmaak in Lightroom en "Pictures" en in Lighroom of Photoshop redigeer.

 

Nou kom my probleem:

As ek RAW fotos op dieselfde manier hanteer werk alles soos bo beskryf, behalwe dat ek die ingevoerde fotos nie in "Pictures" kan oopmaak nie.

Ek hou daarvan dat ek ook die fotos in "Pictures" kan oopmaak en dan bv "Export".

 

Vraag:

Wat is die beste manier om RAW fotos te hanteer en te bewaar ens.

Moet ek 'n ander program gebruik?

 

Ek hoop iemand kan vir my 'n liggie iewers ansteek!!

Views: 129

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on September 13, 2011 at 12:14pm

Igno

Ek wil nou nie 'n debat begin nie, maar waarom gebruik/hou jy nie van Windows 7 nie ?

Comment by Igno van Niekerk on September 12, 2011 at 8:51pm

Hallo Josef,

Ek beskou die RAW foto's as die rou data wat verwerk moet word. Sodra die verwerking voltooi is, dan Export ek dit uit Lightroom (as jpg) na die "verwerkte" folder, waar ek met Windows, of ander sagteware daarna kan kyk. Lightroom is dus my RAW fabriek, en wanneer ek in RAW werk bly ek in die fabriek totdat die produk kykbaar is... Ek hoop dit maak sin.

Onthou ook dat na jou verwerkinge in Ligtroom jy die RAW foto's ook altyd weer na die oorspronklike rou leer kan terugneem, wat uiters handig is.

Nog so ietsie, jy kan gerus google en sien wat DNG is, dit is wanneer jy al jou RAW leers in Adobe se digitale negatief formaat wil stoor (meer eenvormigheid). Ek kies ook altyd in Ligthroom om die leers na my werkende hardeskyf, sowel as 'n eksterne hardeskyf te stoor tydens die "import" proses - dis net baie veiliger as om te wag vir eendag... en dan nie backups te he nie...

Maar, terwyl ek hierdie skryf dink ek weer oor jou vraag, en ek besef dat Etienne se antwoord dalk reeds jou probleem opgelos het... so hierdie antwoord is dalk meer geldig vir ouens soos ek wat nie Windows 7 gebruik nie :-) daarom los ek dit maar hier...

Comment by Frans van Heerden on September 12, 2011 at 8:19pm

Josef (van een BBC na n ander BBC) dankie vir die vraag een dankie Etienne vir die antwoord. Ek het dit dadelik afgelaai! Ek gebruik Breeze Browser en die programmetjie doen goed wat ek wil dat hy doen as n "browser" Ek kan hom ook aanbeveel.

Wat betref die berging van RAW formaat foto's - my praktyk is om n baie groot eksterne hardeskyf te gebruik waarop ek al my foto's "back up" - wanneer ek na bv. n ander bestemming reis, kry ek bloot n volgende eksterne hardeskyf vir die bestemming se foto's. Ek berg RAW en JPG op dieselfde manier en plek - aldus my stuiwer!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html