As ek 'n inset hieroor kan lewer - as beginner fotograaf het ek nie die nut ingesien van RAW nie, maar soos ek meer ervaring gekry het en met Lightroom en Photoshop op 'n meer gereelde basis begin speel het, het ek die waarde van RAW besef. Jy het net soveel meer beheer oor jou kleur, saturasie en enige ander verwerking waaraan jy kan dink sonder om resolusie te verloor. Na 4 jaar wat ek stelselmatig RAW begin gebruik het, skiet ek nooit meer met enige ander formaat nie. Om myself hier te korregeer - as ek in die veld is en my spasie op my memory card raak min, moet ek bieg, ek gaan liewer oor na JPEG large as om 'n fotogeleentheid op te offer. So in 'n neutedop - skiet ek RAW en sorg dat ek genoeg memory cards by my het. ( en natuurlik genoeg gelaaide batterye ook!)
Lekker skiet.
Sonja

Views: 81

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Geraldine Botes on December 12, 2011 at 9:09pm

Hi, ek is nog nuut hier by foto skool maar is aaltyd bereid om te leer.  Ek begin nou maar die blogs van oud tot nuut lees om te kyk of ek iets kan leer.  Verskoon tog maar wat is RAW? 

Comment by Igno van Niekerk on September 6, 2009 at 9:24pm
Nogal interessant as mens jou kamera se kwaliteit JPGS gaan vergelyk kan dit interessant wees in terme van die hoeveelheid data gemeet teenoor 'n ander model bv die 50D of die 500D. Ek wil vermoed jou kamera vang reeds 'n reuse hoeveelheid data meer. Ek dink dit hou die debat nog meer oop ... en wat lekker is, ek dink nie daar is al 'n direkte reg of verkeerd nie... Tog, mens sal graag wil sien waar gaan die datagroottes heen... En op die einde is die groot vraag dalk nog meer, wat gaan mens met die foto's doen?
Comment by Charles Whitehead on September 5, 2009 at 8:25pm
Igno

Ek moet se ek het ook RAW begin geniet. My grootste probleem is die grootte van die files. My RAW files is so 30Mb groot of ongeveer 1000 fotos op ;n 32Gb kaart. Sjoe. praat nie eers van hardeskyf spasie nie. Ek kan agterkom selfs my rekenaar sluk bietjie swaarder as voorheen. Ek stem saam met Sonja, ek het ook begin meer RAW neem en geniet, behalwe waar spasie 'n probleem is.
Comment by Igno van Niekerk on August 21, 2009 at 4:54pm
Hallo Sonja!
Daai batterye is iets waaroor ons elkeen seker 'n storie kan vertel. Ek stem nogal saam oor die RAW, (ek probeer permanent daarby bly) - so tussen hakies - ek sien ADOBE het weer updates op RAW en Lightroom. Ek moet sê, as dit nie vir Lightroom was nie, sou ek nie RAW so geniet het nie, want die conversion is so maklik --- (met e-pos templates ens).

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html