Delete  red 'n foto so...

 

Ek het so paar dae gelede 'n foto gepost hier op Fotoskool van die Voortrekker Monument in Pretoria. Vir dié wat belang stel, sal ek net deur 'n paar van die stappe gaan wat ek geneem het in PS om die oorspronkilke vaal foto te red. Voor ek 'n foto delete, probeer ek net so 2-5min se Photoshop*. Ek wil ook bysê dat ek myself geleer het en ek's seker daar is dalk makliker maniere om dinge te doen, en mense hier wat PS beter as ek ken so vra hul gerus!

Die oorspronklike foto:

Hierdie foto ^  het verskriklik baie noise wat mens nie nou kan sien in die kleiner formaat hier bo nie. 

    *(Ek het PS CS3 Extended vir hierdie gebruik)

  1. In PS, probeer ek gewoonlik heel eerste die Contrast en Brightness stel om te kyk of ek bietjie detail kan uit bring. (Mens kan ook die shadow/highlight opsie vir hierdie probeer, alhoewel ek dit glad nie in dié geval gebruik het nie.)
  2. Ok, so as die Brightness/Contrast nie werk nie (soos in hierdie geval), dan maak ek ten minste twee kopieë van die foto in verskillende exposures om dan in Photomatix 'n vals HDR tonemap* te maak.                                                      * http://fotoskool.co.za/forum/topics/hdr-resep(vir                                                                                  Etienne se HDR resep hier op Fotoskool)

Om dit te doen, save die oorspronklike foto erens op jou PC as byvoorbeeld '2.jpg', maak dan 'n 'underexposed' copy van die foto, as ook 'n overexposed een:

Nadat jy die eerste copy se Exposure afgestel het na bv. -2, en die gamma correction opgestel het na omtrent 0.80, (ek werk met gevoel, maar hou die twee exposure verstellings ronde getalle, en hou hul dieselfde; i.e. -2 en +2 of -1 en +1) save die foto.

Noem die underexposed een bv. '1.jpg'.

Druk CONTROL+ALT+Z (of edit, step backward) dan is jy weer terug na die oorspronkilke foto.

Maak dan die overexposed een (+2), en save die foto as bv. '3.jpg'.

 

Nou het jy 3 fotos in 3 verskillende exposures.

 

3. Maak dan die drie fotos in 'n program soos Photomatix oop wat hulle saam smelt en een foto maak. (weereens sien Etienne se HDR instruksies)

Save die foto met 'n nuwe file naam.

 

4. Maak nou hierdie 'tonemapped' foto in PS oop. Verstel nou die Brightness/Contrast.

Ek stel gewoonlik die brightness laer, en die contrast baie hoër.

5. As die foto baie noise het, verwyder ek dit nou met Noiseware se plugin ('n klein program wat binne 'n ander program werk) vir PS:

Kyk na die verskil van noise en maak dan die nodige verstellings. Hier probeer ek ook bietjie aan die sharpness stel.

As jy nie Noiseware se plugin het nie, kan jy gerus PS se Remove Noise gebruik (NWare werk net baie beter vir my):

Hierna gaan ek na Filter>Sharpen>Unsharp mask om verder details te verskerp.

6. Teen hierdie tyd begin die verskil tussen die oorspronklike en die nuwe verwerking soos die Bulle en die Cheetahs lyk. As laasgenoemde een (die nuwe verwerking of die Cheetahs) beter lyk is jy op die regte pad.

 

Nou besluit ek gewoonlik: Kan die foto gered word of nie? As hy nie gered kan word nie, delete ek hom sommer. As ek hom kan red, maak ek nou meer kunstige verstellings.

 

7. Kyk na ontwerp van die foto. Crop die foto. In hierdie geval was die gebou te in die middel van die foto, toe crop ek die regterkant weg.

Die crop knoppie is links bo erens as jy nie jou toolbars gestel het na jou sin nie.


8. Ek het nie van die lug gehou nie, so ek delete hom toe en plaas een van my ander fotos se lug in die oop spasie. Om die lug te delete, veral as dit eentonig en vaal is, en waar daar kontras tussen die lug en die ander objekte is, is die maklikste manier om die magic wand te gebruik om dit te delete. Kies die magic wand tool, kliek op die lug area, en druk delete.

9. Right kliek dan op die background layer onder links, en kies duplicate layer. Kliek ok.

Hierdie stap is sodat ek die orde van my nuwe lug layer, agter die oorspronkilke layer (die een wat ek nounet gemaak het) kan plaas.

 

10. Maak dan 'n foto oop met die lug wat jy wil he.

11. As jy restore down kliek, dan kan jy altwee fotos terselfdetyd op die skerm sien en rondskuif soos jy wil. Move dan die lug foto na die 1ste foto:

12. Onder regs, skuif dan die nuwe layer ('Layer 1' - die lug foto) onder die 'Background copy' layer. Om dit te doen, kliek net op layer 1, hou die muisknoppie in en trek hom af onder die Background copy layer in:

Maximize dan weer die 1ste foto:

13. Kies nou die magic wand, en kliek op die in hierdie geval swart gedeelte waar die lug mut wees, en dan DELETE. Die agterste nuwe lug layer, Layer 1, sal nou sigbaar wees. Right kliek op hierdie nuwe lug layer, en dan weer by die move tool kan mens hom rondskuif. Gebruik dan ook die Transform opsie, CONTROL+T of edit>free tranform of scale, om die lug te rek as dit nodig is:

14. Hierna flatten ek die foto om met die nuwe foto as 'n geheel te werk. 

15. Nou kom al die klein dingetjies by. Soos bv. in hierdie geval het die bome min diepte gehad, en die kleur was steeds bietjie vaal. Ek gebruik toe die dodge tool op omtrent 6% vir highlights met 'n sagte brush, en die burn tool vir die shadows ook op omtrent 6%. 'Borsel dan net oor die gedeelte wat jy wil dodge of burn-soos die bome. 

Kyk nou die verskil aan die bome:

15. Mens kan ook 'n gradient probeer wat gestel is op Color Burn om die kleur uit te bring. Right kliek op die emmertjie, en verander hom na die gradient opsie, dan maak die vertellings bo soos jy met dodge en burn gedoen het. 

Trek dan die lyn van waar die color burn gradient moet begin, tot waar hy moet ophou. Ek het hier die lyn van heel bo tot net bo die bome getrek met 'n exposure van 46% (in die settings bo).

Dan gebeur dit:

en hier was die 'before'...

 

En daar het jy jou foto gered! So, dink maar twee keer voor jy daai foto permanent delete!

 

Michael

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Views: 392

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Nicolene van der Kruk on December 7, 2011 at 7:03pm

Nog nie kans gekry nie

Comment by Michael Cronje on December 7, 2011 at 5:35pm

Plesier Nicolene! sien nou eers jou comment. Het jy al iets reg gekry?

Comment by Nicolene van der Kruk on November 25, 2011 at 8:20pm

 Baie baie dankie vir die inligting wat jy hier bo gee dit help my baie, en nou het ek iets geleer waarvan ek nie geweet het nie dit is baie maklik om dit te volg en dankie ook vir die fotos wat jy gegee het dit maak dit nog makliker en lekkerder, ek gaan dit uit toets. Dankie!!

 

Comment by Michael Cronje on November 25, 2011 at 6:38pm
Plesier Josef en Frans. Haha Frans....ek dink die Bulle nodig nodig 'n blog wat mooi verduidelik hoe rugby werk...
Comment by Frans van Heerden on November 25, 2011 at 6:24pm

Da nkie Michael -Ek het die een n bietjie later gelees. Dis duidelik en baie maklik om te verstaan. Baie dankie - dis genoeg om enige iemand wat die tegniek wil leer goed aan die gang te kry. Dankie vir jou moeite - ek weet egter net nie of die finale produk nie veel eerder die Bulle verteenwoordig as die Cheeta's nie - ek bedoel  vir 2012!

Comment by Josef Steyn on November 25, 2011 at 6:10pm

Dankie Michael vir 'n pragtige blog met 'n klomp baie nuttige inligting. Ek het net begin om PS te gebruik en ek gaan jou blog en aanwysings intensief bestudeer en uittoets. Ek kan reeds sien dat ek baie nuwe tegnieke gaan byleer.

Comment by Michael Cronje on November 25, 2011 at 12:25am

Hier is die artikel waarna Etienne verwys het:

http://www.scottkelby.com/blog/2010/archives/14890

Comment by Michael Cronje on November 23, 2011 at 1:14pm
Dankie vir die bydrae Etienne, het na sy fotos gaan kyk-baie goed
Comment by Michael Cronje on November 22, 2011 at 10:30pm

Groot plesier Erica

Comment by Michael Cronje on November 22, 2011 at 10:30pm

Hi Robbie, dankie vir die kommentaar! Nes ek gesê het, gee hierdie tutoriaal genoeg stof vir 'n debat, maar die essence van my saak is juis nie om die waarheid te praat nie - anders sou ek mos net die oorspronklike foto delete, of hom nét so gewys het. My idee hier is nie om reg te skiet nie, want die foto was al klaar geneem, ek kan dit nie verander nie. My idee is tog om reg te Photoshop as daar nie 'n ander keuse is nie, en ek is bereid om te sê ek het dit gePhotoshop. Die verskil hier is die verskil tussen 'n prentjie (image) en 'n foto. Ek voel daar is plek vir 'n prentjie, en ek deel graag hoe ek so prentjie maak. 

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html