Refleksies in Waterdruppels - Dis Magic!

 

Wat jy nodig het is:

'n  Kamera waarvan jy die sluiterspoed, f-stop en fokus manueel kan stel

‘n  Afstandbeheer om kamera se sluiter te aktiveer(of gebruik mirror lock-up funksie van kamera)

‘n  Makrolens

'n  Driepoot

'n  Sterk flitslig(groterige Maglite of iets soortgelyks) of studiolig

‘n  Addisionele hand flits om mee te belig

Spuitbottel met water, of plastiese inspuiting(om water druppeltjies mee te vorm)

Blomme(Barberton daisies werk goed, maar kan ook ander gebuik)

‘n Tafel of ander werksoppervlakte met 2 blompotjies en wasgoedpennetjies(of iets waarmee die blomme in posisie gehou kan word)

Hier is wat jy doen:

Stel  die blomme op, een blommetjie in voorste blompotjie en een in ‘n potjie direk agter die voorste een, ongeveer 5cm in afstand tussen die twee blomme. Die voorste blommetjie is die een waarop die waterdruppels moet wees. Kies ‘n blommetjie waarvan die blaartjies redelik oop is. (dit kan ook iets anders as blomme wees, dalk ‘n takkie met blaartjies…) Die agterste blommetjie gaan die agtergrond  en refleksies vorm en indien jy iets soos ‘n daisy kies, posisioneer dit so dat die kroon of binnekant na die kamera en druppeltjies wys(gebruik die wasgoedpennetjies hiervoor). Knip die blommetjies dat hulle min of meer dieselfde lengte  en hoogte is.

Wat belangrik is ,is dat die waterdruppeltjie/s wat gefotografeer gaan word, so lê of hang dat daar niks tussen die druppeltjie en die agterste blommetjie(wat die refleksies in die druppeltjies en agtergrond van die foto gaan vorm) is nie.  Gebruik die spuitbottel om druppeltjies op blommetjie te kry of gebruik ‘n inspuiting om die druppeltjies op die blaartjie te vorm) Glyserine kan dalk ook werk om druppeltjies te probeer vorm(wil dit nog self probeer)  Nadat die ligbron en kamera opgestel is, moet jy die agterste blommetjie so bietjie re-positioneer(miskien ‘n bietjie links of regs, hoer of laer), totdat jy die refleksie daarvan in die druppeltjie sien. Sodra jy die refleksie sien kan jy dit ook bietjie nader of verder beweeg. Hoe verder die blommetjie, hoe kleiner sal die refleksie in die druppeltjie wees.Die posisie van die blommetjie sal ook bepaal hoe jou agtergrond in die foto gaan lyk. Wat die agtergrond agter die blomme is, is nie van soveel belang, omdat dit nie werklik in die foto gaan wees nie, maar kan dalk ‘n lap of agtergrond met ‘n natuurlike kleur gebruik.

Stel die driepoot met die kamera op,  reg  voor en dieselfde hoogte as  die druppeltjies wat gefotografeer gaan word. Onthou ons werk met ‘n makrolens en ons gaan baie, baie naby aan die onderwerp moet kom.  Stel die kamera op manuele fokus(dit werk makliker) Minimum diepte van veld is nodig, F2.8, indien moontlik, om die agtergrond(agterste blommetjie) te blur, anders is die fotos baie besig(maar eksperimenteer hiermee en sien hoe jou beelde sal verander).  ‘n Sluiterspoed van ongeveer 100ste v sekonde word aanbeveel, maar sal afhang van jou spesifieke opstelling(hoofsaaklik die sterkte van jou hoofligbron). Gebruik ‘n kabel of afstand beheer om die fotos te neem. Omdat die velddiepte so vlak is en omdat daar op die druppeltjie/s gefokus moet word, moet daar geen kamera beweging wees as die sluiter geaktiveer word nie. As jy nie ‘n afstand beheer vir jou kamera het nie, kan die mirror lock-up funksie van jou kamera gebruik word.(Dit sal die speeltjie van jou kamera eers lig en dan na ‘n sekonde of twee, afhangende van die verstelling op jou kamera, die sluiter aktiveer) So is daar geen beweging van jou wat die sluierknoppie druk of van die beweging van die speeltjie nie.

Stel die hooflig op, min of meer ‘n halwe meter van, skuins voor (min of meer 45 grade) en min of meer op dieselfde hoogte as die blomme. ‘n Redelike sterk lig word benodig. Die lig moet die area waar die druppeltjies is asook die agterste blommetjie kan belig. Gebruik ‘n konstante lig en nie ‘n flitsende lig nie, sodat jy heeltyd die onderwerp duidelik kan sien. Dit is belangrik anders gaan jy nie sien waar en wanneer daar refleksies in die druppeltjies is nie. Dit is hulpvol om ‘n tweede person te vra om met ‘n handflits die onderwerp, soms die druppeltjies en soms die agterste blommetjie(die agtergrond en refleksies), te belig. Speel hiermee en sien hoe die beelde verander. Deur die kamerahoek klein bietjie af te wissel, sal die beelde ook verander. Dis magic!!, en baie lekker om hierdie fotos te neem.:-)

Views: 158

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Annelise on April 19, 2011 at 11:54am
Uitstekend, maar ek dink vir 'n amateur gaan ons darem krom lê soos ons probeer. Dankie
Comment by Igno van Niekerk on April 19, 2011 at 11:06am

Hallo Lientjie -

Jy het sommer vir my iets lekker gegee om mee te eksperimenteer oor die langnaweek. Uitstekende post! Baie dankie! Groete, Igno

Comment by Martie Venter on April 19, 2011 at 9:35am
Baie dankie vir hierdie wonderlike blogpost, Lientjie - ek gaan beslis probeer!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html