Beste Vriende

Ek het nou al by 'n paar geleenthede hier op FS kommentaar op my fotos gekry wat daarop dui dat die foto, of dele daarvan, te rooi vertoon. Dit kan deels my fout wees, want ek is persoonlik lief vir "warm" kleure, maar ek wonder ook watter rol my rekenaarskerm hierin speel.

Ek het bietjie meer gelees oor die onderwerp en somigge kenners beveel aan dat mens jou skerm se kleurprofiel kalibreer. Dit wil voorkom asof dit hardeware benodig wat oor die algemeen glad nie goedkoop skyn te wees nie.

Ek verneem graag of julle raad het oor hierdie saak.

FS groete

Ben van Heerden

Views: 152

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Donald Daniel Jacobs on January 14, 2015 at 2:41pm

Stem ook saam met die opmerking dat elke skerm verskil, kyk maar na TV kykers se skerms , party mense is rooi soos n kalkoen terwyl die ander van groen mense hou

Comment by Donald Daniel Jacobs on January 14, 2015 at 2:36pm

die 'spider ' word gewoonlik aanbeveel maar dis n duur item vir een of twee keer se gebruik. Hoe lyk die ander fotos op fotoskool. as hulle reg lyk dan is dit maar net iets op jou  foto program . Party programme kan jy kies of jy Kodak of n ander kleurskema wil gebruik

Comment by Pierre Hardinge on November 16, 2014 at 5:53am

Ja nee....ne.... dis nou n tamaletjie die.....ek aanvaar maar myne is ok want wie se kleur gaan regwees soos Dine noem almal se skermpies verskil.....dalk moet die ooms en tannies dit ingedagte hou wanner hulle krit....lol

Comment by Dine Potgieter on November 15, 2014 at 9:38am

Spyder is die algemeenste kalibrasie-produk in Suid-Afrika. Jy moet elke paar weke kalibreer, al is jou skerm bemark as 'n sg. "calibrated screen". Ek en 'n paar ander mense het sommer saam die ding gekoop. Dit is nie net sagteware nie - dit sluit ook  'n ding in wat jy fisies op jou skerm sit, wat die kleure, kleurtemperatuur ens aanpas. Net om dinge ekstra ingewikkeld te maak - ek het 'n paar weke terug 'n artikel in 'n Britse fotografie-tydskrif gelees, waar hulle verskillende kalibrasie-produkte vergelyk het - nie een van hulle het die skerm presies dieselfde gekalibreer nie...

Benewens kalibrasie, dink ek verskillende Fskolers se skerms is heeltemal verskillend ingestel wat kontras, helderheid ens betref - ek het nou die dag van my fotos op 'n ander persoon se skerm gekyk - amper 1 na 2 stops ligter, met baie laer kontras.

Comment by Gene on November 15, 2014 at 5:17am

Kontak ORMS in Kaapstad - hulle sal sekerlik weet waar jy die toerusting kan huur

Comment by Pieter Steyn on November 15, 2014 at 4:45am

More Ben - Op PSSA se hoofblad is daar 'n leêr wat jy kan aflaai en stoor hoe om jou skerm te kalibreer - dit gee darem idee hoe die skerm moet lyk. Miskien kan jy daarna kyk. Hoop dit help so effens

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html