Die Blog het ontstaan na aanleiding van 'n vraag oor Kamera Flitse en ek hoop dit is van waarde vir almal.

 

Almal wat al met 'n flits fotos geneem het en met 'n kritiese oog na die fotos gekyk het, sou besef het iets is nie baie lekker met die fotos nie. In die begin stadium kan mens ook nie regtig lekker jou duim op die probleem plaas nie, tot iemand vir dit vir jou uitwys. En dit is presies wat ek vandag wil doen, om uit te wys waarom jou flits van die kamera af moet wees. Ook gaan ek met voorbeelde demonstreer.

 

Eers bietjie agtergrond oor "Remote Flash"


TTL

Daar is 5 kontakpunte tussen die kamera en die flits waardeur inliting na en van die flits beweeg. Wanneer daar met 'n flits 'n foto geneem word, gee die flits 'n kleiner vooraf flits wat die kamera dan lees en dan 'n aanpassing maak vir die finale flits se sterkte om die foto reg te belig. Die proses word deur Canon eTTL (electonic Through The Lens metering) genoem en Nikon noem dit slegs TTL. Die beginsels vir albei is presies dieselfde

 

Remote of afstand flits

Om die flits nog steeds suksesvol van die kamera af te laat werk moet die inligting van en na die flits steeds behoue bly en hier is verskillende maniere waarvan sommiges beter as ander werk.

Die eenvoudigste is die verlengingskabel :

Die groot nadeel van die kabel is die prys (R600-R700) en dan ook die beperkte lengte (sowat 1,5m). Ook gaan hy gedurig in die pad wees

 

Die volgende is die Infrarooi lig metode

Dit is 'n baie algemene manier om 'n flits remote te gebruik en is ook baie gerieflik en maklik. Die maklikste hier is om 'n kamera te kry wat met sy eie opwip flits 'n groot flits kan beheer. Die kamera se flits word hier gebruik as 'n "Master" en stuur die beheerseine uit. Die groot flits word dan op "Slave" geplaas. Die kamera stuur dan die seine uit vir die vooraf-flits asook die sterkte van die finale flits.

 

Wanneer die kamera se opwip flits as 'n "Master" gebruik word kry ek baie die vraag of die kamera se flits dan nie ook die foto beinvloed nie, en dit is 'n baie geldige vraag. Eerstens het ek hierbo genoem dat die metode infrarooi lig gebruik. 'n Gewone flits se ligspektrum sluit ook infrarooi in, vandaar die moontlike beheer van 'n afstand flits. Wanneer die kamera se opwip flits die seine uitstuur, geskied alle instuksies na die flits VOOR die sluiter van die kamera oopgaan - sien dit as 'n "morse kode" wat vooraf gestuur word. Teen die tyd dat die finale foto geneem word, word die foto glad nie deur die opwip flits beinvloed nie.

 

Ook wil ek net hier noem dat die kamera sodanig verstel kan word dat die opwipflits beide as 'n "Master" asook 'n gewone flits gebruik kan word, maw hy kan die seine uitstuur en die foto as 'n gewone flits verlig.

 

Nikon se opwip kamera flitse kan al jare lank hulle eie flitse beheer. Canon het onlangs eers met die 7D en nou die 60D die funksies ingebou in die kameras.

 

'n Alternatief tot die opwip flits, is om 'n groot flits te kry wat ook kan funksioneer as 'n "Master", maar dit is glad nie koste effektief nie. 'n Groot flits van of Canon of Nikon kos ongeveer R4500. Indien die groot flits op die kamera benodig word, asook om 'n ander flits te "slave", kan dit dalk die moeite werd wees.

 

'n Goedkoper infrarooi alternatief vir veral die kleiner Canon kameras wat nie die funksies het nie, is die Canon se ST-E2 infrarooi beheerstelsel :

Soos op die agterste paneel van die ST-E2 gesien kan word kan hy twee groepe flitse op 4 kanale beheer. Dit laat jou baie veelsydigheid toe met jou flitse. Ook is hy ten volle TTL versoenbaar en latere voorbeelde sal die veelsydigheid demonstreer. Die koste hier is so ongeveer R2500

 

Nadele van Infrarooi :

Hoewel infrarooi lig baie gerieflik is, is sy groot nadeel die beperkte afstand waarmee hy kan werk. In ideale omstandighede (Donker lig en 'n reguit gesigslyn) is sy reikafstand so 12-15 meter. Dit is heel skaflik vir 'n klein ateljee of binnenshuis. Buite in die son begin die probleme - hier is sy reikafstand sowat 5 meter en daar moet niks in sy pad wees nie soos bv. takkies, blare ens.

 

Radio-sein metode

In plaas van infrarooi lig kan 'n radiosein ook gebruik word. Die goedkoper eenhede soos Phottix en sekere modelle van PocketWizard kan glad nie met TTL werk nie. Die eenheid werk slegs as 'n "trigger" vir die flits en die sterkte van die flits moet met die hand gestel word. Soms is dit nie te veel van 'n nadeel nie en dit word veral buitenshuis gebruik op groot afstande - 200-300 meter is glad nie 'n probleem nie. Ook het die eenhede nie nodig om in sig van die sender of "Master" te wees nie.

 

Dink hier bv aan 'n geval waar jy 'n groot Boeing 747 wil afneem vir 'n klient met beligting op verskillende plekke. Infrarooi gaan glad nie hier werk nie, maar radio senders wel. Die flashes se sterkte gaan jy elk geval vooraf stel met die hand en 'n ligmeter, dus is TTL nie so belangrik nie.

 

PocketWizard vervaardig 'n briljante TTL versoenbare reeks vir Canon en Nikon nl die Mini Flex TT1 (net 'n sender) en die Flex TT5 (sender en ontvanger)

 

 

Die TT1 word op die kamera geplaas in plek van die flits en die flits word op die TT5 ingeskuif in die beskikbare gleuf. Omrede die eenhede TTL versoenbaar is, is die reikafstand bietjie minder as met die ander eenhede, so ongeveer 100-150 meter. Die prys hier is so ongeveer R2300 vir die TT1 en so R2400 vir die TT5

As gevolg van die TTL, die reikafstand en die feit dat geen lig of ander voorwerpe hier 'n rol speel nie, is die PocketWizard seker die veelsydigste van alle metodes.

 

Nou vir die lekker deel naamlik demonstrasies en fotos met "Remote Flash"

Hier wil ek met fotos demonstreer waarom die flits liewers van die kamera gehaal moet word asook die moontlikhede wat dan daaruit kan volg. Al wat aan die oorspronklike fotos gedoen was is om bietjie te verskerp en te resize vir Fotoskool. Ook het ek al die fotos geneem met Canon se ST-E2 infrarooi stelsel met twee "slave" flitse

 

Ek het die volgende rangskikking afgeneem met die flits op die kamera reg van voor :

Hier is sommer baie fout met die foto ! Die skadu regs agter teen die agtergrond is tipies van 'n flits reg van voor op die kamera. Hier het ek die kamera in portret orientasie gehad, vandaar die skadu regs agter (Die flits was effe links van die blomme). Ook is die agtergrond se kleur ens bietjie valerig en lelik. Die beligting op die blomme is aanvaarbaar

 

 

 

Hier het ek die flits van die kamera afgehaal en net links van die blomme geplaas. Sommer dadelik is daar 'n groot verskil. Die skadu agter teen die muur is weg en die agtergrond lyk klaar baie beter. Daar is egter 'n effense skadu net regs van die potjie. Die blomme se beligting is egter nie heeltemal reg nie.

 

 

 

Hier ek ek 'n tweede flits bygevoeg aan die regterkant en met TTL die regterflits se sterkte verhoog. Hy is egter te sterk vir die linkerflits, vandaar die skadu wat nou weer links van die potjie wys.

 

 

 

Hier het ek net met TTL die linkerflits se krag verhoog om die effek te wys

 

 

 

Met TTL het ek die twee flitse se krag gebalanseer en die beligting lyk vir my heel goed. Die agtergrond pla my egter nog, en kom ons kyk wat kan ons doen om dit mooier te kry. Kyk na dievolgende effek

 

 

 

Dit lyk heelwat beter as enige vorige poging ! Hier het ek 'n geel gel op my een flash geplaas en hom na die agtergrond gerig. 'n Gel is slegs 'n geel filter wat ek oor die flash plaas met velcro. Die agtergrond lig wil ek egter konsentreer en hiervoor gebruik ek 'n grid wat bo-oor die flash met die gel kom.

 

Die grid lyk as volg :

 

 

 

 

Die volgende foto is met die grid geneem vir die agtergrond beligting.

 

Skielik lewe die foto nogal. Let op die mooi weerkaatsing onder met die geel kleur. Die beligting op die blomme en boonste deel van die potjie is nog nie reg nie en skadus kan gesien word. Vir die finale probleem gebruik ek 'n softbox op die regterkantste flits wat ek dan reg van voor hou net buite die foto

 

 

Nou is alle skadus weg en die beligting lyk goed

 

 

Die softbox vir die flits lyk so :

 

 

Kom ons gaan dieselfde prosedure deur met 'n model genaamd Linda Sy het gevra ons moet asseblief net haar mooi blou oë raaksien !

 

Foto met flits reg van voor. Let op die skadus teen die agtergrond.

 

 

Ons plaas nou 'n flits aan die linkerkant van die foto

Let op hoeveel beter lyk die skaduwees nou.

 

 

Nou plaas ons 'n flits aan weerskante van Linda

Haar oë is bietjie donker, maar die beligting lyk baie beter.

 

 

Nou gooi ons die flits aan die regterkant met 'n gel op die agtergrond

Haar gesig is nog bietjie donker, maar die agtergrond lewe behoorlik.

 

Vir die finale foto gebruik ek die flits aan die linkerkant met 'n softbox vir haar gesig aan die bokant net buite die foto

 

Die voordele daaraan verbonde om 'n flits van die kamera af te haal is deur en deur die moeite werd. Daar gaan uit die aard van die saak kostes verbonde wees hieraan, maar dit is regtig 'n  manier om jou fotos meer lewe te gee.

 

Groot studio ligte is ook maar net 'n groot "off camera" flits wat jou veelsydigheid bied omrede die hoek van die lig beter beligting en moontlikhede bied

 

Geniet die eksperimenteer en lekker speel !

 

 

 

 

 

 

 

Views: 339

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Petro Geldenhuys on October 14, 2012 at 8:39am

Dankie vir jou terugvoer. 

Comment by Charles Whitehead on October 13, 2012 at 5:57pm

Petro

Jou kamera self kan nie 'n remote sein stuur nie, maar indien jy een van die 550/580 of die nuwe 600 flashes het kan jy dit gebruik as 'n "master". Dis net bietjie 'n duur manier.

Skaf vir jou eerder die Canon ST-2 controller aan. Dit sal werk met jou kamera sonder probleme

Comment by Petro Geldenhuys on October 13, 2012 at 3:39pm

Baie dankie vir al hierdie inligting Charles.  Ek wil ook met beligting speel, maar weet nie of my camera "compatible" is om die Infrarooi sein na 'n 430ex II speedlite te stuur en sodoende die flash "off camera" te gebuik nie.  Ek het 'n Canon 450 D.  Kan jy help asseblief?  

Comment by Josef Steyn on July 8, 2011 at 5:20pm
Dankie vir die groot klomp moeite wat jy gedoen het om 'n paar baie belangrike lesse te illustreer. Ek het nie tans die toerusting om dit te implementeer nie, maar ek gaan hierdie blog in gedagte hou.
Comment by Frans van Heerden on June 3, 2011 at 12:14pm

Hierdie was n praktiiese les wat baie waardevol is. Dankie Charles. Het jy dalk enige idee of kan jy aanbevelings maak oor die tipe van studio ligte - ek sien al hoe meer dat die goed deesdae as "opvoubare" toetselle te koop aangebied word. Dan ook, wil jy nie vir ons almal dieselfde les aanbied maar dan met ring flitse nie asseblief, dis nou die model wat n mens met makro fotografie gebruik.

DANKIE

Comment by Ernst de Jager on May 5, 2011 at 9:46pm
Dankie dit was leersaam
Comment by Johannes van der Westhuizen on May 2, 2011 at 2:52pm
Dankie vir die advies.
Comment by Charles Whitehead on May 2, 2011 at 9:51am
Tillie/Giel - dankie vir die opmerkings
Comment by Charles Whitehead on May 1, 2011 at 10:19pm

Etienne/Johannes

Dankie vir die kommentaar

 

Johannes

Die Grid en gels wat ek gebruik word gemaak deur Honl Photo in Amerika. Ek het dit ingevoer vanaf B & H in New York.

 

Daar is 'n groot verskeidenheid gels van Honl beskikbaar en is nie geweldig duur nie. Indien jy bestel onthou net die speedstrap wat apart bestel moet word. Dit is die Velcro band om die flits.

 

In Suid Afrika weet ek nie of jy dit dit sal kry nie - ek twyfel eintlik. Probeer gerus Google, miskien is jy gelukkig

 

Groete

Comment by Johannes van der Westhuizen on May 1, 2011 at 9:44pm

Dankie Charles

 

Sal graag wil weet watse grid gebruik jy en waar kry mens die goed in SA in die hande. EK gebruik tans "cellophane" vir gels, maar die kleurversadiging is baie laag. Waar kry mens ordentelike gels in die hande. 

 

Groete

Johannes

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html