Hallo Fotoskolers,

As daar een ding is wat ek van die begin af van fotoskool geniet het, was dit die spontane hulpvaardigheid van fotograwe. Dit was uit die staanspoor nie iets wat ek kon beheer nie, geen mens kan die vorming van 'n kultuur beheer nie - tog het ek ongelooflike waardering daarvoor. Daar is altyd heerlike opbouende opmerkings en mense wat werklik tyd maak om voorstelle te maak en idees te deel.

Gedurende die laaste week of twee is ek konfronteer met mense se verskille in mening oor foto's, wat al dikwels gebeur het, maar in hierdie gevalle was dit asof fotoskool se waardestelsel in twyfel getrek is. Kom ek gee gou fotoskool se beleid hieroor weer. By fotoskool aanvaar ons enige foto wat aanvaarbaar sal wees vir skoolleerlinge. Daar is heelwat skoliere op fotoskool. Dus, sal ons geen eksplisiete naakfoto aanvaar nie. Ons aanvaar egter wel foto's wat jy daagliks in 'n tydskrif sou sien, of wat jy in die natuurlike gang van sake sou raakloop.

Nou bevind ek my egter in 'n grys area. Daar is foto's wat vir sommige mense suggestief lyk, maar vir ander kunstig.Ek kan nie jou opinie beheer nie, maar ek kan tog vra dat jy die foto oordeel op grond van fotografiese meriete, en dat fotograwe nie begin om verwyte en veroordelings heen en weer te slinger nie. Dit gaan niemand help nie.

Ek besef nou al dat hierdie blog verskillende menings gaan uitlok. Maar ek gebruik graag met Gustav se toestemming die volgende foto as voorbeeld. Nou vra ek uit die staanspoor mooi dat julle die gebruik van die foto nie as "aspris" van my kant af aanvaar nie - dit help egter ook nie om die blog te skryf sonder om met 'n foto te illustreer wat bedoel word nie.

Daar is verskillende opinies - vir ons as fotoskolers is dit belangrik om te kyk na die tegniese versorging en komposisie - maar ook na die inhoudelike. En hier is waar die probleem begin. Sommige sal beweer dat die foto uitlokkend is, ander dat dit smaakvol of stylvol is, ander kan beweer dat dit verkeerde gedagtes kan meebring. Terwyl sommige sal kan noem dat dit 'n viering van die skoonheid van die vrou is, sal ander dalk dink dat dit juis die teenoorgestelde is.

Ek maak 'n paar voorstelle, of dan besprekingspunte.

As mens vandag by 'n openbare swembad instap sal jy waarskynlik meisies kry wat meer skamel geklee is. Die model in die foto staan ook nie op 'n onbetaamlike manier wat haar laat "goedkoop" lyk nie. Tog het opinies gewissel in die kommentaar op die foto, en was ek bekommerd omdat mense begin het om mekaar persoonlik aan te vat. Ongelukkig dra dit geensins tot die leerproses by nie. En fotoskool het ten doel om leer en groei te weeg te bring. Vir my is die belangrikste, nee die HEEL BELANGRIKSTE, dat ons sal leer om sinvolle argumente op volwasse vlak te voer oor die aard van ons kuns. 

Deel gerus jou mening in die "comments," maar kom ons weerhou ons van emosionele veroordeling, en ons gesels op 'n lekker volwasse manier oor julle sieninge van die situasie. 
Ek is ook bewus daarvan dat ons altyd verskillende menings sal handhaaf - maar dis juis wat fotografie so lekker maak.

Hoor graag van julle!

Igno

 

Views: 481

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gustav Wentzel on September 25, 2013 at 11:37am

Ek glo elke fotograaf plaas sy of haar foto's op Fotoskool juis omdat daar so uiteenlopende balangstellings veld is in fotografie op die blad. Ek stem nie altyd saam met almal se kommentare nie net soos almal nie altyd met myne saamstem nie. Dit is vir my belangrik om te hoor hoe ander fotograwe wat miskien nie die selfde fotografie as ek doen nie my foto's sien. Ek voel hulle help my om objektiwiteit te behou.

Indien 'n foto wat ek opsit nie binne die waardestelsel van Fotoskool val nie is ek bereid om dit onmiddelik te verwyder. Ek glo almal van ons tree soms te vinnig op as ons voel iets is nie reg nie. Ek het myself al geleer om eers tweekeer te dink voor ek reageer maar kry dit soms ook nie reg nie.

 

Ek glo ook dat die jonger fotograwe (kinders) in ag geneem moet word in wat ons plaas. Die probleem wat wel bestaan is dat daar foto's  vandag in ons tydskrifte en op tv geredelik gesien word wat ons almal voel nie op die blad behoort te wees nie.

 

Ek wil net dankie se vir elke persoon wat die moeite gedoen het om kommentare op die foto van my te maak. Dit maak nie saak of dit vir of teen die foto was nie, dit het ons almal aan die dink gesit wat 'n goeie ding is. Dankie Igno vir die blog ek dink ons almal het weereens geleer daaruit.

 

Die belangrike les hieruit is vir my dat ons mekaar en mekaar se opinies sal respekteer. Ons kan verskil sonder om persoonlik te raak. Sodra ons persoonlik raak dink ons net om terug te kap en dan tree ons verkeerd op. 

Mag die blad net van krag tot krag gaan.

Comment by SJ Botha on September 25, 2013 at 8:55am

Basies gaan ons nooit almal tevrede stel nie en met dit het ek lankal vrede gemaak. Dis dalk goed dat ons so bietjie uit die preutse kas klim en openlik praat oor wat ons afneem.

Comment by Tina le Grange on August 30, 2013 at 2:57pm

Igno baie dankie vir die professionele wyse waarop jy hierdie saak hanteer.  Ek waardeer dit veral dat jy skoliere wat lede is van FS, in ag neem.   Ek kan nie my lewe meer indink sonder Fotoskool nie.  Nogmaals baie dankie.

Comment by Piet Nel on August 29, 2013 at 4:19pm

Met 1953 lede dink ek doen fotoskool baie goed of almal aktief is of nie die is en bly baie lede met almal verskillende sienings oor iets of iemand. Om nou te dink almal moet by my sienings inval net omdat ek nie van iets hou nie is ʼn bietjie teveel gevra sal ek sê en ja ek het ook my speelgoed uit die kot gegooi omdat ek nie van dinge hou nie en dit nie altyd gaan soos ek daarvan hou nie. Die vraag het by my ontstaan; wil ek hier op fotoskool wees dat alles moet gaan soos ek dit wil hê of het ek uit my eie hier aangesluit sonder dwang om deel te wees van ʼn klomp mense en deel te wees van hulle sonder dwang. Nou my liewe vriende jy word nie verplig om hier te wees nie en ek glo ook nie fotoskool gaan alles los net omdat een van ons nie saamstem met iets nie. My raad aan diesulkes en myself is: As ons nie van dit hou wat hier gebeur nie teken uit en laat die wat dit geniet dit doen sonder enige gekla van ons kant af. Fotoskool sal nie onder gaan sonder jou of my nie as ons mooi kyk daar sluit omtrent elke dag lede aan, ons of ons kinders hoef nie aan iets te behoort wat ons benadeel nie. Igno well done met fotoskool ek geniet dit baie en het al my speelgoed terug gegooi in die kot.

Comment by Pieter Steyn on August 29, 2013 at 1:44pm

Goeie middag ja dit was seker nodig om die ongmaklike situasie in die ope te bring, en nou glo ek weet ons wat ons te doen staan. Kyk na die foto en kritiseer die foto - persoonlike aanmerking is geheel en al on vanpas. Ek stem saam met Doretha oor die mense wat al so tuis voel dit voel of dit hulle blad is - dit skep net 'n gevoel van "behoort aan". Ons baie mense met baie idees en menings, verskille sal daar wees, maar ek glo ons is seker volwasse genoeg om dit op teklaar sonder op persoonlik te raak.Die proses soos voorgestel deur Doretha glo ek is die aangewes pad om te gaan as daar jy beswaar wil aanteken oor 'n foto.

Mense geniet fotoskool dit is die lekkerste plek om te wees.

Groete

Comment by Doretha Kock on August 29, 2013 at 12:59pm

Igno, baie dankie vir die blog oor die beleid van fotoskool.  Fotoskool is een van die beste webwerwe op die Net, met fantastiese lede. By my is daar groot waardering vir al die moeite wat gedoen word.

Hier het dit slegs gegaan oor die PROSES wat gevolg is, toe 'n foto as onaanvaarbaar beskou is.  Daar is ge-eis dat die foto onmiddellik verwyder word.

Die opmerking dat lede so tuis voel, dat hulle dink die blad behoort aan hulle, hoef nie as negatief ervaar te word nie.  Dit dui juis aan hoe gemaklik en tuis lede voel en moet in konteks gelees word.  As ek op tone getrap het, vra ek omverskoning.

Daar is by my respek vir ander se menings en sienings.  Per slot van rekening, wie is ek om te oordeel.

Wil net weereens beklemtoon, dit het gegaan oor die prosedure wat gevolg kan word om situasies te vermy.

 

Comment by Tillie Beaton on August 29, 2013 at 11:37am

Sjoe, Igno, hierdie is sommer 'n hele bekvol.  Ek dink ek lewe soms so in 'n dwaal, want ek mis al die fights!  :)  Ek is egter bly dat jy hierdie onderwerp  aangehaal het.  Ek voel elke mens 'n opinie het oor iets, maar dat jy nie nodig het om elke keer  jou opinie te lug nie.  Jy kan mos maar net verby die foto gaan as jy nie daarvan hou nie, soos ek maar soms doen - soos my kind sê:  ignore dit net!  

Maar voor 'n mens regtig kritiek lewer en persoonlik raak, soos blykbaar oor die foto van Gustav, moet jy dalk wonder oor die storie wat die fotograaf wil vertel (jy het my mooi geleer!), en vir watter doel die foto geneem is.  Persoonlike smaak en verskillende kulture en groepe kan maak dat ons elkeen die foto anders sal beoordeel.  En partymaal maak dit dat jy nie van die foto hou nie, al is dit hoe goed gedoen.  Maar bly eerder stil as om persoonlik te raak.   En soos jy sê, Fotoskool is 'n skool en net soos skool, het jy sekere tegnieke en goed om te leer, al hou jy nie van die onderwerp nie.  Ons is mos nou in die groot skool ....

 

 

Comment by Gerrie Lambrechts on August 29, 2013 at 8:59am

Igno baie dankie dat jy die moeite doen om met ons FotoSkolers op ’n volwasse manier te gesels. Ek sal jou ewig dankbaar bly vir hierdie Webwerf asook vir Hennie met sy baie professionele kommentaar en hulp.  Ek geniet al ons skolers baie, en ek kan jou verseker ons is een groot foto-familie. Die natuur wat op vele maniere uitgebeeld word is God se skepping en ons moet dit deur Sy genade aanvaar en respekteer. Groete.

Comment by Pierre Hardinge on August 29, 2013 at 8:32am

Igno, baie dankie vir die skrywe wat jy geplaas het ek waardeer dit geweldig baie en wil hier, deur my skrywe, aan jou sê dat ek die wêreldse respek vir jou en jou span het, oor julle proffesionele wyse hoe julle die kuns van fotografie beheer benader en bedryf. Ek het ook ontsaglike respek vir julle as fotograwe wat heelmoontlik al vergeet het wat ek nog moet leer.

 

Dit is my wens dat beide my en jou skrywe met die nodige respek en agting gehanteer sal word en dat volwasse mense gehoor sal gee aan jou pleit dat dit op volwasse manier bespreek sal word sonder om ander mense toe te snou of uit te kruit. Ek dink dat die tyd om ander volwasse mense as kindertjies uit te maak is verby en dat jy nou aan ons die platform gee om die kwessies te bespreek. Dit is ook my wens dat mense ook die skrywes met die nodige aandag aandagtig sal lees sonder enige vervooroordeling....anders help jou skrywe en platform net mooi niks...

 

Ek gaan nie die platform misbruik en ook nie ou koeie uit die sloot haal nie....wat gebeur het tydens die plasing van hierdie foto het gebeur en is oor en verby...en ek glo dat heelwat mense het intussen aan beweeg.

Ek wil graag van die platform gebruik maak deur nederig onverskoning te vra as ek op enige tyd n fotograaf persoonlik te na gekom het op die manier waarop ek te werk gegaan het....ek vra nie onverskoning vir wat ek gese het nie bloot die wyse waarop ek opgetree het. Ek doen dit op n ope debat sodat almal dit kan sien. Dit was en is geensins my bedoeling om die person aanteval nie,maar die mensdom in geheel...dit sal help as n person die opinies en kommentaar aandagtig lees en deurdink voordat daar n reaksie op uitgeoefen word...dit is belangrik dat n skrywe met die nodige aandag gelees word en ook in die konteks van die geheel gesien word....

Ek het dit van die begin af heel duidelik gestel in my kommentaar en in die "mainroom" dat ek nie die person/fotograaf aanval nie of dat ek enige iets teen so n person het nie....dit was duidelik gestel in plein verstaanbare Afrikaans, daarom sal dit help as n skrywe aandagtig en sorgvuldig gelees sal word in die lig en konteks waarin dit geskryf word.

 

Ek en my gesin is gaande oor Fotoskool en ons geniet almal se kommentaar en idees terdee....dit is werklik n riem nder die hart om deel te wees van so n groep mense in die geheel. Dit is absoluut wonderlik om vroeg oggend optestaan met die wonder oor waste mooi en interresante fotos daardie dag geplaas sal word...soms verstom te wees oor die kwaliteit en om soms net lekker te lag oor die segoed....om soms weggevoer te word na ver afgelee eilande en lande in verre noorde of die verre suide... om dan weer terselle tyd in ons eie land verstom te staan oor die pragtige tonele van die ooste tot die weste en suid tot noord van kus tot kus en berg en dal met valeie wat asemrowend is en dan weer erens in iemand se tuin n gogga of ses of dan weer jou blind te staar aan n drupel wat oor n blaar loop.... Dit is wonderlik as jou skerm aangaan en leeu brul in jou gesig of n voël vlieg oor jou kop... dit is wat so lekker is....in jou eie huis kan jy die wereld ervaar en sien....en daarom n groot dankie aan die lede wat gereeld hulle fotos plaas ...dis "Awesome"

 

Dit is egter baie hartseer vir my om te verneem dat daar sieninge is dat sommige mense die blad as hul eie beskou...regtig jammer dat dit so moet wees en die kwessie van "bekgevegte" is juis omdat  skrywes nie sorgvuldig gelees word nie... die nagevolg van skrywes wat nie aandagtig gelees word nie ly tot aannames wat ongegrond en niks seggend is en tot bekgevegte....iets wat nie op Fotoskool hoort nie.

 

Ek sal my voortaan toespits om kommentaar te lewer en nie opinies nie...

Ek wil net noem dat die mooiheid van vrou of die sensualiteit le nie net by haar afge etse liggaam nie ,maar primer hoe sy haarself in die samelewing gedra/hanteer hoe sy haar rol as waardige vrou speel, haar liefde teenoor haar kinders en die liefde en onderdanigheid teenoor haar man. Niks is mooier as n vrou met n Liefde Vir Jesus nie.

Ek wil afsluit deur die vraag te vra : " Sal jy as fotogaaf jou baba, dogter en vrou ook so kom uitbeeld op Fotoskool" ? "Sal jy jou familie op dieslefde wyse afneem"?

 

Ek skaam my nie vir Jesus en Sy wet nie ek staan daarby... 

 

Comment by Renette van der Merwe on August 29, 2013 at 8:27am

Igno baie dankie vir die blok ek waardeer alles wat jy daarin sê maar foto's soos kinders wat half naak poseer staan my nie aan nie Die foto van Gustav is heel aanvaarbaar en baie mooi, ek respekteer Fotoskool se voorbehoudings in die plaas van foto's  Ek stel voor hulle hou by die tema foto's en interesante foto's wat ons as publiek ons kommentaar kan lewer.Dit is lekker om 'n Fotoskoler te wees. Ek geniet elke oomblik daarvan Baie geluk met die puik program.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html