Goeie more, ek wil kom raad vra ek moet oor 2 weke dormer skape gaan afneem.

As enige iemand kennis het in die gebied sal ek 'tips' waardeer asb.

 

Views: 297

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on March 29, 2014 at 5:56am

Chris is in die kol met sy raad Elma nou het ek ook iets nuuts by geleer dankie

Comment by Elma Coetsee on March 25, 2014 at 10:19am

Chris baie dankie vir jou tyd en moeite om my te antwoord. Ek gaan verseker jou raad volg, hou maar net duim vas die fotos kom mooi uit. Die idee van die hond is briljant ek sal sorg dat my worshondjie saam gaan want sy bly altyd by my voete en dis waar die skape staan dadelik op "aandag" as hulle 'n hond gewaar.Uitstekende "tips" wat jy my gegee het, baie dankie ek waardeer. Sal jou verseker laat weet hoe dit gegaan het. Sien nou sommer uit vir die uitdaging.

Comment by Chris Jooste on March 24, 2014 at 8:14pm

Hallo Elma,

Wanneer jy diere afneem, is 'n paar dinge belangrik. Hierdie geld nie net Dormers nie. Ek weet nie of jy naby gaan wees nie, maar ek sal bietjie probeer raad gee vir al die gevalle. Neem die diere verkieslik in die oggend of middag af.  In die middel van die dag is die son reg bokant die diere en die skaduwees is hard. Die oggend of middagson is lekker sag en jy kry makliker lewe in die oe - veral die oggendson. As jy naby is:

  • Hurk of sit op die vlak van die diere.
  • Neem effens skuins van voor af. Dan vertoon die skape net soveel beter as 100% dwars.
  • Sorg dat jy die oe, of minstens een oog, kan sien en daar moet verkieslik lig in die oe wees. Gebruik die kameraflits om lig in te vul as dit nodig is.
  • Probeer dat jy al vier pote kan sien en dat die dier gemaklik staan.
  • Die ore MOET vorentoe wees. Kry iemand om die diere se aandag te trek deur 'n hoed te waai of so-iets as dit nodig is.
  • Die diere se koppe moet mooi opgelig wees vir 'n mooi houding. Veral ramme moet mooi manlik vertoon.

As die diere ver of in die veld is:

  • Weer eens moet hulle vir jou kyk.
  • Die oe en ore vorentoe bly altyd belangrik wanneer jy diere afneem.
  • Verskuif jou posisie om kleiner groepies diere uit te sonder. 'n Baie wye foto maak die skape klein en ver.
  • Kyk vir mooi komposisies soos 'n ooi en lam, of ram saam met ooi en lam, of 'n paar lammers bymekaar of ooie wat met 'n paar lammers staan. Dis nie altyd maklik nie, want die ooie gaan staan tussen jou en die lammers om hulle te beskerm. Skape wat in weiding wei, maak ook mooi foto's.
  • As dit moontlik is, neem 'n goed opgeleide hond saam BY jou wat nie die diere sal jaag nie. Skape kyk altyd vir 'n hond en dan is hul aandag pragtig in jou rigting.
  • Kry mense wat die diere rustig in jou rigting kan aankeer sonder dat hulle aan die hardloop gaan. Daardie mense moet dan sommer net daar bly staan sodat die diere nie wegloop of weghardloop nie. 'n Skaap kry maklik koers agter 'n ander een aan.

Ek hoop dit sal jou bietjie help.

Sterkte en laat weet hoe dit gegaan het.

Chris

Comment by Elma Coetsee on March 24, 2014 at 8:50am

Dankie SJ ek gaan my bes doen, maar nogal senuweeagtig want ek kry die week eers my nuwe kamera so daar gannie veel tyd wees om eers die kamera te leer ken nie. Hou maar duim vas.

Comment by SJ Botha on March 24, 2014 at 6:52am

Hou alles net so natuurlik as moontlik.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html