Ek sukkel met slow shutter speed. Ek wil baie graag 'n foto neem van hoe die motors beweeg en dan daardie rooi streep(e) agter die motors wys, maar mens kan nie die motor sien nie.  Ek wil so so so graag so 'n foto neem, maar kry dit eenvoudig net nie reg nie.  Enige makliker manier hoe om dit te doen?? HELP!

Views: 127

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Michael Cronje on February 22, 2012 at 2:49pm

Hi Sonja, jy moet net kies waar jy die kar wil he.. bv as jy die rooi agterligte wil sien, dan moet jy eers 'kans' gee vir die rooi streep om te vorm, dan neem die kar af haha. Of van voor met die hoofligte. Maar ja, jy gaan twee fotos moet neem... So ja, die een foto neem jy voor die kar in die prentjie is soos Charles se, en die ander een enige plaek waar jy die kar wil sien.

Comment by Charles Whitehead on February 22, 2012 at 2:26pm
Sonja
Begin die foto voor die motor in jou kamera se gesigsveld inbeweeg. Jou shutter is hopelik lank genoeg oop sodat die liggies in en ook uit jou foto beweeg
Comment by Sonja de Kock on February 22, 2012 at 10:00am

ok dankie, maar nou klink dit weer ingewikkeld.  Wanneer moet ek dan die foto neem? wanneer die kar verby is of aankom of in die middel? LOL

Comment by Michael Cronje on February 21, 2012 at 4:28pm
O ja, moenie die driepoot beweeg tussen die twee twee fotos nie!
Comment by Michael Cronje on February 21, 2012 at 4:24pm
Hi Sonja! Wat Johan en Charles gese het hier onder is reg. Maar, as mens net een foto neem dink ek gaan jou kar altyd verdwyn. Na jy die long exposure geneem het, verstel dan jou settings na 'n vinniger SSpoed, miskien n hoer ISO en groter aperture (dalk n flash maar jy gaan dalk ongelukke veroorsaak haha), en neem n foto van 'n kar net na hy verby is. In photoshop kan jy dan die twee fotos se inligting bymekaar smelt met bietjie PS skills.
Comment by Sonja de Kock on February 21, 2012 at 12:00pm

Dankie.  Ek sal definitief die foto (wanneer ek dit regkry) op fotoskool plaas! 

Comment by Charles Whitehead on February 21, 2012 at 11:51am

Sonja

Soos Johan noem is dit eintlik maklik. Plaas jou kamera in Aperture mode en jou aperture so op f5.6, ISO laerig 100-200. Gebruik 'n driepoot vir jou aksie asb. Neem nou plaas by 'n kruising of iets waar daar redelik verkeer is. Wees maar net asb versigtig vir rondlopers of skelms wat reken hulle het jou toerusting meer nodig as jy. Moet liefs nie alleen gaan nie

Plaas nou lens op manual fokus en probeer fokus op iets in die omgewing van die kruising - verkeerslig of stilstaande motors ens. Wanneer jy iets sien aankom, druk die shutter versigtig om nie die kamera te laat bewe nie. Omrede dit donker is gaan jou shutter oopbly vir 'n hele ruk afhangende van die hoeveelheid lig in die omgewing en jy gaan presies kry waarna jy soek !

Eksperimenteer gerus met hoër ISO's vir korter tye (maar met meer noise !) of met jou aperture so na f8-f11 se kant vir baie lang tye. Zoom ook in of uit om meer om minder van die omgewing in te kry. Jy sal gou die gevoel van die aksie kry.

Lekker speel :-)

Comment by Sonja de Kock on February 21, 2012 at 11:34am

DANKIE! ek gaan beslis hierdie probeer oor die naweek.

Comment by Johan van Zyl on February 21, 2012 at 11:26am

Hi Sonja probeer dit

Night photography can open up an entire new world of special effects that are not that difficult to create. Try going to an overpass or location close to a busy street and set up your camera on your tripod. You will want to use a long shutter speed (bulb if possible) with a small aperture opening(F11-F22). Experiment with keeping your sutter open from 30 sec to 10 min.

As the cars pass by their headlights create streaks of light that move across your photograph. The magigal effect is seen after the shutter is closed and the long exposure print is examined. What is seen in your picture is: the streaks of light from the headlights and tail lights, the road and any roadside objects or buildings. But the cars are invisible. Since the cars are moving rapidly the camera has no time to register the light reflected off their bodies rendering them invisible to the camera. Link www.best-family-photography-tips.com

 

Hoop dit sal help

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html