Nou ja julle,ek moet so bietjie bieg...............ek sal myself nou glad  nie as "goeie" fotograaf uitgee nie maar ek is mal oor fotografie.

So glo ek al vir jare dat n "goeie" foto moet so geneem word,daar moenie ge "edit" word nie. Ek het altyd skeef gekyk as ek van al die wonderlike programme hoor en die uitdrukking van "Photoshop" dit of gaan kyk wat kan Elements met die foto bereik of gebruik Lightroom vir die daai of die ander. Nee nee nee,het ek geglo,sorry vriend/vriendin maar as jy al daai programme nodig het,dan is jy nie goed met jou kamera nie. Met die uitkyk het ek myself baie laag op die lys van fotograwe geplaas en het baie min my fotos vir iemand gewys

Toe ontdek ek ook die waarde van al die wonderlike toormiddels. Ek glo nog steeds dat n "goeie" foto kan na bo styg sonder al die programme se hulp maar ek moet se.......dit help ook soms om die foto, wat ek altyd in die "blik" laat beland het ,nou dalk n kans vir oorlewing te gee.

En vir dit,moet ek vir Fotoskool se lede baie dankie se. Ek sou dit nooit gewaag het sonder al die raad en kommentaar wat elkeen al op my fotos geplaas het nie. Ek is nou so "Wintie" ek gaan tot n dag kurses doen om my sagteware beter te verstaan en ook te gebruik. (gaan beslis probeer om skewe horisonne reguit te trek van klaar geneemde fotos)

Dankie julle...........dis n GROOT voorreg en eer om deel van Fotoskool te wees

Views: 115

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on September 3, 2014 at 12:04pm

Ek stem saam Elna en sonder Fotoskool het ek lankal opgehou foto's neem.

Dankie vir julle almal se inspirasie en ja ek het agtergekom Photoshop is nie net daar om plooie uit te haal nie  :-)

Comment by Pieter Steyn on September 3, 2014 at 5:31am

Goed geskryf Elna - ja sonder die toormiddels sal baie fotos in die asdrom beland het - ons moet maar gebruik wat ons kan

Comment by Pierre Hardinge on August 28, 2014 at 12:32pm
Awesome Elna
Comment by Tersia Weitsz on August 28, 2014 at 5:00am

Jy moet jou geheime met ons deel, hoor

Comment by Donald Daniel Jacobs on August 26, 2014 at 9:24pm

bly jy sien die lig..... : )......... Ek het eers met   paint van windows begin rond speel voor ek nog n digitale kamera gehoor het van en n scanner was net in comics. eerste photoshop was weergawe 4 maar stem 100% saam dat fotoskolers my uiters baie geleer het en elke kommentaar op elke foto toets ek op my fotos en kyk of die resultaat n verbetering in my foto maak. So dankie almal

Comment by Elna Geringer on April 11, 2014 at 10:35am

Dis nogal waarGerrie,ek het nou nooit so daaraan gedink nie. Jong ek is hondmal oor Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on April 9, 2014 at 5:41pm

Elna ek het ook soos jy gevoel oor verandering aan foto's, totdat Hennie gesê het, dat die tyd toe foto's van films gemaak is het die films die verwerking in gehad en nou moet ons dit doen, so eintlik werk ons in die donker kamer met ons programme...Ek is bly jy geniet dit net so baie soos ons almal.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html