In reaksie op die navrae hoe ek die foto, getiteld "Kortsluiting" geneem gaan ek hiermee probeer verduidelik.

EK moet terstond noem dat my huisige gasheer land, Kuwait, is nie die mees geskikte plek vir fotografie nie. Dis n vuil land, met geen mooi natuur nie en dis nou, in die somer, baie warm. Vandag het die temperatuur weer 52 grade Celcius gemeet.

Ten einde te verhoed dat n kamera se sluiter dalk net vas roes, word n mens dus gedwing om in die aand te gaan soek na iets om af te neem. Selfs nie eers dit is altyd suksesvol nie aangesien daar n oor sensitiwiteit by die mense, die polisie en die weermag is en n fotograaf kan maklik onnodige en sonder rede, lastige besoeke kry. Die land het die destydse inval deur Irak nog lank nie vergeet nie.

Die spesifieke foto ( "Kortsluiting")is in 2008 geneem in die voorstad Al Ahmadi, waar die hoofkantoor van my werkgewer, Kuwait Oil Company gelee is. Die voorstad is ook die kernpuntvan die olie en gas bedryf van die land.

Aan die einde van Januarie vier die land fees. Die paar dae dien as herdenking van die einde van die Irakese besetting van Kuwait en hulle gedenk ook hulle onafhanklikheids-wording. Deel van die feeste is dat die stad en veral in Ahmadi, in helder en verskillende kleure liggies getooi word.

So het ek in Desember 2008 dus gaan kyk en na beeldmaterial gaan soek. So kon ek hierdie en ook n ander foto (Ligtonnel) neem.

Hoe ek dit gedoen?

Die tegniek wat hier ter sprake is, staan in die algemeen as die "zoom-burst" effek bekend.

Ek moet net eers noem dat die objek wat ek gefotografeer het, was n lig wat in die grond geplant was en wat uit n paar klein "Light Emitting Diodes"(LED's) bestaan het. Die LED's was in sirkels geranskik. Aangesien die lig in die grond was, kon ek my kamera maklik daarna wys. Ek het my D300 met die "kit lens" gebruik. Dit is n Nikon 18-200 f3.5 zoom  lens. Die zoom vermoe van die lens is tot n groot mate vir die sukses van die foto verantwoordelik. Aangesien dit in die aand was, was die lig dus beperk en moes ek dus van lang sluiterspoed gebruik maak. Die lang sluiterspoed het beteken dat die sluiter lang oop gebly het. In die tyd waarin die sluiter oop was, het ek bloot die zoom fasiliteit gebruik en in ge-zoom. Die zoom effek het die "strepies in die foto veroorsaak.

Die spesifieke verstelling was as volg:

fokus lengte: 65 mm, F11 spoed van sluiter 1.16 sekondes en Matrix metering.

 Die LED's is dus die kolletjies wat aan die punt van elke strepie  te sien is.

In wese is die beginsel hier te sprake presies sso wat n mens volg om die rooi en wit lig strepe van motors in die aan kry. Die vereiste bly n stadige sluiterspoed en n klein lens opening ( f 11 of f 22)

Die "bewerige" effek van die strepies is juis omdat ek die kamera in die hand gehou het en nie van n driepoot gebruik gemaak het nie. In die geval van voertuie in die straat wil n mens juis die liglyne reguit sien en derhalwe gebruik jy n goeie driepoot.

Daar is variasies op die tegniek. So kan n mens soek na n ligbrong met ligte van verskillende kleure. Of jy kan ook vir n baie kort gedeelte van tyd die zoom stil hou en dan weer verder zoom. Met ander woorde jy onderbreek die zoom proses vir n baie kort periode.

N mens kan ook jou kamera "swaai" en so n "motion blur" effek kry.

Die belangrikste is dat n mens moet eksperimenteer en sien watter effek jy kry. Wees asseblief net versigtig om nie jou kamera te laat val nie - die foto is nie n beskadigde kamera werd nie.

Die foto hieronder is tydens dieselfde geleentheid geneem, Dit is n wandel-laan wat verlig is met liggies van verskillende kleure wat in n boog vorm oor die wandelpad geranskik was. Kyk weer hoe die zoom effek gebruik is.

Ek hoop dit help en dit inspireer om te probeer - wag maar tot die weer in Suid Afrika warmer is voor jy dit tegniek gaan toepas.

Ek hoop ons sien van die pogings hier op Fotoskool.

Views: 141

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on June 27, 2014 at 4:32pm

Dankie vir jou inligting Frans;  die zoom-burst effek laat my dink aan die tegniek wat Pierre vir my geleer het;  ek en hy het al sulke foto's afgelaai met die neem "wikkelfoto's".  Hy het so pas soortgelyke foto's in vertikaal afgelaai. Jy het ligte gebruik waar ons tot dusver plante gebruik het.  Pierre weet veel meer hiervan as ek

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html