"Spookbeelde" op digitale kamera vasgevang?

SPOOKBEELDE....

 

Ek wil ‘n klip in die bos gooi...

Hier naby Bloemfontein is ‘n plek genaamd, Sannaspos, met ‘n ryk geskiedenis van oorlog en ook spookstories.

 

Wikipedia:

Sannaspos is 'n spoorwegaansluiting sowat 30km oos van Bloemfontein in die Vrystaat. Die N8 nasionale pad gaan langs die nedersetting verby. Hier het 'n groot geveg in die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind tussen die Boere en Britse magte op 31 Maart 1900.

Slag van Sannaspos

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het Bloemfontein sy water van 'n keerwal in die Modderrivier by Sannaspos gekry. Na die oorname van Bloemfontein deur die Britte op 15 Maart 1900 het generaal Christiaan de Wet besluit om Sannaspos aan te val en Bloemfontein se watervoorraad af te sny. Die Boere het nuus gekry dat 'n Britse konvooi onderweg was van Thaba Nchu na Sannaspos en op 30 Maart hier sou kamp opslaan. Daar was reeds 'n Britse mag van 1 700 man onder bevel van generaal RG Broadwood by Sannaspos.

Die Boeremag van 1 500 het op 31 Maart 1900 teen sonop aangeval. Die meeste Britte was nog aan die slaap en Broadwood en sy mense is gedwing om te vlug. Generaal de Wet het 400 Britte gevange geneem en sy mense kon ook daarin slaag om die konvooi van 80 waens by Kroonspruit daar naby oor te neem.

 

Op ‘n helder sonnige dag het ons daar ‘n besoek afgele met die ou motors.  Soos gewoonlik oral foto's geneem van alles en nog wat.

 

1  Foto  - links bo en onder- was in ‘n stofpadjie geneem.  Geen motors of geboue in die nabyheid wat weerkaatsings kon veroorsaak nie en tog...  My man reken ek verbeel my,  maar ek sien ‘n vrou se gesig met rooi lippe en ‘n outydse hoed op. Sy kyk regs.

2  Die tweede foto is geneem in die veld naby die begraafplaas onder die bome.

Omtrent horisontaal met die man se elmboog en vertikaal met die boom sien ek ‘n man met weermag klere aan. Outydse helm op die kop.  Bandelier oor die skouer en as jy mooi kyk sien jy ‘n wit ster met 5 punte op sy bors.

Die foto regs.  Trek 'n  horisontale lyn met die man se elmboog en waar dit kruis met 'n vertikale lyn vanaf die grootse boom agter, sal u die foto links aantref.  Ek stel voor regs klik op die foto en laai dit op u rekenaar af.  Kyk en speel dan om te sien of u ook sien wat ek "sien"

Wat ook help is om die foto op Photoshop te laai en dan met die levels te speel.  Die foto vertoon dan duideliker.

Indien die foto nie duidelik is nie verskuif net of verander u posisie voor die rekenaar

                        

Glo my ek is nie bygelowig nie.... sien nie spoke nie, maar sou graag wou hoor of nog fotograwe al snaakse beelde op film vagelê het?

Terloops daar was nie gepeuter met die foto's nie!

Ek was nog altyd te bang/skaam om 'n mening in te win oor die foto's.   Ek hoor graag u mening!

Groete

Sylvia du Toit

Views: 540

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Michael Cronje on August 2, 2012 at 12:16pm

Dis vreemd omdat dit fotos is van 'niks' nie... 'n halwe mens en 'n stuk veld??

Comment by Liz on August 2, 2012 at 12:05pm

Huh?

Comment by Debbie Louw on August 1, 2012 at 10:56pm

Hi Sylvia Sukkel om te sien wat jy sien sou graag wou. Ek wonder of mens n sirkel om dit kan trek

Comment by Gene on August 1, 2012 at 6:36pm

Dis dalk net

Stofspikkel

wat

die sensor wikkel.

Comment by Coline du Toit on August 1, 2012 at 6:20pm

Baie interessant Sylvia.

Gedink dis net Hennie en JJJ wat snaakse goed in fotos sien!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html