Goeie dag almal. Ek is n ou lid van Fotoskool maar baie onaktief. Ek wil graag met sport foto's begin neem. Ek het al bietjie opgelaas oor van my "settings" maar wil graag raad vra. Ek het n canon 1000D met n 70-300 sigma lens. Ek is in besit van n monopod en hopelik genoeg memory kaarte. Ons byeenkoms is in standerton (middag aand). Enige raad/advies om die foto ervaring meer "professioneel" te maak en die foto uitkomste mooier?
Dankie.

Views: 83

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on March 14, 2018 at 8:19am

Hallo Corné. Ja, dis 'n lekker uitdaging wat jy het. Ek hoop net dis nie al verby nie!  Jou kamera vergroot foto's met 50% omdat dit 'n halfraam kamera is. Dws met jou lens het jy 'n fokale afstand van ongeveer 100-450mm. Daarmee sal jy regkom, maar dit hang af van hoe na jy aan die aksie kom. As jy weg van die baan is, sal jy waarsk 'n sterker lens benodig met 'n effektiewe fokale afstand van 800-1000mm. Maar terug by jou apparaat. Stel die kamera op "speed priority" (Tv) met die ligskuif op -0.7. Die spoed moet minstens 1/500sek wees, maar probeer dit opstoot na 1/1000sek. As jy die atlete van dwars afneem, moet die spoed 1/1000-2000sek wees, maar as jy hulle van voor of skuins van voor afneem, sal 1/500-1000sek reg wees. Dan moet jy jouself so posisioneer dat die agtergrond so min moontlik steurende objekte in het (moeilik by skoolbyeenkomste). Staan op een plek en neem jou foto's vandaar. As dit donker word, het jy 'n probleem. Dit hang egter af van hoe sterk die spreiligte is. Stoot dan die ISO op na 800, wat dit makliker maak om die spoed te handhaaf. Sterkte - ek sal graag van die foto's wil sien!

Comment by Tina le Grange on March 13, 2018 at 7:20pm

So jammer Corné ek kan ongelukkig nie help nie. Alle sukses vir jou! 

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html