Springs was omskep in 'n sprokie

Die oggend hoor ek op die nuus dat ons kan koue verwag en op sommige plekke het dit gesneeu. Ek staan op kyk deur die venster. Groot was my teleurstelling om geen sneeu te sien nie. Ek gaan werk toe en dink nie dit gaan werklik sneeu nie, alhoewel die wolke lekker dik is. Watter wonderlike verrassing om fyn wolletjies te sien val. En wat het ek my net my selfoon en geen goeie kammera nie. Dit was so 10h00 die oggend

Toe ek die middag huis toe ry, ry ek in 'n sneeu storm in. Ek woon net 10 km van my werk af. En die storm is so 5 km van my huis. tuis gekom en geen sneeu gevind nie. Bel gou my broer om saam met te gaan fotos neem met my Fujifilm. Dit is moontlik nie van my bestes nie en ek leer nog baie.

 

 

 

Dit was groot pret. Die vorige keer toe dit so baie gesneeu het was in 1984 en toe weer in 2007. Dit was bitterlik koud. Ek is bly ek kan dit met julle deel

Views: 167

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mariska Cilliers on August 13, 2012 at 1:27pm

Sjoe dis pragtige fotos Ellen! Dankie vir die deel.

Comment by Gerrie Lambrechts on August 12, 2012 at 5:43pm

Pragtig Ellen jy het dit mooi afgeneem, dankie hoor.

Comment by Tina le Grange on August 12, 2012 at 4:57pm

Baie dankie Ellen dat jy hierdie sprokiesland met ons deel;  pragtig!  Ons sien nou wel nie sneeu hier in die Durbanville, Wes-Kaap omgewing nie (behalwe klein bietjie op die berge), maar die sneeu-koue is in ons murg en bene.

Comment by Gene on August 12, 2012 at 3:15pm

Dankie vir die foto's - in Pta het net 'n paar vlokkies geval , maar die selfone was orals uit om die sneeu af te neem.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html