Graag deel ek die prosedure wat ek gebruik om met Photoshop 'n aantal fotos te "stack"  (Ek gebruik Photoshop CS5).

 

Die doel van "stacking" is om 'n aantal fotos wat op verskillende vlakke gefokus is saam te voeg sodat 'n foto verkry kan word wat oral in fokus is. Ek gebruik dit veral in blomfotografie wanneer dit my doel is om die hele blom in skerp fokus te kry en waar dit nie moontlik is om 'n klein lensopening te gebruik nie en ook omdat, selfs met 'n klein lensopening, dit dikwels nie moontlik is om fokus oor die hele blom te behou nie.

 

Om stacking te kan doen is die volgende essensieel:

     Jy MOET 'n driepoot gebruik en sorg dat dit stewig staan.

     Die blom (of wat jy ookal wil afneem) moet absoluut stil wees. Dit moet dus 'n windstil dag wees as jy buite afneem, of jy moet die blom goed anker of jy moet binnenshuis afneem.

 

As alles reg opgestel is, stel jou lens op "manual focus" en fokus skerp op 'n deel van die blom wat naaste aan jou is. (As jy 'n geblurde agtergrond wil verkry, gebruik 'n groot lensopening bv f2.8 of f3.5).

Gebruik 'n "remote" om die sluiter te aktiveer of gebruik die 2 sekonde timer.

Ek gebruik meestal die "live view" vir fokussering want my kamera, en ek glo meeste kameras, laat toe om die live view beeld 10 keer te vergroot sodat mens baie akkuraat kan fokus. Dit is egter nie essensieel nie.  

 

Vir die tweede en daaropvolgende fotos, fokus elke keer op 'n volgende vlak totdat jy by die verste blaar uitgekom het. Onder geen omstandighede moet die driepoot of blom gedurende hierdie proses versteur word nie.

 

Ek vind dat vier of vyf fotos gewoonlik genoeg is. Die aantal fotos moet ook beperk word want die stacking proses gebruik baie rekenaar geheue.

 

As jy die fotos op jou rekenaar gelaai het, laai Photoshop en volg dan die volgende stappe:

  File

     Automate

        Photomerge.

Die Photomerge skerm verskyn nou.

    Kyk by die onderkant van die skerm - daar is drie blokkies wat gemerk kan word.  MAAK SEKER AL DRIE IS ONGEMERK. 

       Kliek op "browse", highlight die hele reeks fotos en kliek OK.

 

Wag 'n wyle tot al jou fotos in die layers panel van PS verskyn.

 

Die rekenaar sal nou begin werk en eerstens die layers "align".

 

Sodra die rekenaar klaar is:

 

   Kliek op  EDIT

            Selekteer: Autoblend layers.

               'n Skermpie sal verskyn. Kies "stack images", en  OK.

 

As die proses afgehandel is:

    Kliek op layers en flatten image.

 

Die foto is nou gereed vir normale verdere redigering.

 

Ek vind dikwels dat, ten spyte van al my voorsorgmatreels, daar tog by die rande van die blomme 'n bietjie spookbeelde verskyn. Ek "clone" dit dan maar weg.

 

Laat weet as julle nog vrae het

 

 

 

Views: 100

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Josef Steyn on October 19, 2012 at 9:13am

Dankie Simon. Jy het 'n belangrike  bydrae gelewer.

Comment by Simon Joubert on October 19, 2012 at 8:21am

a few other notes regarding stacking, when going very close ie with an MPE 65 a stacking rail is essential.  further you must be careful not to use too many images as too much in focus really can flatten an image.  finally, the most user friendly package available to do this is from Zerene Systems.

 

Comment by Josef Steyn on October 14, 2012 at 12:29pm

Dankie Rudi. Ek vind dit 'n nuttige tegniek.

Comment by Rudi Kleynhans on October 14, 2012 at 10:35am

Dankie vir die deel van die nuttige inligting, Josef.  Ek gaan dit beslis probeer!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html