Stap vir stap - Deel 11 - Inleiding tot lense

Net sodra mens dink jy verstaan lense sal een of ander wysneus praat van 'n F2 superzoem, wat mens laat dink aan daai vervlakste flightsimulators met die skewe horisonne waar jy dikwels in vlamme opgegaan het, beswaarlik voor jy kon opstyg.
Ja, ek weet daar was jonges wat 'n natuurlike aanleg gehad het, en, met hulle een vliegtuig, die hele wereld kon aanvat. Dis juis hulle wat nou praat van F2 superzoems. Asof niemand anders sal weet nie.
Nou eerstens, in terme van lense gaan ek dit baie eenvoudig probeer hou.
Ons gewone mik-en-druk kameras het gewoonlik 'n klein lensie wat, soos James Bond s'n, weer wegsak in die kamera as mens die kamera afskakel. Hulle is vas aan die kamera en kan nie geruil word nie.
Dan is daar die kameras wat bietjie meer gevorderd is - hulle is die kleinboeties/sussies van die sogenaamde digitale SLRe, en, hoewel hulle lense ook vir altyd aan die kamera vas is (behalwe as jy die kamera op sement laat val), en hulle het dikwels nogal 'n lekker zoemfaktor - onthou net dat optiese zoem baie belangriker as digitale zoem. (Digitale zoem is maar amper dieselfde zoem wat jy op Photoshop kan doen - die rekenaar vergroot bloot die prentjie).
Dan is daar die digitale SLR kameras, en hulle lense kan gewissel word.
Ons gaan in die volgende paar lesse oor hierdie lense gesels.
Hulle is makrolense, wyehoeklense, standaardlense, zoemlense, telefotolense en kontaklense.
Nee man, die kontaklense is net vir die mense wat kontaklense gebruik om die ander lense te sien...

Views: 41

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html