Voordat ek begin, wil ek julle vertel van een van die mees algemene "vrae" of "probleme" wat mense dikwels ervaar. Met "mik-en-druk," kameras, sowel as met digitale SLR kameras.
Jy wil iets baie kleins van naby afneem.
Dan weier die kamera om te fokus.
Asof hy sy eie grondwet en kameraregte het.
Nou die eerste, belangrike ding om te onthou, is dat jou kamera dikwels by sy/haar verstellings 'n prentjie van 'n blommetjie het (dit kan dikwels ook op die MENU verstel word). Daardie verstelling is die verstelling wat jou die "naaste" aan die onderwerp sal neem.
(Een groot probleem is dat mense dikwels vergeet om weer terug na 'n normale verstelling te gaan - dan lyk die wereld later vir jou heel amusant deur die kamera, en blameer sommiges self die vorige aand se sjerrie).
So, verstaan dat jou kamera jou kan help met hierdie verstelling, in soverre dit moontlik is...
Tog het jy baie meer opsies...
...as jy 'n makrolens het.
'n Makrolens is gemaak om jou te laat fokus op baie klein dingetjies. Iets soos 'n spinnekoppie se gesig.
Omdat makrolense dinge so "vergroot," is daar baie min diepte van veld, en moet mens baie fyn fokus - ek wil amper beweer dat mens altyd 'n driepoot of iets wat die kamera stabiliseer saam met 'n makrolens moet gebruik. Fokus (en die stilhou van 'n kamera) op so 'n klein afstand is krities belangrik.
'n Baie interessante ding van makrolense is dat hulle vir 'n mens 'n hele nuwe wereld oopmaak - dit wat ons dikwels nie sien nie, word deur 'n makrolens uitgewys as wonderwerke.


Views: 41

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html