Toe ek gisteroggend die rekenaar aanskakel en die google tuisblad wys net kortliks die lewensduur van Steve Jobs, was dit een van daardie onbeskryflike gevoelens. Ek bedoel, ek het Steve nooit geken nie, nooit met hom gesels nie, en hom nooit eers in persoon gesien nie.

Tog - hy was een van my helde - nie oor enige iets anders as oor die feit dat hy gewys het dat die waardevolste bydrae wat enige mens tot die lewe kan maak seker jou eie kreatiwiteit is.

Steve was 'n perfeksionis in terme van hoe sy produkte verpak is, hoe sy produkte vertoon het, en hoe die verbruikers sy produkte ervaar het. Toe hy weggedryf is van die maatskappy wat hy begin het, het hy nie op 'n hopie gaan sit en huil nie - hy het eenvoudig sy kreatiwiteit by Pixar gaan uitleef - en ja, die wiel het gedraai - en toe Steve weer terug is na Apple het hy bewys dat kreatiwiteit, eenvoud en passie die belangrikste dryfvere vir sukses is.

Wat het Steve se lewe en nalatenskap met ons fotografie te doen?

Wel, nie alleen dra sy produkte (i-pod, i-pad ens) ons foto's digitaal nie, maar dit waarvoor Steve gestaan het: Kreatiwiteit, Kwaliteit, Eenvoud, Vasberadenheid, Passie, (voeg maar by), is seker die kwaliteite waarna elke fotograaf strewe. Steve het my geleer dat omstandighede nie die mens definieer nie (hy was 'n buite egtelike kind), dat die wereld se mislukkings nie jou lewe as 'n mislukking beteken nie (hy het opgeskop op universiteit), dat jy vasberade moet wees (hy het dapper teen kanker geveg), en dat ons nie moet aarsel om ons drome na te jaag nie...

Ek deel graag met julle almal daardie toespraak waar Steve soveel waardevolle beginsels deel. Geniet dit, onthou dit, pas dit toe.

Ons sal jou mis, Steve!

Views: 251

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frans van Heerden on November 13, 2011 at 11:42am

Martie: Ek eht self van die Blog gehou tog dink ek ons moet perspektief oor Jobs behou. Dat hy in eie reg besonders was en oor goeie kreatiewe denke beskik het, is gewis. Maar dat hy ook, na my mening n sterk Nasirsistiese streep in hom gehad het, is ook waar. Hy was n meester manipuleerder en dit was ites wat hom op n stadium duur te staan gekom het - veral toe hy by Aplle afgedank is. Onthou ook dat hy na die episode die nuwe entiteit gestig het - iets wat hy tog nie sonder kapitaal kon doen nie en wat hy die belleggers moes oortuig dat die nuwe onderneming kan slaag. Ek wonder net of dit gedoen kan word sonder slinkse manipulering. DAn ook, as n mens mooi daaroor dink, het hy regtig iemand as opvolger gereed gekry om die leisels by hom oor te neem - hy het lank reeds geweet hy leef op "geleende tyd". Ek dink die eerste tekens van sy beperkte leierskap en onvermoe om iets vir die toekoms te doen wat die belleggers in Apple gaan bly bevoordeel is in die feit dat hulle nie die Apple 5 selfoon op die mark kon bring nie en dat die gebruikers maar net met die 4s model te vrede moet wees. Jobs het ook nie behoorlik na homself en sy eie gesondheid omgesien nie. Hy kon vroer reeds n lewer oorplanting gehad het maar het dit hardkoppig van die hand gewys.  Seker sal die wyse Vader Tyd ons leer hoe goed Jobs werklik was. Maar, ek moet ook erken, ek weet nie of ek graag vir Steve Jobs as n sagte ware inginieur wou werk nie.

Comment by Dana Pienaar on November 13, 2011 at 11:32am

Dankie vir die Blog en die  'clip' Igno. Dit laat soveel vir 'n mens om oor te dink......

Comment by Martie Venter on November 13, 2011 at 10:09am

Dankie dat jy jou perspektief op Steve Jobs en hierdie inspirerende toespraak met ons gedeel het, Igno! Voorwaar 'n ikoon van ons tyd, 'n mens kan so baie by hom leer - merkwaardige insig, wysheid en visie. Hy lewer hier eintlik 'n baie kragtige getuienis oor die lewe uit sy eie persoonlike ervaring. Hy sal voortleef in alles wat hy vermag het!

Comment by Frans van Heerden on October 7, 2011 at 3:44pm
Dankie vir die moeite Igno - voorwaar inspirerend!
Comment by Charles Whitehead on October 7, 2011 at 10:24am

Dankie vir die Blog Igno. Alles wat jy hierin noem is so waar, mens is soms net geneig om die oog van die bal af te haal.

 

Ons almal sal hom terdee mis ...

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html