!@^&*:-(.... of soos ons Ingelse vrinne sal sê..   Wtf????    Dit was my emosies toe die eerste keer met Strepies te doene gekry het.    Snaakse bladsye word sommer-so oopgemaak as volle bladsy  of klein 'pop-ups' kom loer ongevraagd op jou skerm vir jou. Raak net aan die strepies-woorde en hulle bespring jou letterlik.  Kort duskant g-tvol, keelvol verby ... besluit ek toe om  Stepies te gaan soek.

 

Lang storie kortgemaak....

 

Volgens Google is Strepies se regte naam:  "Adware:Win32/AddLyrics",  'n malware/adware gogga wat een of  ander instansie se produk op jou skerm, in jou tyd kom adverteer.  Jaag Strepies uit jou stelsel deur 'All programmes' oop te maak, uninstall versigtig enige vreemde program wat sê  'ad-search, video-search, lyric-search of iets vreemds wat -search inhet. My sekuriteits-program het aanvanklik ook nie vir Strepies opgespoor nie, eers 'n paar keer se scan later, het dit vir Strepies opgetel en uitgesit!

 

Indien julle nog sukkel of onseker voel, gaan Google: "How to remove ads not by this site" en volg hulle advise stap vir stap. Vat bietjie tyd, maar as jy nie van Strepies hou nie ... dan moet hy uitgesit word!

 

Happy Hunting...

Views: 85

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by ArrA on August 16, 2013 at 5:01pm

Bly daar is al twee Fotoskolers wat hierdeur gehelp is!

Comment by Tillie Beaton on August 16, 2013 at 8:29am

Oooh, ek dog ek is die enigste een!  Dit frustreer my tot die afgrond in!  Dankie vir die link.  Ek gaan NOU begin jag

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html