Stukkie wat ek `n paar jaar gelede in ons maand-blaaidjie geplaas het>

SOME UNWRITTEN RULES IN THE PHOTO-GRADING WORLD

 

Fred Beck

 

Het jy al ooit die volgende ondervinding gehad met klub gradering: Jy het  die pragtigste foto, die fokus is perfek, die kleur, beligting, komposisie en balans is absoluut reg en dit is in jou oë die perfekte foto van bv. `n pad of laning wat na sonneblomme of kosmos lei, en dan word die foto afgeskiet  deur die be-oordeelaars omdat die plaashek toe is en nie oop nie en dit is die eerste keer dat jy ooit van so iets hoor!

 

Indien jy al die ondervinding het, deel ek graag die lysie met jou en voorkom dalk  onnodige frustasie en die gevoel dat jy goud kon verwerf het as jy maar net geweet het!

 

  1. Alhoewel die mens en die diereryk se voortbestaan gebaseer is op die syfer twee, werk dit blykbaar nie so in die fotografiese wêreld nie. Twee voëls op `n tak beteken niks indien daar nie interaksie tussen hulle is nie. So ook met blomme bv. jy neem een, drie, vyf of enige ongelyke getal, maar nie twee nie.
  2. Die verre horison-lyn moet nie deur `n persoon se kop gaan nie.
  3. Daar moet geen ligkolle op die grense/kante van foto wees nie, want dit trek die aandag af van die hooftema.
  4. `n Voertuig/vliegtuig/fiets of enige bewegende voorwerp moet spasie hê om in te beweeg. Moet dus nie sy neus `n millimeter van die kant af plaas nie.
  5. Voertuie en vliegtuie moet na jou toe kom en nie wegry of wegvlieg nie.
  6. Voëls moet ook van voor geneem word en nie van agter nie want dan het jy `n “bum shot”.
  7. Mens lees van links na regs, laat die inhoud van foto jou oog ook so lei.
  8. Treinspore, paaie en drade moet nie direk uit die hoeke van die foto kom nie.
  9. Nagfotos moet verkieslik nie in stikdonkerte geneem word nie, maar is aanvaarbaar  met `n effense skemerte in die agtergrond.
  10. Die watervlak op die horison moet gelyk wees, veral by die see, of hy loop leeg.
  11. Diere se oë moet verkieslik `n ligkolletjie weerkaats.
  12. Probeer om of die selfde oog-hoogte te wees  van mense of diere  wanneer jy hulle neem.
  13.  `n Windpomp moet verkieslik ook bietje beweging in sy lemme toon.
  14. `n Windpomp moet ook in die foto kyk, m.a.w. sy stertfin moet na buite wys en  sy gesig of lemme moet in die foto inkyk.
  15. Racing cars and bikes must have some movement in the wheels and don’t forget the dust!
  16. The face of racing driver must be visible for a bous.
  17. Vliegtuie se propellers moet beweging toon en ge “blur” wees.
  18. Met natuurfotos mag geen mensgemaakte voorwerp soos bv. drade of pale in die beeld of foto  wees nie, wat beslis nie beteken jy mag hulle met “photoshop”  wegtoor nie.
  19. Pas op vir kragdrade in die agtergrond wat die aandag van die hooftema mag aftrek.
  20. Opgestopte diere mag nie voorgelê word as natuurfotos nie, maak nie saak hoe goed die stoffeerwerk gedoen is nie.
  21. Bome en pale moet tog net nie uit mense se koppe groei nie.
  22. Met die neem van landskappe moet jy sorg dat heinings nie jou foto van links na regs verdeel en jou sodoende ook uit die foto hou nie.
  23. `n Tak moenie aan die bokant van die foto soos `n wolk rondsweef nie, maar moet ge-anker wees aan `n boom, anders kan hy dalk op iemand se kop val!
  24. Moenie `n agtergrond skep wat so indrukwekkend is dat niemand jou werklike fokuspunt raaksien nie.
  25. Avoid serious distorting lines in buildings by using a bigger lens and stepping backwards.
  26. Pasop vir `n foto wat te “busy” is, m.a.w. dat die beeld so vol onderwerpe is, die be- oordeelaaar weet nie werklik waarna hy/sy moet kyk nie.
  27. Portrette is weer `n ander nagmerrie met sy eie reels.
    1. Bly weg van juweliersware wat blink of skitter en daardeur die aandag van die model aftrek.
    2. Die model se oë moet nie absoluut horisontaal of in lyn wees nie, maar effe ongelyk.
    3. Die wit van die model se oë moet in albei hoeke waarneembaar wees.
    4. Moenie jou model vierkantig van voor afneem nie.
    5. Die hoek waarteen jy jou model afneem moet so wees dat die punt van die neus nie deur die wanglyn sny nie.
    6. Hou by `n eenvoudige agtergrond.
    7. Hare moet netjies wees. (by die see?)
    8. Laat sy maar gerus haar grimering bietje op-“touch”.
    9. Net soos by diere is `n weerkaatsing in die oë uiters aanvaarbaar.
    10. Indien sy `n “V” nek toppie dra en jy die foto “crop”, asb. net nie deur die lyne van die “V” nie maar aan die onderkant van die V.

 

Daar is seer seker riglyne wat  nog ontbreek  en dit sal gaaf wees as julle dit kan byvoeg sodat dit versprei kan word, v.t.o. van portrette.

So; daar behoort nie meer onaangename verrassings te wees nie en daar is geen rede,( behalwe fokus, komposisie, derdes en nog `n paar ander dinge), waarom jy nie goud gaan kry nie!!

 

Outeur: Fred Beck, ( Wens  werklikwaar dat ek twee jaar gelede so `n lysie gehad het!!!!!!!!!)

 

 

 

 

Views: 301

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Christa Snyman on April 10, 2014 at 10:16pm

Baie dankie vir die insiggewende inligting - hopelik onthou ek iets hiervan as ek 'n mooi foto-geleentheid teekom. :)

Comment by Ronnie Bresser on October 21, 2013 at 4:13pm

Baie dankie Fred gaan baie help.

Comment by Ferdinand van der Merwe on October 20, 2013 at 5:53am

Ek het vir my afdruk gemaak goeie werk Fred

Comment by Anita du Toit on February 5, 2013 at 3:02pm

Ek lig die blog van Fred net weer uit vir die nuwe Fotoskolers, lees dit gerus, daar is BAIE raad van moets en moenies in fotografie. Geniet.

Comment by Maronel Steyn on August 28, 2012 at 11:06am

Dankie vir die raad. 'n Mens kan altyd leer.

Comment by Fred Beck on August 26, 2012 at 5:38pm

Jimmy, moes eintlik DIREK wees. Nie dat dit nie mag nie, maar dit is al as rede deur die kundiges aangevoer.

Comment by Frans van Heerden on August 25, 2012 at 3:36pm

Fred: Fotoskool lewe elke dan en wan juweel bydraes op - ek ag hierdie een van jou as sulks. Baie dankie. Ja ek ken presies die frustrasie wat so maklik by n kamera klub ontstaan. Ek het aan my begin jare aan n vooraanstaande fotografie klub in Pretoria behoort, by die Suid Afrikaanse Buro vir Standaarde, nogal! Ek het n sterk vermoede gehad dat die be-oordelings hoogs subjektief van aard was. Ten einde die saak vir myself op te klaar het n paar statistiese tegnieke aangewend en die die data daarin opgeneem en verwerk. My vermoede was bevestig. So het ek bevind dat daar geen "inter-rater reliability" op daardie stadium bestaan het nie. Daar was ook n baie lae(byna weglaatbaar) betroubaarheids- en geldigheidsindeks. Die stelling van "beauty is in the eye of the beholder" het daarna vir my betekenis gekry. Desondanks het ek nie belangstelling in die stokperdjie verloor nie - dit bly net eenvoudig lekker en daar is min dinge wat so mooi klink as n kamera se sluiter wat oop en to maak(mits dit n egte sluiter is en nie n digitale klank wat kamma n sluiter se beweging naboots nie)

Nogmaals dankie vir jou bydrae!

Comment by Corne Lourens on August 25, 2012 at 10:04am

Dankie Fred :-)  Ek voel ook maar partykeer bietjie "seergemaak" maar dit is regtig al manier hoe 'n mens jou fotografie kan verbeter.  As almal net altyd 'n foto like of sê mooi, help dit jou nie regtig, kritiek is al wat dit verbeter. 

Comment by Fred Beck on August 25, 2012 at 9:40am

Corne dankie, jy is heeltemal reg omtrent salonne en klub standaarde. Jy sal ook vind dat daar by `n webwrf soos die, die kommentaar baie sagter en nice is omdat niemand eintlik as die "bad guy" beskryf wil word nie.

Aan die ander kant het jy by `n klub gewoonlik `n judge wat ten minste `n 5 ster is, wat nie die geval is met `n webwerf soos die nie en elkeen sy mening vrylik kan lug as `n kundige.

My uitgangspunt is, vat dit van wie dit kom. Wys my joune en dan kan ek self `n afleiding maak hoeveel waarde ek aan die kritiek moet het

Gaan loer gerus ook by"Camerazi Community".

Comment by Corne Lourens on August 25, 2012 at 8:58am

Baie dankie Fred, mens weet die meeste van die goed maar vergeet altyd daarvan (lol).  Dit is 'n baie goeie volledige blog wat jy geskryf het baie dankie!  Ek het agter gekom dat dit nie so maklik is om vir 'n salon in te skryf nie, hulle is baie meer krities as by 'n klub.  Met jou goedjies in gedagte behoort ons almal bietjie beter te vaar. 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html