Temafoto's vir Maart! 'n Besonderse uitdaging!!

Ons tema vir Maart/April is 'n besonderse uitdaging, dit is: "Holoprintl" - Laai gerus jou foto met die titel: "Temafoto:Holoprintl" en jy staan 'n kans om R250.00 in prysgeld ryker te wees.'n Holoprint is iets wat oral in die natuur voorkom, en jy kan dit selfs in jou tuin vind. Dit het 'n bepaalde patroon. Om meer uit te vind daaroor, loer gerus in by my vriend, Bruce Copley se webwerf: Aahalearning of besoek die skakel  http://www.aahalearning.com/holoprint/ julle gaan stomgeslaan wees as julle eers begin soek na of bou aan holoprints in julle eie omgewing. Dit is inderdaad van die wonderwerke van die skepping !!

Die sluitingsdatum  is 15 April om 20:00.

Views: 105

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mariska Cilliers on March 12, 2012 at 10:33am

Ek het geen idee gehad wat holoprint is nie, en het toe gaan ondersoek instel op die website.

Vol opwinding het ek toe in my tuin rondgekruip opsoek na hierdie wegkruipertjie wat homself holoprint noem. Dis baie moeiliker as wat ek gedink het.  Het wel so 3 of 4 gekry wat ek dink sal tel.  Maar ek gaan beslis eers bietjie verder soek en hierdie holoprint eers beter leer ken.


Dankie vir die uitdaging!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html