Temafoto Weerkaatsings - Opsomming en Wenner!

Hallo Almal,

Nou ja, met die temafoto weerkaatsings, dink ek is daar sommer weer lekker nuwe standaarde gestel op fotoskool. En hierdie rondte was ek nog in die moelikheid met die beoordeel van die foto's want Hennie is besig om heerlik foto's te neem in die St Lucia omgewing.

Wat treffend was van die weerkaatsings foto's was die absolute verskeidendheid foto's. Ek wil ook sommer hier twee dinge noem wat baie belangrik is vir die temafoto inskrywings:

1) Maak seker jou foto het die titel "Temafoto... en dan die foto se naam." Dit maak dit net makliker wanneer mens die foto's uitkies vir beoordeling.

2) Onthou gerus dat die kompetisie sluit op die Sondagaand om 20:00. In gewone kompetisies sal laat inskrywings nie aanvaar word nie, en omdat fotoskool probeer om julle dinge te leer, is dit ook belangrik om die reels van kompetisies nie te verontagsaam nie. :-)

Net vir die nuwe lede wat nog nie weet nie. Die eerste rondtes het geen pryse nie, maar daar word wel in die laaste kwartaal 'n kompetisie tussen die wenners van al die rondtes gehou waar hulle sal meeding om 'n lekker prys. Indien iemand twee keer of meer wen, beteken dit dat daardie persoon met 'n ekstra krediet(e) in die finale rondte sal ingaan. 

Dis ook belangrik om te onthou dat hierdie kompetisies in 'n gees van pret aangebied word, en dat, hoewel ons ons bes probeer met die beoordeling, daar steeds meningsverskille sal wees, maar dit is die aard van kuns - so ja, die keuses sal nie altyd almal geval nie, maar hopelik leer almal deur na mekaar se foto's te kyk.

In hierdie rondte was die onderwerpe so verskillend dat die beoordeling weereens bitter moeilik was - kom ons loer na 'n paar van die foto's:

 

 Rudolph se lughawefoto wys dat mens enige plek weerkaatsings kan kry as jy net bereid is om te kyk:

 

Jan de Beer het ook lekker met natuurlike weerkaatsings gespeel, en gewys mens moet wakker wees vir weerkaatsings enige plek:

 

Martie se spel met donker en lig wys hoe mens van kontras kan gebruik maak:

 

Antoinette Marx se roos vol druppels wys dat mens met 'n bietjie kreatiwiteit nog varsheid aan 'n blom kan gee:

 Johannes het voortgebou op hierdie tema:

Leonie het gewys dat verskillende elemente gebruik kan word, en ja, selfs 'n veer kan reflekteer:

 Daar was pragtige landskapweerkaatsings, soos hierdie ene deur Neels:

 Carin het geboue en lyne ingespan:

Riette se kersfeesweerkaatsings het sommer so 'n abstrakte gevoel:

 

 

Charles se foto in die buitelug was net so 'n lekker gesigwas-weerkaatsing:

 

En Robbie se foto wat dieselfde onderwerp raak het gewys hoe lekker dinge kan raak as die water stil gaan staan:

 

En ons uiteindelike wenner, en ek glo die meeste van julle sal saamstem, was Lientjie, wat nie alleen 'n puik foto ingeskryf het nie, maar ook sommer 'n blog gedeel het om ons almal te wys hoe om lekker met weerkaatsings te speel. Baie geluk Lientjie! Hierdie is 'n puik foto!

Views: 216

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tania Keyser on May 14, 2011 at 3:27pm

asemrowend mooi.

 

Comment by Jacques on May 8, 2011 at 10:35pm
Dit is Awsome!!!!!!!
Comment by Jannie Labuschagne on May 6, 2011 at 6:09pm
Geluk Lientjie so 'n foto moet Jam kry
Comment by Frans van Heerden on May 6, 2011 at 5:32pm
Baie geluk - n waardige wenner! Knap skoot
Comment by Antoinette on May 6, 2011 at 2:32pm
Soos al jou ander foto's is hierdie een UITSTAANDE! Geluk, ek stem saam dat dit 'n wenfoto is
Comment by Annelise on May 6, 2011 at 7:27am
Veels geluk Lientjie, dus was uitmuntend
Comment by carin joubert on May 5, 2011 at 10:53pm
Veels Geluk aan Lientjie met haar wenfoto, pragtig voorwaar.
Comment by Adri du Plessis on May 5, 2011 at 10:12pm
Geluk, Lientjie.  Mooi gedaan.
Comment by Charles Whitehead on May 5, 2011 at 9:48pm

Geluk Lientjie

Jy het dit verdien !

Comment by Jan de Beer on May 5, 2011 at 9:38pm
Baie geluk Lientjie Pragtige foto en het die blog geniet en gaan dit nog probeer.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html