Toe die temafoto "Traanspoor" kompetisie geloods is, het ek nogal gewonder wat die fotoskolers daarmee gaan maak. Hier is die inskrywings! Neem asseblief kennis dat geen modelle (sover ek weet) geknyp, gebyt of geslaan is gedurened die fotosessies nie :-)

Neem ook in ag dat die aard van hierdie foto's jou dalk kan beswaard laat voel, en al hoe om jouself te verweer is om die blog met 'n glimlag op jou gesig te lees!

Indien daar nog enige inskrywings is wat ons dalk oorgesien het, laat weet gerus! Ons wil graag Maandagaand die beoordeling voltooi!

Nou kom ons kyk na al die verassings waarmee fotoskolers vorendag gekom het! Hier is Marietjie se puik interpretasie van hoe om 'n spoor by 'n traan te voeg!

Annelise het weer die traan by die spoor gevoeg!

En dan was daar Marietjie se natuur-like interpretasie:(Let gerus op die neus en die mond):

Ingrid het weer by die jongspan gaan kers opsteek...of dan traan opsoek:

Terwyl Charles ie rivierblou in die traanspoor uitgebring het:

Adriaan se prentjie spreek boekdele:

Terwyl die hartseer by Pieter se model duidelik geglinster het:

Antoinette se model het hard probeer om van die traanspore ontslae te raak!

En kyk net hoe lyk die trane op Susan se model se gesig!

Terwyl Elize se abstrakte traanspoor ook die aandag getrek het...

Views: 125

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on December 5, 2011 at 12:29pm

Hi Igno, ek wil net hoor of julle al die vorige tema's se wenners aangewys het.  Ek het dit iewers gemis of geslaap! Rondomtalie?

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html