Troufoto's en Reën: Deel 1 - Pak 'n positiewe ingesteldheid in!

Een of ander slim fotograaf het by geleentheid gesê mens moet bid vir slegte weer, en dan gereed wees vir goeie oomblikke.

Nou verbeel jouself maar die scenario: Oujaarsdag moet ek 'n troue in Marquard afneem. Kiloliters water val uit die grys wolke wat lyk soos iets wat Noag vir 'n paar arkjare goed moes ken!

Seker die belangrikste ding wat mens kan inpak is 'n positiewe gesindheid!  Die laaste ding wat 'n mens vir die bruid kan sê is dat die foto's maar skraps gaan wees, of dat sy die troue moet uitstel. Behalwe as jy 'n drag slae soek!

 Oor die volgende paar dae gaan ek met julle deel in my wedervaringe en hopelik leer iemand iets daaruit.

In hierdie troue se geval was ek baie gelukkig dat die bruid haar voorbereiding in die hotel gedoen het, waar daar darem 'n balkon, 'n gang, 'n kamer en 'n ingangsportaal was...klink nie na baie nie, maar met 'n bietjie dinkwerk kan mens probeer om allerhande dinge te doen om prentjies te maak wat darem meer sê as: "Hier is die bruid voor haar troue."

In hierdie troue se geval het ek die bruid ook nog nooit voorheen ontmoet nie, net verneem dat sy ook effe kamera-sku is. Veral met die eerste foto's kon ek die bruidsmeisies betrek (dit maak almal net meer gemaklik), en het ons besluit om bietjie pret te hê. Daar was 'n ou telefoon in die kamer, en my vrou (en assistent), Arnè het die idee voorgestel:

 

Met die pret wat die bruidsmeisies in die voorbereiding gehad het was daar sommer dadelik 'n meer ontspanne luim, en het ons in beperkte ruimte heerlike foto's geneem...

Meer daaroor in my volgende blog...

 

Views: 161

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Nico Blignaut on January 4, 2011 at 11:19am
Baie dankie vir die tips ons wag vir nog.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html