Troufoto's en Reën: Deel 2 - Al is jy binne, maak gebruik van buite!

In hierdie blog gesels ons verder oor die idees wat mens kan gebruik as die reën jou saam met die bruid vaskeer voor die seremonie...

Onthou dat dit nie altyd klink of daar "wegkyk-foto's" geneem kan word nie. Tog moet mens onthou dat daar heel waarskynlik dinge buite gebeur wat van belang kan wees vir die "storie" van die troue.  Dit kan iemand wees wat iets bring vir die bruid, haar ma wat onder 'n sambreel arriveer, of - in hierdie geval - die bestuurder van die troukar wat die kar buite staan en was om dit in tiptop kondisie te hou ten spyte van die reën!

Net nadat ek die foto geneem het, het die bruid selfs vir die bestuurder gewaai en gesê dat hy uit die reën moet kom. Die foto vertel vir my dus meer van die troue - dit vertel van die troukarbestuurder se trots en die feit dat hy omgee, ook die bruid se waardering en empatie - dit alles sonder dat ek haar gesig sien.

Ek het ook geleer dat die foto's "na die buitekant" herinneringe van die dag se weer vasvang. Die geel reënjas, die misreën in die bome en die nat pad - as mens nie  foto's na buite neem nie kan mens so maklik 'n groot deel van die atmosfeer van die dag verloor!

 

Miskien was die belangrikste les wat ek geleer het om te onthou dat die bruid se dag (die omgewing, atmosfeer en gebeure) net so belangrik is om vas te vang as die bruid self!

Views: 132

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on January 6, 2011 at 8:56pm
Hallo Riaan, Dink steeds slegte weer is beter as sonskynweer...
Comment by Riaan Kleinhans on January 5, 2011 at 10:33am
Hi Ig, lyk my 2010 was jou jaar van nat troues. Dis asof die elemente jou wil toets. Ek sien uit na jou eerste sneeu troue (2011?) :) Kan nie wag om die res te sien nie, lyk baie mooi en interesant!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html