Troufoto's en Reën: Deel 5 - Alternatiewe na kerk

Nou ja - die reën het besluit om so 50/50 te val en ons moet 'n keuse maak. Waar gaan ons die foto's van die bruid en die bruidegom neem. Die troukar staan gereed...

Tydens ons beplanning voor die troue het ons gedink om die bruidspaar op die plaas waar die onthaal sou wees af te neem. Die enigste dilemma was dat daar nie baie plekke onderdak was nie, en intussen was die son besig om te sak. Ons het besluit om eers terug te gaan na die hotel waar die bruid aangetrek het, en dan, wanneer die eerste gaste op die plaas kom, te hoor of dit nog reën...Intussen het die reën gewissel van sagte motreën tot sommer lekker harde gietreën (pas 'n nuwe woord ontdek!).

Ons het ter wille van die kameratoerusting (en die bruidspaar) besluit om binne te begin...

Dit was nogal heel anders as die plaasfoto's wat ons beplan het...

Terwyl die reën bietjie bedaar het was dit veilig om buite toe te gaan met die kamera ( en Arnè wat 'n sambreel oor my hou), terwyl die bruidspaar op die balkon staan:

Ook die stoep was nog droog vir die bruidspaar terwyl ons die kamera en sambreel-skrum verder in die straat gevoer het:

Teen hierdie tyd was die lig vinnig besig om minder te raak - en ons het verneem dat dit nie besig was om te reën op die plaas nie. Net dalk sou ons ook daar 'n paar foto's kon neem...

Lesse wat ek in hierdie proses geleer het:

1) Hou altyd 'n sambreel in die motor - dit vermeerder jou opsies.

2) Probeer altyd 'n "backup" plek soos 'n gastehuis of hotel in gedagte hou om heen te gaan as dit reën.

3) Bly ingelig oor die weer situasie op ander plekke ( dalk, net dalk, reën dit nie daar nie!)


Ons gesels weer in die volgende blog...

 

Views: 156

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on January 11, 2011 at 8:44pm

Hettie - dis 'n fantastiese vraag! Ek bespreek gewoonlik die tyd wat die foto's gaan neem vooraf met die bruid. En waar moontlik reel ek dat die voorgereg bedien word terwyl ek die foto's neem - dit maak dat die mense nie so lank iewers moet sit en wag nie. Al dilemma is dan dat. as die saal ver van die plek is waar die foto's geneem word, jy net reelings moet tref om die opgemaakte saal af te neem - baie mense wil graag die detail na die tyd weer sien.

So ja, in kort - ek dink hulle wag moet nie 'n gewag wees nie, maar 'n voortsetting van die program. Sover het al die bruide nog ingestem. As die bruid saam met die gaste wil instap, en hulle dus buite moeg wag bly dit 'n dilemma, en moet mens aan kreatiewe moontlikhede dink...

Wat dink jy?

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html