Truspieel fotos - Kom ons kyk wie het deelgeneem

Hallo Almal,

Nou ja, skielik is 'n week verby en moet ons bietjie kyk watter foto's in die Truspieel Temafoto ingeskryf is. Ek laai dit hier sodat, indien ons iemand s'n nie raakgesien het nie, jy ons gou kan laat weet. Nou ja, kom ons kyk watter interessanthede het verskyn... Dis sommer lekker om te sien hoe die tema op verskeie maniere interpreteer is. Lewer ook gerus kommentaar oor jou gunstelinge onder aan die bladsy.

Leonie het gewys dat silos nie altyd kleurloos hoef te wees nie, veral nie as mens kyk in jou truspieel nie:

Dana was meer filosofies en het gekyk na die brue wat agter hom is, en gewonder oor wat voor hom wag...

Rudi het letterlik die wereld laat tol en die truspieel laat breek...

Rassie was oppad...

En dit wil voorkom asof Jacques agtervolg word...

En Ludwig het hulp van 'n geveerde vriend ingeroep...

En Gerhard het 'n truspieel met 'n "reflektor" gevind...

Terwyl Elize deur die agterste windskerm koekeloer het...

En Charles het besluit om Photoshop 'n bietjie in te span...

Terwyl Marietjie in die truspieel na die verlede gekyk het...

Johan het 'n wereld van min met goeie geluk agter hom gesien...

Giel het ook tru-gekyk...en vrede gesien...

En Ingrid het teruggekyk na kinderjare op 'n stoep:

En hier is Francien se truspieelblik...

Vir Michael was daar chaos en 'n aardbol...

Susan was iewers heen oppad met 'n vrag en 'n gevolg...

Vir JP was die opsie tussen land en lug...

Indien ons iemand gemis het, laat weet gerus want ons sal graag more die beoordeling wil doen...

 

 

Views: 147

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Nico Blignaut on July 27, 2011 at 11:29am
Die foto's feitlik almal baie mooi. Sterkte met beoordeling gaan moeilike keuse wees.
Comment by Johan van Zyl on July 27, 2011 at 8:03am
Hi Igno myne en my vrou (Francien) sin ook nie daar nie
Comment by Ingrid on July 27, 2011 at 7:29am

My foto is gemis het bietjie gesukkel om dit gelaai te kry dit is my dogterttjie wat sit en speel met n hoed op is by my fotos. Dankie

Comment by michael blignaut on July 26, 2011 at 11:06pm
Hallo Igno - my foto is ook nie ingesluit hierby
Comment by Susan on July 26, 2011 at 10:57pm
Hi Igno, myne was ook iewers daar en dan onthou ek nog Johan v Zyl en Francien s'n ook

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html