Hallo almal!

 

Ek wil bietjie raad vra... Ek is nog n groentjie wat foto's neem betref, maar wil graag uitvind watter tipe filter 'n mens kan aanskaf as jy jou lens teen vingermerke, klein stofdeeltjies ens. wil beskerm maar terselfde tyd ook 'n beter kwaliteit foto wil neem.  Ek is ook glad nie seker of mens verskillende grootte filters moet kry vir verskillende lense nie - ek neem aan dat die groottes van die filters sal verskil van lens tot lens. 'n Verdere vraag wat ek het is waar mens die filters kan kry in die Johannesburg omgewing en watter tipe maak van die filter belangrik is?

 

Dankie byvoorbaat en lekker foto's neem! :-)

 

Views: 136

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dorette Visser on March 8, 2012 at 9:02am

Baie dankie vir die raad Frans. Ek waardeer dit.

Comment by Frans van Heerden on March 4, 2012 at 7:29pm
Dorette: Na my wete is n goeie "UV" filter die aangewese stukkie glas om jou lens te beskerm teen skade op die buitenste lens element. Stofdeeltjies en vingermerke gaan jy steeds beleef - die verskil is dit verskyn net op net op jou UV filter ipv die lens. EK het in boeke en tydskrifte gesien dat daar waarskuwings teen die gebruik van UV filters is aangesien dat die gehalte van kleur op die fot mag affekteer. My belewenis is egter dat dit geen of dan, die minimum verskil op die finale foto maak.
Die grote van n filter word deur die deursnit van die lens, waarop dit gekoppel word, bepaal. Dit kan wissel van byvoorbeeld n 67 mm tot 77 mm.
Die tipe filter word bepaal deur die doel waarvoor jy dit wil aanwend. Daar is n magdom filters op die mark. Gaan kyk wat B&H in New York aanbied en ook Adorama(Soek op die internet na die instansies - as jy nog nie daar gekuier het nie - die B&H web ruimte is n plesier)
In Johannesburg kan ek aanbeveel dat jy by Kameraz gaan inloer. Hulle is in die Rosebank Mall. Gesels daar met Keith Bezuidenhout. Hy sal jou met goeie raad en advies bedien. In Pretoria kan jy gerus by Outdoorphoto gaan inloer. Die eienaar, Hedrus van Niekerk, is self n behuilpsame persoon wat jou ook met goeie raad en advies sal bedien
Hou ook in gedagte dat daar "stelsels" is vir filters. So bv het die Cokin vervaardige n bepaalde stelsel. Hoya is n ander fabrikaat wat jy kan oorweeg. Persoonlik hou ek van n Nikon filter op n Nikon lens maar ongelukkig is dit die duurder opsie
Ten slotte ek glo n mens moet as jy ernstig oor jou toerusting is, dit so goed moontlik beskerm en UV filters doen dit vir jou lens. Dan ook, filters is nuttig om te gebruik tydens n fotografie sessie - dit spaar tyd en moeiete. Sou jy daarsonder werk is dit dikwels nodig dat jy die werk tydens die foto verwerkings proses moet doen.
Hoop ek kon jou help

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html