Soms vertel ‘n foto ‘n storie, maar soms het mens ‘n reeks foto’s nodig om ‘n lekker storie te vertel. Deesdae is dit so maklik om ‘n foto-video-storie te maak, en dit is sommer ‘n heerlike vakansieprojek ook.

Microsoft bied al ‘n hele paar jaar ‘n kostelose program, Photostory, wat mens van die internet kan aflaai en wat baie eenvoudig is om te gebruik. Dit is werklik eenvoudig, so eenvoudig dat selfs grootmense dit kan gebruik. Vir kinders kom dit natuurlik natuurlik. Nadat jy Photostory afgelaai en installeer het, laai jy jou foto’s in die program, en die dan kan jy kreatief te begin speel.

In Photostory kan jy die foto’s verwerk met ‘n paar basiese verstellings, jy kan die tydsduur wat die foto’s verskyn, sowel as die areas van die foto’s wat moet verskyn bepaal, jy kan teks op die foto’s plaas, met ‘n mikrofoon klank byvoeg, en jy het ook die opsie om jou eie musiek te komponeer, of om bestaande musiek in die agtergrond te gebruik. Nou as dit vir jou klink of dit wat ek pas genoem het moeilik is, gaan loer gerus na Photostory en sien hoe eenvoudig dit werklik kan wees

Ek het dit onlangs by ‘n kinderpartytjie gebruik en binne een uur het die kinders hulle foto-stories afgeneem, afgelaai, en ja, was hulle gereed om hulle video’s – met teks en klank – te vertoon. Photostory laat jou toe om die foto’s as WMV lêers te stoor. Dit is ‘n formaat wat deur die gewone Windows Media Player vertoon word, en dus kan die stories ook vir vriende, familie en enige ander belangstellendes gestuur word, wat daarna kan kyk alhoewel hulle nie noodwendig Photostory op hulle rekenaars het nie.

In hierdie tye waar ons dikwels te veel foto’s het, en te min tyd om daarna te kyk, bied Photostory die geleentheid om die kinders lekker besig te hou met kreatiewe rekenaarwerk, en dan sommer ‘n lekker fotostorie-vertoning wat hulle werk ten toonstel te hou.

Dis natuurlik as ma en pa nie lekkerder met die program speel nie.

 

Views: 67

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html