Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek is mal oor mooi fotos. Ek is iemand wat nie so vreeslik glo dat jy jouself net teen die reels van fotografie moet vasstaar nie, ek glo dat jy die reels moet ken, maar aan die einde van die dag maak dit nie saak hoe jy die foto geneem het of watter reels jy gevolg het nie. Vir my gaan dit oor die emosie wat die foto wat jy geneem het by jou opwek. Die foto moet ook vir jou mooi wees. (ek kan nou al hoor hoe almal met my gaan baklei, maar ek sal dit vat!)
So het ek vandag 'n foto op my rekenaar gesien van my en my oorlede pa wat nou wel nie aan enige reels voldoen nie, niemand kyk eers na die kamera nie, maar dit is die laaste foto van ons saam. Dit is dus vir my die wonderlikste en kosbaarste foto wat ek tans het.
Ek is al baie lank lid van Fotoskool, maar het nie gereeld moeite gedoen om deur die fotos te gaan en te kyk na alles wat almal hier oplaai nie. Ek is vandag baie spyt. Ek gaan deur die fotos wat deur al die lede op Fotoskool gelaai is en ek moet myself terughou om nie elke tweede fotos te "like" nie.
Dit is wonderlik! Ek sien toe ek so deur die eerste paar fotos is dat op die voorblad ek dalk so bietjie oorboord gegaan het. Dus stop ek eers. Kom ek se net dat ek in verwondering staan oor die fotos wat ek vandag gesien het.
Ek is werklik gemotiveerd om nou self meer HDR tipe fotos te "probeer" neem. Meer met die sluiterpoed te speel en sommer net die mooi in die lewe meer vas te vang.
Ek dink ons moet almal meer fotos neem. Ons moet meer speel.
Ek gaan van vandag af 'n punt daarvan maak om elke twee of drie dae 'n foto of twee op te laai! Nou net meer moeite doen om te gaan neem!
Comment
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool