My Foto maat en mentor,Albie Hanekom het van die eerste dag,wat hy met my begin "foto taal" praat, gese: "jy moet altyd maar altyd n kamera by jou hou want jy weet nooit wanneer daar n foto geleentheid is nie!"

Nou ja...........so skaf ek toe die Canon PowerShot SX50 aan. Dis mos nou kleinerig vir spasie maar dit neem n bars hou en het n wrede zoom.

Drie weke gelede moet ons Bronkhorstspruit toe en ek los my hele kamerasak met al die kameras en toerusting in, by die huis want daar was nou nerens n "geleentheid" nie,of so het ek gedink!!!!!!! Ons ry van ons af met die N2 noordwaarts en iewers tussen Pongola en Piet Retief gaan ons by n mielieland verby waar al die plante geel gestreep is. Ai ai ai...........dom Elna!!!!! Die mielie plante was vol uitgegroei maar die blare het geel strepe in gehad. Ek kan nie die mooi van hierdie masa geel mielies in woorde beskryf nie. Dit sou so n mooi foto gemaak het,maar nou ja................

Ek kon dadelik Albie se stem hoor : "ja Elna,leer jy dan nooit"

Glo my,ek sal nie weer gevang word nie

Groete

Views: 94

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Linda Bekker on April 2, 2014 at 8:32pm

Comment by Elna Geringer on March 30, 2014 at 2:21pm

Hi Linda,skuus ek antwoord nou eers maar ons was so bietjie bos toe. Die Powershot is a greater as great kamera.Dit het n heerlike sterk vermoe om voorwerpe/voels/diere van ver af to reg voor jou te bring. Stuur vir my jou epos adres dan sal ek probeer on dit vir jou te demonstreer. Ek beveel die kamera wyd en syd aan. Dit is kompak maar staan nie ver vir die groot kanonne terug nie.

Comment by Dine Potgieter on March 25, 2014 at 10:06pm

Ditto - die hele sakkie geheuekaarte le in Pretoria en die enkele een in die kamera is vol - terwyl jy besig is om in die stof in 'n droe dam in die Vrystaat rond te kruip. Of die filter is toe van die druppels en die enigste geskikte lappie is in die kar (sewe bulte en drie sopperige "moorlands" terug in die reen)...

Comment by Linda Bekker on March 25, 2014 at 7:13pm

Elna hoe hou jy van die Canon PowerShot SX50?  Ek oorweeg ook om dalk een te koop maar soek nog bietjie rond.  Sal bly wees om te hoor van iemand wat een het.  Groete

Comment by Elna Geringer on March 25, 2014 at 5:03pm

Ai tog Gerrie............n ander een is as jy te laat agterkom jy het nie die geheue kaart in jou kamera terug gesit na jy fotos afgelaai het nie..............

Comment by Gerrie Lambrechts on March 25, 2014 at 3:46pm

Nou leer jy sommer weer vir almal ’n goeie les.  Ek het al my kamera gehad dan sê dit vir my "batteries are exhausted" en woeps dood en daar staan ek........

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html