Baie dankie vir die geleentheid om ons versoek op “Fotoskool” te kan plaas.

Vrystaat Mielies is ‘n graanhandelaar en finansierder van graanprodusente. Ons handig jaarliks nagenoeg 400 kalenders uit aan ons klante, sowel as aan graan-insetverskaffers en medewerkers.

Dit is selde dat generiese foto’s op die internet die Suid-Afrikaanse plaas uitbeeld en daarom het ons die vrymoedigheid om “Fotoskool” se lede te nader.

Die kalender is in volkleur en bevat 8 bladsye in ‘n A-raam styl vir ‘n lessenaar.

Hierdie is nie ‘n kompetisie nie, maar ‘n vrywillige beskikbaarstelling van foto’s vir gebruik in die kalender.

Indien u foto gekies word, sal u 5 kalenders ontvang vir persoonlike gebruik. Volle erkenning vir u werk sal gegee word. Foto’s moet betrekking hê op een of meer van die volgende:

1. Dit moet graan- of oliesaad-verwant wees, m.a.w. koring, mielies, sonneblom, sojabone of graansorghum.

2. Die lewe op ‘n graanproduserende plaas uitbeeld, m.a.w. trekkers wat dis, gifspuite op land of in die lug, planters, stropers.

3. Natuurverskynsels op die plaas uitbeeld bv. donderweer, ‘n reënboog.

4. Die boer en / of sy werkers in aksie uitbeeld. Foto’s moet asb. in “Landskap” formaat en in oorspronklike grootte gestuur word.

Stuur asb. ‘n kort beskrywing van die plek waar die foto geneem is saam met u volledige kontakbesonderhede aan pauli@fsmaize.co.za.

Indien julle meer wil weet van Vrystaat Mielies se bedrywighede om die toepaslikheid van die foto wat jy oorweeg te bepaal, besoek gerus www.fsmaize.co.za.

Baie dankie en groete uit Potchefstroom,

Pauli Coetzer

Views: 175

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on October 15, 2014 at 9:24am

Hallo Mart-Marie, die e-pos adres is: pauli@fsmaize.co.za.

Comment by Mart-Mari Duvenhage on October 3, 2014 at 12:04pm

Waarheen kan ons die foto's stuur? Ek sien nie 'n epos adres nie?

Comment by Pieter Steyn on September 18, 2014 at 4:57am

Gulde geleentheid om jou werk bekend te stel -

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html