Verwerking van fotos van RAW na TIFF en dan eers JPEG?

Kan julle dalk meer lig op die onderwerp gee.

Ek is ingelig dat jy begin met jou RAW file en doen die algemene verwerking soos(exposure,contrast,clarity,white balance ens.)

Daarna moet jy die RAW file convert na TIFF.

Nou doen jy verdere editing in Photoshop( al die mooi maak goed) met die TIFF file.

Nou eers "save" jy die file as 'n Jpeg. 

Is die proses die korrekte een om te volg?  Waarom eers na TIFF en nie somer direk na JPEG?

Groete Shawn

 

Views: 106

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on November 18, 2012 at 12:01pm

Shawn, as jy 'n RAW file in Photoshop oopmaak, word dit outomaties 'n Photoshop Document. Prakties kan jy dit as 'n RAW file beskou. As jy klaar verwerk het, bestaan die foto uit verskeie lae (layers). In 'n Photoshop dokument formaat kan jy dit net so stoor en as jy dit later weer oopmaak, kan jy aangaan waar jy laas opgehou het. Jy kan dit ook flatten en dan as 'n Photoshop document, TIFF file of JPEG stoor, maar omdat dit dan uit een laag bestaan, sal alle toekomstige verwerking weer van een laag af moet begin. Deesdae werk mense in Photoshop document of JPEG formaat - TIFF het grootliks in onbruik verval al is dit 'n goeie formaat. As mens 'n foto herhaaldelik oopmaak, sal die JPEG formaat maak dat die foto effe kwaliteit verloor, maar dit gebeur nie by die ander twee nie. JPEG se voordeel is dat die file grootte klein is teenoor die ander twee wat veel groter is.

Comment by Willem Kruger on November 5, 2012 at 3:18pm

@Shawn, indien jy  jou verwerkte foto/file direk save as 'n jpg, word al jou layers waarop jy gewerk het, saamgevoeg in een layer (compressed) en jy kan nie weer teruggaan om iets op 'n spesifieke layer te verander sou dit nodig wees nie. Met 'n tiff file/foto word al die layers apart gesave en kan jy weer na die verwerkte foto terugkeer om enige iets op enige layer te verander.

Hoop dit help.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html