Hallo Fotoskolers,
So een keer in 'n jaar het ons 'n debat oor 'n bepaalde foto wat geplaas word. Sommige mense glo die foto is te eksplisiet, ander weer dat dit dalk sexy, of onskuldig is. Ons beleid is dat foto's alles kan wys wat jy by 'n swembad sal sien :-). Solank die foto dan ook nie "uitlokkend" of suggestief is nie.
Vandag was daar weer 'n heel onskuldige foto van kinders wat swem - so dit was heel in lyn, en in goeie onskuld, maar die een seunjie was kaal. Hoewel die foto nie suggestief was nie, probeer ons kaal foto's ook vermy. In my opinie het die foto 'n mooi storie vertel, maar ons probeer dit vermy om sulke grensgeval foto's te plaas, bloot omdat dit 'n webwerf vir die hele gesin is. Ek het die foto verwyder, maar wil die fotograaf ook gerusstel dat dit 'n besonderse prentjie is, net ongelukkig nie in lyn met on fotoskool beleid nie.
Ek hoop dat almal sal verstaan.
Groete
Igno

Views: 181

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on June 20, 2014 at 9:44am

Dankie vir die FotoSkool met sy beginsel-vaste-eienaar en deelnemers.  Dankie Igno, jy is tops.

Comment by Pierre Hardinge on June 19, 2014 at 7:12pm

Ek dink Igno het die situasie mooi professioneel hanteer...ek wil maar net beam wat soveel maters alreeds së...

Albert baie dankie vir jou bydrae....jy het pas beaam wat ek al maande oor gepraat het.

As n mens na die konsep van fotografie kyk dan word dit beskou as n medium/proses waar n person n oomblik/situasie/gelentheid vaslë met n toepaslike apparaat sodat hy/sy dit na die tyd weer kan besigtig/ervaar. Oorspronklik was die idee gewees om dit "skoon" / "ordentlik" te doen. Maar deur die verloop van jare en jare het die perversie van die mensdom ingetree en dit was mooi was vertroebel tot die afskuwelike dinge wat ons vandag belewe.

Daarby së ek nie dat die fotograaf in die geval pervers is nie.....intendeel sien ek wat gebeur as onskuldig....hoe dit ookal mag wees....Ek glo vas dat as n mens die nodige skrywes/reels/regulasies van n bepaalde webblad/medium sorgvuldig lees jy situasies soos nou sal kan vermy....ons kan dit ook sien as n disrespekvolle poging om die reels te breek (Wat ek hoop en glo nie die geval is/was nie)

Ek sou se dat n mens moet maar n punt daarvan maak om jouself te verwittig van die reels en seker te maak jy hou daarby....in dieselfde asem moet ons wat fotografie as n stokperdjie/beroep beoefen hom of haar elf inlig en bewus maak van wat aangaan....dat n fotograaf nie net kan inspring en wild en wakker fotos neem waar en van wie jy wil......Het al self n paar stelle afgetrap "Been there done that ". Ek dink ook dat jy nie seker is nie ......VRA!!

Ek persoonlik stem dat daar moet streng beheeer en beskerming toegepas word om ons onskuldige kinders te beskerm teen "Oomies en Tannies". met triggerhappy vingers op hul kamers...Daar kan soveel dinge verkeerd loop hoe onskuldig die idee oorspronklik ookal was.

Ek wil ook net noem dat Fotoskool sekerlik die enigste Fotowebwerf is wat gemik is op die HELE gesin...Ek mag verkeerd wees...maar solank ek kan sal ek probeer om die waardes van die gesin en Fotoskool te beskerm teen ongewenste meteriaal....

Net my nederige opinie....

Nogmaals Igno baie dankie vir jou vir Fotoskool en vir Hennie en vir Lientjie vir die professsionele benadering en toegewydheid wat julle mense het tot Fotoskool en Fotografie as n geheel ...

Comment by Pieter Steyn on June 19, 2014 at 10:28am

Dankie Albert - goed om te sien jy lees hier al hang jy soos vink daar bo. (net grap). Bly oor die verwysing vetrou dat lede die moeite sal doen om dit op te volg. Dankie vir jou moeite.

Comment by Elma Coetsee on June 19, 2014 at 10:26am

Stem 100% saam met jou Igno, dankie vir 'n wonderlike blad.

Comment by Albert van Eck on June 19, 2014 at 9:47am

Hi Igno en ander,

Ek wil ook maar net noem dat die NPA ook vroer die maand bekend gemaak het dat fotos van selfs kaal babas as kinder pornografie gesien kan word en die persoon/fotograaf/ouer kan gevonis word as hulle dit op 'n webblad (wel hulle noem meer sosiale netwerke - maar publieke domain) sit. Ek dink nie enige fotograaf (of normale persoon) sal regtig saamstem dat dit so geklassifiseer kan word nie, maar dit is die wet in SA.

Sien Media 24 artikel: http://www.timeslive.co.za/local/2014/06/09/naked-pictures-of-child...

En Video: http://www.news24.com/Live/SouthAfrica/News/Posting-naked-pictures-...

Comment by Piet Nel on June 18, 2014 at 7:38pm

dankie Igno waardeer 

Comment by Pieter Steyn on June 18, 2014 at 7:36pm

Verstaan dit ookso Igno - net bang vir die jong kinders wt ook hier is en wil maar net problem voorkom - Dankie vir die inligting

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html