Vir jul kennisname : Veelkleurige wa by die Voortrekkermonument

N.a.v. die rooi wawiel wat ek onlangs geplaas het, het Tersia en ek gewonder wat die oorsprong is van hierdie wa.  Ek het nou die volgende inligting op die monument se webblad gekry.

Dankie Tersia dat jy my aan die dink gesit het.  Groete, Tina

Mnr. S.P. (Fanie) Botha het saam met sy pa op die plaas Rietspruit geboer en het dié wa laat maak met die oog op die Simboliese Ossewatrek van 1938. Die wa het deelgeneem aan die 1938-Eeufeesvieringe in Heidelberg en is later hoofsaaklik tydens Geloftefeeste gebruik.

Gedurende die laat 1960's is die wa aan die Normaalkollege Pretoria (NKP) geskenk waar dit in die ingangsportaal van die kollege gestaan het. Na die verskuiwing van die kollege is die wa, na vele omswerwinge, aan die Voortrekkermonument geskenk. Die wa is in 2003 deur Erik Holm gerestoureer en die tradisionele skilderwerk is deur Elsabé Holm gedoen.

Views: 113

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on June 24, 2014 at 5:05pm

Dankie vir julle kommentaar Pieter, Piet, Tersia en Ferdinand.

Dit is vir my baie lekker om die geskiedenis na te vors.

Comment by Ferdinand van der Merwe on June 24, 2014 at 3:54pm

Dit is pragtige werk wat julle hier gedoen het ek is saam met julle bly dat mense nog hierdie dinge waardeer ek weet dat prof Erik Holm groot werk doen met die restourasie ens van die ou goed en n besoekie aan die monument en de omgewing daar is regtig lekker braai sommer n vleisie ook daar

Comment by Tersia Weitsz on June 20, 2014 at 5:52pm

Tina, ek is so bly jy het dit gekry, dis interessant ne.  Ek het regtig sleg gevoel dat eknegatiewe kommentaar gegee het maar  is bly dit het so uitgedraai

Comment by Piet Nel on June 20, 2014 at 6:05am

pragtig Tina dankie 

Comment by Pieter Steyn on June 20, 2014 at 3:49am

Dankie Tina vir die interessante stukkie geskiedenis vandie wa. Nie elkeen van ons sal so baie moeite doen om alles omtrent 'n onderwerp op te lees nie.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html