Vra jouself, moet ek nie ook n Nikon kamera besit nie?

Hierdie twee kameras is in die sogenaamde, jaarlikse"Color Run" in die VSA gebruik. Alhoewel die fotograaf die kameras met "camera rain coats" wou beskerm, was dit onvoldoende, aangesien die kleurstof baie fyn is en dit die kameras deur die die "rain coat" bereik het.

Die fotograaf het bevestig dat die kameras steeds ten volle gefunksioneer het nadat die "rain coats" verwyder is. Die ergste kleurstof is mbv n watte stokkie en n "blower" verwyder waarna die fotograaf sy fotografie voortgesit het.

Die kameras het steeds perfek gefunksioneer.

Die handelaar wat die kameras verkoop het, het bevestig dat daar geen werk aan die kameras nodig was nie. Hulle het bloot aanbeveel dat die kameras na Nikon se tegnici gestuur word om die laaste bietjie kleurstof, wat in moeilike plekke vas gesit het, te verwyder.

Views: 151

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Paul Riekert on July 14, 2016 at 7:43pm

In ons moderne tyd is alle weer bestande kameras feitlik gelyk. N Canon 1DX of selfs n 7D merk 2 sou dieselfde "toets" sonder probleem oorleef het...en meeste van Pentax se kameras ook...

Comment by Pieter Steyn on May 31, 2016 at 6:20pm

hou maar by my kanon dankie

Comment by Dine Potgieter on May 30, 2016 at 9:58pm

Net een klein probleempie - daar is nie ander fabrikate aan dieselfde toets onder dieselfde omstandighede onderwerp nie. Ipv 'n nuttige vergelykende studie, is dit 'n sg anekdotiese studie. 'n Pyn-in-die-nek moderator sal waarskynlik ook vra of die studiegroep enige finansiele en emosionele belange met die handelsmerk verklaar het...maar dis nou rerig net 'n pyn-in-die-nek moderator...

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html