Vraag oor waar om te fokus en die beligtingsdriehoek

Sandra het vir my die volgende foto gestuur en gevra hoe sy die fokus moet hanteer omrede sy sukkel om alles in fokus te kry. Ook het sy genoem sy sukkel met die beligtingsdriehoek en verstaan dit nie regtig nie. Ek is seker daar is baie Fotoskolers wat hiermee worstel en het besluit om die vraag hier te antwoord sodat alle Fotoskolers daarby kan baat. Sy gebruik 'n Canon 7D, maar die beginsels sal vir alle kameras geld al verskil die benaminge bietjie

http://api.ning.com/files/W*U4qF8ex7OnSOht7-yW80SXCGhu7744Hfusdk4g4guZmGyNmsrtWLaNr5BFelVoLHCyTs4MwpPJyi1JXUjOfvhaahNdXG8F/aa.jpg

Eerstens is geen vraag is te simpel nie en dis al hoe mens leer. Indien daar iets is wat Fotoskolers nie verstaan nie moet hulle asseblief die vraag hier op Fotoskool plaas vir iemand om te antwoord. Dit neem soms 'n rukkie, maar wees geduldig asseblief. Fokus is nogal iets wat fotograwe in die begin kan uitboul. Sandra het duidelik agtergekom dat mens nie net 'n kamera optel en fokus nie, daar is ongelukkig 'n hele paar dinge wat mens moet weet. Dit is ook uiters belangrik om nie jou kamera op outomaties te plaas nie (die sogenaamde groen blokkie). Die kamera maak hier sy eie besluite en die resultate gaan gewoonlik die fotograaf frustreer. Gebruik altyd of shutter (Tv vir Canon), Aperture (Av vir Canon) of heeltemal manual M waar die fotograaf alle verstellings self doen. Die meeste fotograwe gebruik maar gewoonlik Aperture mode en verstel dan die ISO daarmee saam.

Die driehoek waarna jy verwys is die beligtings driehoek, Aperture - shutterspoed - ISO. Die drie komponente verwys na die korrekte beligting van jou foto en die een beinvloed die ander, maw indien jy een verstel, moet jy 'n ander een ook verstel om jou beligting korrek te kry. Bv kom ons veronderstel jou foto is korrek belig met Aperture f8, shutter 500ste sekond en ISO 100. Jy soek nou 'n stadiger shutter om dalk meer beweging te wys nl. 250ste sekond. Jy sal sien dit is helfte so stadig soos 500ste sekond (omrede jou shutter nou 'n langer tyd oop is) Dit word een stop stadiger genoem. Jou aperture moet nou een stop kleiner wees om te kompenseer met minder lig nl f11. Onthou dat 'n stadiger shutter beteken meer lig op jou sensor, daarom moet jou aperture kleiner wees met dieselfde hoeveelheid om nou weer minder lig in te laat. Die f-stoppe met die Aperture werk ongelukkig nie met helftes of verdubbeling nie omrede dit werk met die oppervlak van 'n sirkel nl die lens se opening.

Die f-stoppe met Aperture is as volg : f1/f1.4/f2.0/f2.8/f4.0/f5.6/f8.0/f11/f16/22 ens. Elke een is een stop uitmekaar. Die laer getal beteken 'n groot lensopening en die groter getal beteken kleiner lensopening. Dit klink verkeerd om, maar die f getal is bloot 'n verhouding van lensopening tot fokale lengte van jou lens en sonder om wiskundig te raak 'n voorbeeld as volg : 'n 100mm lens waarvan die lensopening op 25mm gestel is sal gestel wees op f4 dws 100/25=4. As ek dieselfde lens se opening stel op 35.71mm, is die lens gestel op f2.8 dws 100/35.71=2.8

Terug na jou vraag van fokus : Daar is twee dinge om te onthou wanneer dit kom by diepte van veld by jou kamera/lens kombinasie. Net gou 'n definisie van diepte van veld - dit is die diepte van voor na agter waar die elemente van jou foto aanvaarbaar skerp in fokus is. 'n Groter diepte van veld het dus meer elemente in fokus en andersom. Die twee dinge om te onthou as volg :

  • Jou lens se Aperture verstelling het 'n wesenlike invloed op die diepte van veld. 'n Groter lensopening nl f2.8 het 'n baie vlak diepte van veld. Gewoonlik word makrofotos teen f2.8 geneem met 'n vlak diepte van veld. Landskap fotograwe verlang nou weer baie diepte van veld met 'n klein lensopening en werk met f11 - f16
  • Die afstand tussen die kamera en die voorwerp waarop jy fokus het net so wesenlike invloed op die diepte van veld. Hoe nader jy aan die voorwerp kom, hoe vlakker word die diepte van veld met dieselfde kamera verstellings. Dit is nou eenmaal iets waaraan ons niks kan verander nie en fotograwe moet maar kompenseer hiervoor. Onthou dat om te zoom met jou lens dieselfde effek het as om nader te staan aan jou onderwerp.

Terug na jou foto. Die bruidegom staan agter die bruid en jy was redelik naby aan die paartjie gewees. Jou fokus was duidelik op die bruid en jou diepte van veld was bietjie min gewees om die bruidegom ook in fokus te kry agv die afstand tussen julle en miskien ook 'n groterige Aperture verstelling. Mens leer maar uit ondervinding wat werk, maar miskien kon jy 'n Aperture verstelling hier gebruik het van so f5.6 tot f8. Dit lyk of jy genoeg lig hiervoor gehad het sonder om 'n te hoë ISO te gebruik

Jy vra ook oor fokuspunte en dit is 'n onderwerp op sy eie. Gewoonlik is dit veilig om met die middelste fokuspunt te werk en dan dalk die 4 fokuspunte rondom dit te aktiveer op die 7D (expansion). Hou net in gedagte dat jou fokus area met expansion wyer is en jy kan dalk op iets verkeerd fokus. Gewoonlik is die 4 ekstra fokuspunte darem net daar as hulp indien die middelste een sukkel agv te min kontras waar jy fokus. Moenie zone fokus met troues of besige agtergronde gebruik nie, dis 'n te groot area. Zone fokus werk goed bv met 'n lugskou en jy neem 'n vliegtuig af teen blou lug. Laat die situasie jou maar hier lei. Alle kameras se middelste fokuspunt is die sensitiefste en gaan jy die akkuraatste fokus hiermee kry. Let altyd mooi op waar die liggie flikker op jou skerm wanneer jy fokus. Indien jy op iets wil fokus wat nie in die middel is nie, skuif jou kamera na die kant waar jy wil fokus, kry fokus-lock deur die sluiter halfpad in te druk en hou die knoppie daar. Verskuif nou die kamera om jou komposisie reg te kry en neem dan jou foto. Hou net in gedagte dat jou kamera die beligting lees hoofsaaklik rondom die fokuspunt wanneer jy fokus. Om die fokus punte te skuif is ook 'n opsie, maar later raak dit 'n groot beslommernis om die heeltyd fokuspunte rond te skuif.

Vir alle Fotoskolers wil ek graag die volgende funksie op die Canon 7D uitlig na aanleiding van 'n vraag wat Igno so ruk aan my gevra het. Die Fotograaf kan die kamera se vertikale en horisontale orientasie se fokuspunte apart verstel. Byvoorbeeld wanneer die fotograaf 'n model afneem in portret formaat sal die fokuspunt bo wees om die model se oë skerp in fokus te kry. Indien die kamera nou na landskap formaat gedraai word, sit die fokuspunt aan die regterkant. Dit kan lastig wees, maar die twee orientasies kan geskei word van mekaar as volg:

Druk Menu, gaan na die oranje kamera prentjie en kies CFn-III (Autofocus/Drive). Rol die strepie na 12 (Orientation linked AF Point) en kies 1 (Select different AF points). Jy kan nou die fokuspunte apart verstel met die normale fokus verstellings deur die knoppie heel regs aan die agterkant te druk en dan die tipe fokus (single, spot, single with expasion, zone of alle fokuspunte) met M-Fn knoppie langs die Shutter knoppie te "toggle". Ook kan jy hulle links-regs rondsskuif met die wieltjie aan die voorkant en boontoe en ondertoe met die agterste wieletjie in landskap formaat of dan ook direk met die "joystick". Gaan verstel die fokus moontlikhede met CFn-III nommer 6 waar jy kan kies watter van die fokuspunte jy kan gebruik met M-Fn. Indien daar van die fokus verstellings is wat jy nooit gebruik nie kan jy hulle hier uitskakel sodat die kamera hulle ignoreer. Die verskillende fokuspunte met orientasie opsie kan natuurlik net weer gekanselleer word deur die 0-Same for both vertic./horiz. te kies. Die fokus punt gaan dan weer op dieselfde plek bly hoe jy die kamera ook al draai

Groete en sterkte met al die inligting

Views: 535

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on October 1, 2012 at 9:59pm

Bly jy kon regkom. So leer mens uit jou foute

Comment by Elsa van Eck on October 1, 2012 at 9:12pm

Charles, het gou na my fotos gekyk &  na jou inligting stuk gekyk & verstaan sommer waar my fout is. Het ook 'n kort basiese kursus met my kamera Nikon D90 gedoen net voor die kamp. Wanneer die F-stop 13 was is daar net meer persone in fokus as wanneer die F-stop 5 was. Glo my volgende keer sal ek ook kyk na my shutter speed om beweging te vries. Baie dankie v jou raad.

Comment by Charles Whitehead on October 1, 2012 at 8:04pm

Elsa - reg so. Gee net al die verstellings ook asb

Comment by Elsa van Eck on October 1, 2012 at 7:51pm

Baie dankie Charles, meeste van die aksie was in die dag. Sal later 'n foto vir jou oplaai dan kan jy dalk sien waar my foute was.

Comment by Charles Whitehead on October 1, 2012 at 7:32pm

Willem - plesier. As ons haar net kan help :-)

Comment by Charles Whitehead on October 1, 2012 at 7:31pm

Elsa - Jy het 'n moeilike taak om so groepe buite op 'n kampterrein af te neem veral in die aand. Jou groot probleem is lig en weereens lig - jy het net te min daarvan. Jou flash gaan nou eenmaal sukkel. Vergeet in elk geval om jou kamera se popup flash te gebruik, hy is net te flou. Jy het 'n beter kans met een van die groot flashes van Canon (ek aanvaar jy gebruik Canon), die vorige generasie 580 of die nuwe 600. Hulle het 'n guide number van so 58. Indien dit bietjie duur is, moet nie die bietjie kleiner weergawe nl die 430 weggooi nie. Hy het 'n guide number van 43 wat glad nie sleg is nie. Daarteen het jou kamera se popup flash 'n guide number van 13. Die perfekte oplossing is natuurlik van daai battery gedrewe studio flashes wat geweldig sterk is met 'n remote trigger. Indien jy baie van die tipe aksie afneem, kan jy dit gerus ondersoek

Ook het jy hier 'n f2.8 lens nodig om meer lig in te laat. Die 70-200 f2.8 L IS is die perfekte lens reken ek afhangende hoe ver die aksie is. Jy moet maar verhoed om 'n te stadige shutter te kry. Laat waai maar ook met daai ISO's. Afhangende van jou kamera kan jy tot 25600 kry met die nuwe generasie. Bietjie noise ja, maar jy het dan ten minste die foto !

Indien jy bietjie ver van die aksie af is of die groep raak bietjie uitgespreid, dink gerus daaraan om te belê in meer as een flash (2 of 3) asook 'n remote trigger op elke flash. Dit sal 'n lang pad gaan om jou probleem op te los. Dit gaan duur wees ja, maar ek reken dis 'n belegging indien jy meer daarmee wil doen. Lees my blog oor Remote Flash vir meer inligting : http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/remote-flash-afstand-beheerde

Vra gerus indien iets nie duidelik is nie - my antwoord was so bietjie tegnies gewees

Groete

Comment by Elsa van Eck on October 1, 2012 at 5:54pm

Charles, dit was tydens 'n speletjies dag by 'n kamp terrein. Baie aksie met 'n gerond hardlopery, ens. Moes fotos neem soos die speletjies gevorder het.

Comment by Willem Kruger on October 1, 2012 at 4:57pm

Hi Sandra, ek het jou comment op my blog geantwoord - graag wil ek hoor hoe dit gaan. As ek so na Charles luister (lees) - is ons op die regte pad (thanks, Charles). Onthou - oefen, oefen en nogmaals oefen. Jy hoef nie met elke foto 'n salon wenner van 'n foto te neem nie. Oefen sommer buite en gooi al die fotos weg - dit is die lekker van digitale fotografie. Dit is al hoe jy die gevoel gaan kry.

Comment by Charles Whitehead on October 1, 2012 at 1:17pm

Elsa

Wat het jy probeer doen met die groep en waar het die aksie ingekom ?

Comment by Elsa van Eck on October 1, 2012 at 1:14pm

Baie dankie Charles, dit is goeie raad. Sukkel nie so seer met die naby alles in fokus nie, maar wanneer dit kom soos die naweek groot groepe & veral wanneer daar baie aksie betrokke is, dan sukkel ek so bietjie. Gaan dit inligting stuk my ook help met dit?

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html